Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

In gesprek met Deon Opperman

Jansie Kotz

’n Groot, duur Mercedes staan soos ’n stage whisper voor Deon Opperman se kantoor as ’n tipe voorspelling van die man wat binne sit.

Hy is mooier en leliker as op foto’s. Sy hare is kort-kort, dalk te kort vir die vorm van sy kop. Sy klere swart denimbroek, wit T-hemp en geruite oorhemp lyk soos ’n soort uniform, want dis warm. Sy persoon is skoon en netjies soos ’n vryersklong op ’n Saterdagaand. ’n Sexy viriliteit straal uit hom uit. Ten spyte van die alledaagse uiterlike, kleef sy kunstenaarskap en die nie-van-hierdie-wreld-wees-nie soos n duur parfuum aan hom.

Liewe leser, ek sukkel nou al lank om iets te produseer. Die man het my ontgogel, hy’t my gentimideer ek het egter moedig teruggeveg. Ek sou graag wou s die intimidasie het onbewustelik plaasgevind, maar liewe leser, ons het hier te make met ’n akteur en dramaturg. Iemand wat ’n lewe daaruit maak om terluiks met emosies te gol en dan welbehaaglik agteroor te sit om sy handewerk gade te slaan. En anyway, almal (letterlik) s altyd (letterlik): “Deon Opperman angry young man”. So ja, laat ek dit nou maar hier uit die staanspoor swart op wit sit: ek was bang nog voor ek by sy kantoor aangeland het. Uiters swak taktiek aan my kant, maar ’n mens gebruik maar wat tot jou beskikking is.

Ek stem egter heelhartig met u saam dat ons, die lesende publiek, nou al goed gatvol is vir die angry-young-man-storie. Alhoewel hy al ag-en-dertig jaar oud is, bly hy ’n soort Dorian Grey figuur in jeugdige oormoed vasgevang in die publiek se oog. En die angry wel miskien het dit tyd geword om di ook in die Ziebie bin te gooi. Apartheid is al amper vergewe, Boetman is besig om sy kwade gevoelens teenoor die ooms en pa’s te psigo-analiseer. Hel, ons het al amper vergeet hoe leeslekkers smaak, maar die joernaliste karring lustig voort met hulle angry-young-man-mantratjie. En dit oor die arme man op ’n Dinsdagaand vyftien jaar terug in ’n onbewaakte oomblik as tweedejaarstudent sy opinie gelug het oor Afrikaanse dramas. And ever since ...

Kom ons klim in een van Andr le Toit se karakters se tydmasjien en l bietjie besoek af in vyftien jaar terug se Grahamstad en Pretoria. As dolverliefde tweedejaar Rhodes student (hy is steeds dolverlief op dieselfde vrou) wou Opperman om liefdesontwil vir sy nooi ’n verloofring koop. Die ATKV loods om en by dieselfde tyd as wat Opperman se troukoors hoog loop, ’n projek om Afrikaanse Drama te bevorder. R1 000 word betaal aan elke dramaturg wat ’n play skryf en dit voor ’n uitgesoekte paneel in Pretoria opvoer.

Die hoof van die Drama Departement het Opperman genader om deel te neem. Hy was pas uit die weermag, en onwillig om in Afrikaans te skryf. “Ek het gedink die Afrikaners is ’n klomp kakke”. Maar universiteitsgelde was omtrent R900 ’n jaar, so ’n duisend rand was genoeg om sy vooroordele te oorkom. Die hoof raak later bekommerd, want waaroor gaan sy student skryf? Deon stel hom egter gerus: “Moenie worry nie, vir ’n R1 000 sal ek aan iets dink. En ek dink en dink aan iets om te skryf. Ek het hierdie een lyn in my kop gehad toe ek in die army was: ‘You talk and talk and say nothing.’ Vir twee jaar bly jy eintlik stil. Jy het hierdie nongesprekke met jouself. Die stilte van die army wwhhheewwheeeww (friktiewe gefluit deur ondertande en onderlip gepaardgaande met wilde handgebaar) het ek ’n idee”. En dit, liewe leser, was die geboorte van die befaamde en bekroonde Mre is n lang dag: Al wat ek gehoop het was dat die paneel nie sal s: ‘Hierdie drama is so swak ons kan nie die duisend rand betaal nie.’

