Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Slaap in die tou vir As jy blind is ...

As jy blind is hoe weet jy wanneer om jou sigaret te ash?

’n Werkswinkel-produksie

Met Vicky Davis, Deon van Zyl, Tertius Kapp, Hannami van der Merwe en Anneke Senekal
Tegniese versorging deur Lindy Downing

Hidden Cellar, Dorpstraat
27 tot 29 Augustus 2003

Aardklop Kunstefees, Potchefstroom
23 tot 27 September.

Francois Tredoux

Ek ken net vier blinde mense. Twee van hulle het honde. Die ander twee kom met kieries oor die weg. Ek sien drie van die vier op ’n gereelde basis, by die universiteit of in die dorp. Ons gesprekke handel gewoonlik oor hulle akademiese werk — ek is op ’n manier betrokke daarby. Ek het nie ’n clue hoe hulle die res van hulle lewens inrig nie.

Nadat ek Vrydagaand As jy blind is  Ö meegemaak het, weet ek nie eintlik veel meer van die praktiese sy van blindwees nie — daarvoor was die ervaring te kort. Ek weet nie hoe dit voel om oor ’n besige straat soos Merrimanlaan te stap nie. Ek weet nie hoe mens ’n chocolate uitkies by die BP Express as jy nie kan sien wat jou keuses is nie.

Maar na Vrydagaand weet ek wel dit: my ervaring van die wÍreld hang af van dit wat ek kan sien. My ander sintuie is nie naastenby so goed ontwikkel nie. My ervaring van teater, ook, is meestal gebaseer op dit wat ek kan sien gebeur, never mind my verklaarde liefde vir die ritmes van Shakespeare en Heiner MŁller se free verse.

Met ’n blinddoek aan raak die bekende ruimte van die Hidden Cellar effe vreemd. Ek weet ek sit op ’n bank met my rug na Dorpstraat — maar dis omtrent al. Daar is vyf mense wat deur die hele ruimte beweeg, soms met skoene wat klik-klak, ander kere weer op kaal voete wat my ore nie kan hoor voor hulle nie asem in my nek blaas nie.

Die bewegings en klank speel met my ruimtelike oriŽntering: nou praat Vicky in daardie hoek, en dan onmiddellik daarna is sy al weer aan die anderkant van die vertrek. Drie verskillende toesprake van Eugene Terreblanche val amper in kanon met mekaar in vanaf drie verskillende stelle luidsprekers: ek wil nog lag vir die stront wat hy kwytraak in die eerste een, dan word dit oorweldig deur die tweede, en dan, oordonderend omdat die luidspreker reg langs my is, deur die sonore Latynse aanhaling waarmee die derde een open.

Ek weet ook dit: as jy jou oŽ toemaak, raak die lae van geluid al hoe meer, en al hoe ryker. Om te sien maak jou dalk armer.

Die doel van As jy blind is  ... is nie om die gehoor se empatievlakke met blindes na nuwe hoogtes te voer nie. Dis ’n werkswinkelstuk, oorspronklik aangebied as ’n finalejaar-eksamenproduksie vir die akteurs. Die persverklaring praat van “postmodernistiese, sensoriese eksperimentering”. Dis al daai, ja — en meer. Dis powerful. As jy die kans het om Aardklop toe te gaan, slaap in die ry om kaartjies hiervoor te kry.

Maar alhoewel dit dalk nie die doel daaragter is nie, kon ek nie help om die hele tyd te dink nie: Laurent, Mornť, Frank, Jacques — ek haal my hoed af, en ek sÍ “I know nothin’, man.”


8 September 2003

boontoe / to the top


NOT FOUND