Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

In die Vrystaat word die fees eersdaags vlees ...

Die Volksblad-kunstefees vind van 9 tot 13 Julie in Bloemfontein plaas. Jean Meiring het met die feesorganiseerder Doks Briers oor die teateraanbod gesels.

JM: Vertel asseblief vir ons die een en ander oor die ontstaan van die Volksblad-kunstefees. Het dit spesifiek in die kielsog van die ander groter feeste gekom? Het julle hul modelle bestudeer en daaruit iets vir Bloemfontein gedistilleer?

DB: Die eerste kunstefees is in 2000 aangebied op inisiatief van Jonathan Crowther, redakteur van Volksblad, in samewerking met Anet Pienaar en met Media24 as stigterborg. Dit was inderdaad na aanleiding van die feit dat ’n kunstefees in die suide (KKNK) en in die noorde (Aardklop) tot stand gekom het. Daar is gevoel dat die bevordering van Afrikaans en die kunste deur so ’n kunstefees in die sentrale hartland van Suid-Afrika nodig is. Vandaar die inisiatief om ’n kunstefees te skep. Die eerste kunstefees het die Gariepfees geheet en is in Kimberley aangebied. Om ’n verskeidenheid redes is die fees in 2001 Bloemfontein toe verskuif en is dit die Volksblad-kunstefees herdoop nadat die Universiteit van die Vrystaat oorreed is om as vennoot toe te tree, sodat ons die fees op die kampus kon aanbied.

Daar is sekerlik heelwat uit die boeke van ander kunstefeeste geneem, maar die Volksblad-kunstefees, met die besondere ondersteuningstelsel van vakkundigheid, ervaring en ook omvattende fasiliteite van die vennote tot sy beskikking, het baie gou ’n aard en karakter van sy eie ontwikkel. Een van die onderskeidende faktore is juis die uitgebreide boekeprogram, wat vanjaar die Boekekraal gedoop is. Nog een is dat, lank voordat die “backtracks”-debat begin het, daar reeds besluit is dat die Volksblad-kunstefees nie optredes met backtracks sou aanvaar nie.

JM: Suid-Afrikaners is ongelukkig liewer vir die teater wat op ’n kortgeskeerde stuk gras afspeel as die in ’n ouditorium. Iets soos die Romeine, wat volgens Plinius soos besetenes in die Kolosseum die perderesies gevolg het. Is my indruk verkeerd? Of moes julle wel berge versit om as ‘t ware ’n mark vir die teaterproduksies, wat die kern van julle fees uitmaak, te skep?

DB: Die winterkoue van die Vrystaat dwing feesgangers binnenshuis! Nietemin het ons van meet af aan besluit dat gehalte die wagwoord is en dat gratis vermaak tot die minimum beperk moet word. Die resultaat is ’n fees wat, dalk effe anders as die ander feeste, minder op die Kolosseum se perdewedrenne en meer op die teater toegespits is. Mense wat die Volksblad-kunstefees besoek, kom dit agter en lewer positiewe kommentaar daarop.

JM: Hoe lyk die teaterlewe in Bloemfontein buite die feestyd? Is daar ’n bestendige bywoning van produksies of is die belangstelling iets wat een keer per jaar, in Juliemaand, opvlam en dan weer wegkwyn? Of sien julle dat jul fees iets doen om ’n groter, meer getroue gehoor te skep?

DB: Die ontstaan van die Volksblad-kunstefees het juis die bevordering van die kunste, saam met Afrikaans, ten doel gehad; nie net om die kunstenaars met ’n bykomende geleentheid vir optredes en inkomste ter wille te wees nie, maar ook om die teaterkultuur (-bywoning) te stimuleer. Die gedagte is om ook bevolkingsgroepe te bereik wat tevore nie so geredelik aan die teater blootgestel is nie. Daarvoor het Volksblad byvoorbeeld op eie houtjie geld bewillig om kaartjies vir vertonings te koop wat aan skole in die agtergeblewe gebiede beskikbaar gestel gaan word. Hoe goed ons daarin gaan slaag om ’n teaterkultuur te skep, is moeilik om te sÍ. Wat wel waar is, is dat die teaterlewe maar ’n taamlik wisselvallige bestaan voer. Sommige produksies is stampvol, ander weer dolleeg. Bloemfontein is egter geseŽn met waarskynlik die lewendigste teatermoontlikhede per kop in die land.