Nou vort op ’n tydmasjien na Pretoria. Almal wat iemand is in die toneelbedryf trek saam in Pretoria vir die ATKV projek. Elke dramaturg word ’n aand toeges om sy/haar stuk op te voer. Na die opvoering van die eerste drama is die gehoor in vervoering. n Naewe Opperman interpreteer die geleentheid om mekaar se werk te workshop en lewer eerlik kommentaar oor hy nie van beter weet nie: My wreld was ’n klein wreldjie. Dit was die eerste keer dat ek byvoorbeeld in Pretoria gekom het. Ek weet toe die volgende aand toe my stuk opgevoer word, dat almal hulle messe sou uit h. Hulle het gevoel: ‘Okay Mnr. Fokken Grootbek, kom ons sien nou wat jy kan doen.’

Reeds by die ontbyttafel is hy gewaarsku dat hy moet lig loop daai aand. Die hele dag oefen hy en sy crew: Een ding het ek verseker geweet vyf minute in die opvoering in: die gehoor was nie verveeld nie. Thats called ‘going in high’. The Afrikaans drama scene could no longer be the same. For one moment I was the person the time spoke through. I was the transmitter of my age of my time.

Okay, snap out of it, ons is terug in Johannesburg 2000. Sy verduideliking van hoekom die etiket bly hang het, kom met ’n uitdrukking van verlatenheid en heimwee: Mense noem my ’n angry young man om met my te cope. Hulle s dit om dit wat ek s te diskrediteer, want hulle wil nie hoor wat ek s nie. If you can’t stand the heat in my kitchen, you must fuck off. All I say is hear me ... hear me ... hear me ...

Hierdie pleidooi gaan gepaard met ’n uitgestrekte hand wat smeek om versoening. En net vir ’n oomblik dans die geweld van kolonialisasie deur benoeming op goedversorgde vingerpunte en dan is die spell verbreek.

Dit was duidelik dat sy talent (en sy mond) te groot was om geakkommodeer te word deur die strukture opgerig en in stand gehou deur die “old fart brigade”. Opperman en twee vennote het tien jaar terug die South African School of Film, TV and Dramatic Arts begin, deels om sy eie rusteloosheid teen te werk en deels om ’n alternatief te bied vir die ou skool van drama: Jy vra die dosent: ‘Hoekom het jy vir my 75% gegee vir ’n werkstuk?’ En hy s: ‘Oe, ek het gevoel dis 75% werd.’ Maar hy kan nie sy besluit motiveer nie. Hierdie gevoelvolle dosente rus studente met weinig toe om die mark suksesvol te betree Wat is die relevansie van Shakespeare in Afrika in die een-en-twintigste eeu?

Sy hele wese is meteens verdrietig. Droewig tuur hy by die venster uit. Kry beheer oor sy emosies. Dis die mees gemartelde houding wat enige iemand ouer as drie jaar kan bemeester.

Sy studente leer nie om Shakespeare plays op te voer nie. Hulle leer om geld te maak in die bedryf. Overgesetsynde, hoe om teater-kampenies te bedryf, hoe om die aandelebeurs te lees, hoe om te oorleef in die bedryf. Hy stuur studente wat markgereed is die mark binne. En sy syfers wys nie net ’n winsgrens nie, maar ook ’n honderdpersent-indiensneming van sy studente.

Op die oomblik is sy skool besig om ’n fliek te maak waarvan ek niks geweet het nie. Hy raak ergelik: History is being made in my back yard, maar julle persmense is nie genteresseerd nie.

