Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Willem wikkel innie Vrystaat

Karen Breytenbach

Bohaai oor Boggerol
Gebaseer op Much ado about nothing deur William Shakespeare
Vertaling, verwerking en regie deur Martelize Kolver
Produksie aangebied deur die Departement Drama van die Universiteit van Stellenbosch
Opgevoer in die H.B. Thom-teater
Tot 23 September.

Stel jou voor Shakespeare se gewilde komedie Much ado about nothing speel in die Vrystaat van die 1940's af. Die boeregemeenskap is godsdienstig, konserwatief en polities verdeeld. Aan die een kant is daar die Sappe van generaal Jan Smuts wat die Britte goedgesind is en jong mans oproep om in die Tweede WÍreldoorlog vir Brittanje te veg. Aan die ander kant is daar die Afrikaners wat die "strydbyl teen die Britte nog nie diep begrawe het nie", en hulle daarom verset teen deelname aan die oorlog.

Leonard, oortuigend gespeel deur Eben Genis, is 'n stoere boer wat woon op die plaas Onze Heil suid van Bloemfontein. Manalleen speel hy voog vir sy pragtige dogter, Hermien (oftewel Hero), gespeel deur Frida van den Heever, en haar ewe aantreklike niggie Beate (Beatrice), gespeel deur Yvonne Pedretti.

Manewales en moles word veroorsaak wanneer 'n groep jong mans hier tuisgaan om 'n oorlogskamp by Koffiefontein vry te spring. Soos die noodlot dit ook in Shakespeare se Messina wou hÍ, word die plaas 'n broeiplek van persoonlike botsings en liefdesintriges.

Nuwe boeresjarme word aan Shakespeare se spitsvondigheid verleen deur pittige idiome en goedberekende kwinkslae. Die trefkrag van die stuk lÍ veral in die vurige, vermaaklike dialoog tussen die ewe hardkoppige Beate (Pedretti) en Benedictus, gespeel deur Stian Bam. 'n Jarelange vete tussen die twee, gepeper deur giftige beledigings, word op sy kop gedraai wanneer hulle deur hul vriende om die bos gelei word om op mekaar verlief te raak. Beide Pedretti en Bam se spel is fyn genuanseerd. Soos in Much ado vorm hierdie klugbelaaide intrige 'n parallel tot die sentrale storielyn, die blommende liefde tussen Hermien en Herklaas (Jacques Theron), die hubare boerseun van 'n nabygeleŽ plaas. Hul liefde word natuurlik byna verongeluk deur die bose planne van die jaloerse Johannes, gespeel deur Francois Huysamen - die bitter, Engelsgesinde halfbroer van Herklaas se vertroueling, Petrus (Louis Pretorius).

Regisseur Martelize Kolver, self 'n gebore Vrystater, slaag daarin om die gehoor terug te voer na die tydgees van Suid-Afrika in die 1940's. Die nostalgie word geskep deur sepia foto's van plaaswerf en kerk wat geprojekteer word teen die agterdoek, asook periodedrag en boeremusiek wat skynbaar uit 'n grammofoonplaat blÍr. Die oorspronklike musiek, geskryf deur Ulagh Goosen, skep egter die mees ontroerende verbintenis met hierdie geskiedenis.

Soos die kerk in die tyd van Shakespeare, word die NG Kerk van die 1940's die spilpunt van lief en leed in die klein gemeenskappie. Die inmengerige mentaliteit van die koddige kerkamptenare, gespeel deur Petrus du Preez, die dominee, en Schalk van der Merwe, die koster, herinner amper aan ewe konserwatiewe en komieklike karakters in die destydse KoŲperasiestories. Veral Du Preez se subtiele spel is plek-plek skreeusnaaks, terwyl Van der Merwe soms te veel druk op die gehoor plaas om te lag.

Hoewel Bohaai oor Boggerol nie kan vergelyk met die verfyndheid van die oorspronklike Shakespeare nie, word die stuk waarskynlik niť gemik op Shakespeare-puriste nie. Wat die teks, toneelspel en tegniese elemente wťl voor sorg, is 'n verfrissende ervaring wat jou met 'n glimlag by die teater sal laat uitwals.



LitNet: 22 September 2004

Wil jy reageer op hierdie inligting? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SÍNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.