JM: Wat is die teaterproduksies op vanjaar se fees?

DB: Ons het vanjaar 11 teaterproduksies op ons program (drama, komedie en kindertoneel), waarvan vier nuwe produksies is: Mattewis en Meraai; Carwatch; Stoel Manoeuvres (’n vertaling uit Engels) en Shing-Li. Hierby is daar dan Raaiselkind, Jong Dames Dinamiet, Klarabelle gaan Kaap toe, So het Dot Serfontein dit vertel, Struisvogelstories en Man-Alleen, en die kinderproduksie Spook.

Streng gesproke is die Boekekraal, wat alreeds genoem is, seker nie ’n teateraanbieding nie, maar dit is werklik een van die uitsonderlike aanbiedings by ons fees met raakpunte ten opsigte van verhoogaanbiedings. Vanjaar praat ons van agt nuwe publikasies wat bekendgestel gaan word, Sarie se Wisselstroom-forum waartydens Elize Parker sal gesels met Eben Venter, Laurinda Hofmeyr, Andrť le Roux en Deon Meyer. Voeg daarby ’n poŽsie-aand, ’n woordontbyt, ’n gedenklesing deur Elmari Rautenbach, redakteur van Insig, ’n Etienne Leroux-seminaar waar van die bekendste Afrikaanse letterkundiges oor diť Sestiger se werke sal besin, ’n liedjieskryf-slypskool aangebied deur Insig en Geblikte Afrikaans en — les bes — LitNet se SkermEngel. ’n Mens sien daar is ’n spyskaart wat boekbokke (en gewone bokke!) se monde sal laat water.

JM: En musiekteater?

DB: As ek al die musiekteater-produksies moet noem, gaan ons ’n baie lang geskrif hÍ — dit is baie meer volledig en interessanter beskryf op ons webwerf: www.volksbladfees.co.za. Wat ek wel weet, is dat hierdie program iets vir elke musieksmaak bied!

Miskien kan ek tog net een of twee van die groter produksies uitlig.

Eerstens het ons twee aanbiedings van Sonder Grense. DŪt was een van die suksesstories by vanjaar se KKNK. Vir mense wat nie by hierdie multimediaproduksie kan uitkom nie, is daar nog Klopjag, ’n opwindende jong rockgroep se aanbieding.

Met ’n interessante kombinasie van stemme (die van Matthys Roets, Andrť Swiegers, Nianell en Reana Nel) kan Van Venus — van Mars sekerlik net ’n suksesstorie wees.

Anton kom huistoe is ’n ander voorbeeld van ’n interessante kombinasie van elemente; op mense wat dink dat dit ’n herhaling van die nou reeds bekende Anton en Vriende-produksies is, wag daar ’n groot verrassing!

Dan natuurlik is daar ’n nuwe produksie, Hande innie as, met Jannie du Toit, Rouel Beukes en Christa Steyn.

Die program van klassieke musiek sluit onder meer ’n uitvoering met harp en akoestiese kitaar in, deur Amarillie Ackermann en Sergio Zanpolli. So ook is daar ’n plaaslike produksie ’n Aand by die Oprah — ’n ek-ologiese ouverture wat die kultuur van self-help (ŗ la Oprah) deur middel van die musiek van Mozart, Puccini en vele ander ondersoek. Twee jazz-produksies sorg vir verdere vermaak.

JM: Hoe werk julle keuringsproses? Hoe moet diegene wat belangstel om volgende jaar deel te neem, maak?

DB: Ons beskikbare infrastruktuur bepaal in die eerste instansie die aantal produksies wat ons op ons program kan akkommodeer. Dit is dus onwaarskynlik dat ons binne die afsienbare toekoms beduidend meer produksies per jaar sal aanbied.

Die situasie maak ons keuringsproses waarskynlik makliker as die van die groot feeste, waar daar nog van opdragproduksies ook sprake is. Die keuring word gedoen deur ’n keuringskomitee van vyf lede, van wie twee elk verteenwoordigers van Volksblad en die Universiteit is; die organiseerder tree as koŲrdineerder op. Ons hou ook die vinger op die pols van dit wat op teatergebied deur die jaar gebeur en besluit ook elke jaar oor die aantal produksies wat genooi sal word vir optrede by die fees. Daarbenewens skep ons ook die geleentheid vir kunstenaars en produksiehuise om aansoek te doen vir keuring. Uit hierdie aansoeke keur ons dan die produksies wat die res van die program sal uitmaak.