Flussies is ek aangevat oor ek nie ’n joernalis is nie, en nie weet wat in die bedryf aangaan nie, en nou word ek al weer aangepraat oor ek een is en nie weet wat in sy backyard aangaan nie. Ja, ek moes my huiswerk beter gedoen het, probeer ek verduidelik, maar my tyd en middele is beperkend. Daar’s nie uitkoms nie en ek doen maar wat my ma my in goedbedoelde seksisme geleer het om in die situasies te doen -smile my soetste smaailtjie en move on.

Was hy ooit bang sy skool sou misluk? Sonder om twee keer te dink verklaar hy dat hy net eenvoudig te besig was om daaraan te dink. Hierdie vermo om eensydig op ’n doel te fokus, blyk deel van sy genetiese samestelling te wees. Sy aanvanklike beroepskeuse was om ’n regsgeleerde te word en ter doele staan hy douvoordag op om Latyn te leer terwyl hy sy diensplig doen. Een oggend in ’n magiese oomblik van openbaring het hy besef dis nie sy roeping nie, en van beroepskeuse verander. Hy onthou hoe hy Daai oggend toe die wekker afgaan en hy tussen wakker en droomwreld sluimer, onthou hy hoe hy vroeg op ’n ander oggend as tienjarige seuntjie saam met sy pa na sy pa se fabriek gegaan het in Oos-Londen. Daar staan hulle toe langs die Buffelsrivier en sy pa kyk in die verte. Jong Deontjie s entoesiasties: “Jislaaik Pa, ek hoop ek’s eendag so suksesvol soos Pappa.” Sy pa antwoord met jare se opgekropte pyn en verlange: “Weet jy, my seun, ek’s nie suksesvol nie ek wou n argitek wees.”

Deon: Ek word daai oggend wakker en ek weet my pa was nooit gelukkig nie. En ek weet om gelukkig te wees moet jy daai roeping volg, en dis wat ek gedoen het ...

Die verklaring kom selfvoldaan en eiewys. Of so ’t ek gedink. Want ewe skielik kyk hy na my en vra op die man af: “Wat’s jou roeping?” Ek’s so uit die veld geslaan nooit vra interviewees my ooit wat ek dink nie. Wel, dis uitsonderlik. Mense hou gewoonlik by die rels hulle praat en ek knik. “Jy sal nooit gelukkig wees as jy nie jou roeping volg nie. Hoekom doen jy wat jy doen as dit nie jou roeping is nie?”

My momentele onvermo om te praat het dalk ook daarmee te doen dat hy ’n mens gemaklik en moeiteloos wegvoer met byklanke en gebare na waar sy storie afspeel. Hy praat welluidend en ritmies asof hy op ’n verhoog is. Byvoorbeeld: “I am a good learner, I am a humble learner. My greatest skill is that I sit easily at the feet of wisdom.”

Hy praat inderdaad minder Afrikaans as Tony Leon. Hy beweer Engels is sy verstandtaal en Afrikaans sy harttaal, sy gevoelstaal, en ’n driejarige verblyf in Amerika het hom meer as ooit oortuig van sy Afrikaansskap en dat Afrika sy tuiste is: I understand this corner of the world, I like this corner of the world. Suid-Afrikaners het ’n soort fatalisme, ’n dro ironiese donker humor gebore uit hierdie fatalisme. We don’t moan easily, we kinda get on with it. Daar is ’n sterk krag in Suid-Afrikaanse volkskarakter. I am here and it is now, I am the greatest man I know, I am also the greatest fool I know. I look in wonder at the world, I wonder and ponder through the medium of film. I don’t believe in regrets.

En o ja, hy quote graag stukke en stukke uit plays. Hy verduidelik hy het amper ’n fotografiese geheue. Hy haak egter vas toe ek hom vra om ’n gunsteling passasie uit een van sy dramas aan te haal. Hy begin heel goed: “My skat, ons is almal diere. Ons sal mekaar verslind ...”

Ten spyte van sy selfversekerde stance is hy nog steeds verwondered dat mense na sy plays kom kyk: I am grateful that they came. Ek gesels met my audience na die tyd: I am dealing with my corporate image.

En dis die enigste rede hoekom hy die onderhoud toegestaan het ter wille van sy corporate image. Want lank, lank gelede toe hy geld by ’n bank wou leen om ’n stuk op die planke te bring, wou die bankbestuurder nie die lening goedkeur nie omdat hy nog nooit van Deon Opperman gehoor het nie. “Wel, ek was al op die voorblad van die Star. Dit tel tog sekerlik vir iets?”, het hy mooi gepraat. Maar die bankbestuurder van Kaapstad het volgehoud fokol gevoel. “Sou dit n verskil gemaak het as jy geweet het wie ek is?” Waarop die bankbestuurder van Kaapstad bevestigend geantwoord het. So, toe ek Deon Opperman skakel om vir hierdie onderhoud te vra, het hy dit toegestaan, nie omdat hy nog nooit van my gehoor het en die wanbalans van die heelal wou regstel nie, maar omdat hy besef het hoe belangrik dit is dat selfs Bankbestuurders in Kaapstad van jou bestaan moet uitvind nie meer om vir hom geld te leen nie, maar sodat hulle na sy plays kan gaan kyk.

Ek is dankbaar dat Deon Opperman my ’n onderhoud toegestaan het, alhoewel dit maar sukkel-sukkel gegaan het met die skrywery en ek amper tou opgegooi het by tye. Hy is ’n interessante en entertaining wese, maar dit wil my voorkom hy lewe in ’n wreld sonder onsekerhede, sonder geheime gangetjies van verwondering waarvan ons net ’n vae vermoede koester. Hy lyk te besig om hom te steur aan hierdie onbenullige gangetjies. Hy het gedurende die onderhoud bely dat hy soms simpel geykte vrae met ewe simpel geykte antwoorde ewenaar om homself te vermaak gedurende onderhoude. So, miskien het hy maar net vir daai Saterdagoggend ’n selfversekerde rol gespeel. Miskien in die donker nagte van slapeloosheid besoek ongenaakbare ontwrigtende gremlins hom maar hy wil dit nie erken nie hy is bietjie van ’n man. Flankeer onbeskaamd, glimlag ’n dodelike sensuele smile ek is oortuig dat Robert Downey Jnr. sy smile op di van ons Deon geskoei het.

Ja, hy is effe arrogant, maar hy het goeie rede hy is in ’n klas van sy eie en hy weet dit. Deon Opperman ry n duur kar omdat hy een kan bekostig.

Oppas, moenie te vinnig jou mind opmaak nie, want Deon Opperman het die volgende aan my gestuur nadat ek hom gevra het om die feitelike inligting te check in die artikel:

    O, terloops ... jy het my nooit oor die donker gangetjies van my siel gevra nie. Ek sluit hier twee sonnette in wat ek geskryf het een in Engels en een in Afrikaans.

      I have been to the wilderness with John:
      have known the crusty locust of betrayal;
      have tasted life’s bitter-sweet honey on
      my tongue. Yes, I have felt my courage fail
      when I was quite certain that it would not;
      have begged for deliverance from it all,
      and held on when I was quite certain that I could not;
      I have heard angels sing and demons call;
      I have lain prostrate, naked as a stone;
      have prayed and fasted and beaten my breast;
      have understood the meaning of: alone;
      have seen my life ahead and seen no rest.
      But, offered it, I would reject release -
      to suffer is to know, to know is peace.


      La Quinta del Sordo
      Ek sal die mure van my huis bedek
      met beelde van ’n swaar en diep verdriet,
      wat soos kanker die spierwit pleister vlek
      tot elke kamer spiel is van die niet.
      Daar sal ek woon, afgesonder, alleen,
      ’n kluisenaar met net my verf en kwas
      om mee af te klim in die siel waar geen
      man of vrou daarbuite in die moeras
      durf gaan, durf klim, durf kyk of van wil weet,
      want onder in daardie donker gat spot
      monsters met hulle wat wil weeg en meet
      en seker wees van troos en hoop en God.
      Kunstenaar moet deur donker vrees die weg
      terug na saligheid en vrede veg.

         Deon Opperman

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.