Die aanvangsdatum vir aansoeke is gewoonlik aan die begin van Februarie elke jaar en die sluitingsdatum teen die middel van April. Die inligting sal betyds op ons webtuiste verskyn en sal ook in Volksblad gepubliseer word.

JM: Ek was baie geÔnteresseerd om te sien dat daar ’n Afrikaanse vertaling van Pam Sue-Grant se Chasing Chairs onder die Afrikaanse titel Stoel Manoeuvres by vanjaar se fees gaan wees. Ek het die oorspronklike produksie verlede jaar by die Grahamstad-fees gesien en het gedink dit is ’n uiters goeie teks. Trouens, een van die enigste stukke daar wat selfs na Broadway toe sou kon verhuis. Dis slim en nie, soos so baie Suid-Afrikaanse teaterstukke, verstikkend met die lokale behep nie. Vertel vir ons asseblief bietjie oor diť produksie. Wie het die teks vertaal? Wie voer dit op?

DB: Barry Strydom, ’n oud-Kovsie-dramastudent, is die man wat Chasing Chairs vertaal het en met Stoel Manoeuvres vorendag gekom het. Hy en Anel de Swardt speel die hoofrolle en Heidi Mollentze is die regisseur. Volgens Barry het hy ook die Grahamstadse produksie gesien en gedink dat die teks te goed is om nie verder aan gehore bekend te stel nie. Die Afrikaanse vertaling — so glo hy — gee ook aan Afrikaanse teatergangers toegang tot hierdie kragtoer. Kom kyk dus gerus — ons glo dis een van die sterk produksies op ons fees.

JM: Raaiselkind, onder spelleiding van Marthinus Basson, speel weer. Dit lyk asof dit een van die sentrale produksies is? Vertel bietjie meer daaroor?


DB: Annelie Botes se roman Raaiselkind het ’n besondere lesersbelangstelling getrek hier in die Vrystaat. Die feit dat die ses aanbiedings van Saartjie Botha se verwerking daarvan vir die verhoog binne enkele dae uitverkoop is by die KKNK, het ’n mens laat besef dat die belangstelling meer universeel as net in die Vrystaat was. In hierdie lig gesien was dit dus vanselfsprekend dat ons graag aan belangstellendes wat nie by die KKNK was nie, ook die geleentheid moes bied om Raaiselkind op die verhoog te sien. Geoordeel aan die belangstelling en kaartjieverkope was dit ’n gewilde keuse.

JM: En dan het julle die eg-Kaapse Klarabelle en ook Struisvogelstories, wat baie spesifiek in die Oudtshoornse milieu pas. Sal hierdie stukke, dink jy, aanhang onder Bloemfonteiners hÍ? En indien wel, hoekom?

DB: Teater praat ’n universele taal — boerdery dalk ook, want ons het selfs volstruisboere hier in die Vrystaat! Maar op ’n meer formele noot: Ons is van mening dat die betrokke twee produksies ’n positiewe bydrae tot die aard en gehalte van ons program sal maak en daarom is hulle ingesluit.

Verder en net terloops: Ons feesgangers is nie net van Bloemfontein nie; besoekers kom natuurlik van oral in die Vrystaat, en dan toon ons kaartjieverkope dat ons selfs besoekers van so ver as Kaapstad en Polokwane te wagte kan wees.

JM: As jy vir teatergangers kan sÍ wat hierdie fees spesiaal en anders as die ander feeste maak, wat sou jy sÍ?

DB: Dis ’n witwarm eenstop-winterfees waar gehalte die wagwoord is en waar die rooi gloed van die konkavure die warm feesgees weerspiŽel. Ons slagspreuk sÍ: “Die vlees soek fees.” Hier’s genoeg fees vir baie vlees!

Baie dankie vir die gesels!

JM: Baie dankie vir jou, Doks, en voorspoed met die reŽlings. Ons vertrou dit gaan ’n groot suksesverhaal wees.

Besoek gerus die fees se webwerf by www.volksbladfees.co.za.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.