Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Diť passiemakers allermins in sak en as

Coenraad Walters

Uittreksels uit Die Asjaspassie (Mistero Buffo) deur Dario Fo; vertaal deur Herman Pretorius

Aangebied deur die Klein Libertas Teater (KLT) se amateurvleuel

Met: Elizabeth de Villiers, Petrus du Preez, Elize Meiring, Mareli Hattingh, Stephaniť Badenhorst, Peter Viljoen, Pieter Retief, en ander.
Musiek (toonsetting en begeleiding): Thomas Channell.
Regie: Juanita Swanepoel.

In die Klein Libertas Teater, Stellenbosch, 19-22 en 25-26 Junie 2003.


In die tagtigerjare het ek ’n studenteproduksie, asook ’n produksie van die Bergzicht Teatergroep van diť stuk gesien; dit was ’n voorreg om hierdie besondere teks weer eens as ‘t ware in lewende lywe te ervaar. Een van die belangrikste funksies van amateurteater, om vriend Malan se opmerking te parafraseer, is om klassieke tekste op die planke te bring. Professionele teater fokus byna uitsluitlik op nuwe materiaal.

Die Italiaanse dramaturg Dario Fo (enkele jare gelede met die Nobelprys vir Letterkunde vereer) het aanvanklik Die Asjaspassie, getiteld Mistero Buffo, as eenpersoonstuk geskryf. In ’n swart sweetpak, sonder rekwisiete en met ’n lapelmikrofoontjie het hy die stuk voor sokkerstadions vol mense opgevoer. Sy aweregse kyk na die aardse lewe van Christus lewer vlymskerp kommentaar op die samelewing en die kerk wat ons almal ken - al wil ons dit nie noodwendig erken of herken nie.

Die stuk is later verwerk vir ensembles (hoewel die teks self blykbaar min verander is - selfs tonele waar ons vandag drie of vier akteurs sien speel, is aanvanklik deur net een opgevoer!) en rekwisiete en kostuums is gebruik. Sulke hulpmiddels verskerp die bewustelike anachronismes in die teks.

Van diť anachronistiese tonele sluit in die ontmoeting tussen Jesus (met sy kruis op pad Golgota toe - dit word ons vertel, maar nie gewys nie) en pous Bonifacius VIII. Laasgenoemde is ontsteld omdat Jesus nie weet wie hy is nie, selfs nie weet wat ’n pous is nie! Ander tonele wat nie soseer anachronisties is nie, maar op moderne wyse kommentaar lewer op die Bybelse gebeure en die moderne samelewing, sluit die dronklap se relaas oor die wonderwerk by die bruilof in Kana in, asook die vroue se desperate pogings om te keer dat Maria uitvind wat met haar seun aan die gebeur is. Wrang, swart humor wat oorgaan in diepe erns en deernis.

Herman Pretorius het lank gelede reeds sy vertaling gemaak, en die borrelende en vonkelende Afrikaans skitter vandag nog steeds. ’n Meer onlangse vertaling sou dalk meer soos Jackie Nagtegaal se prosa geklink het, maar ’n mens waardeer die afwesigheid van gemeensame en lui Engelse woordeskat. Vertaling is natuurlik ook ’n vorm van verwerking. Sekere klinkende frases is seker spesiaal geskep in Afrikaans - ek sou graag wou weet hoe die Italiaanse idioom dit vasvat. So beskuldig ’n vrou wie se baba vermoor is deur die Romeinse soldate, God daarvan dat Hy strome bloed laat vloei vir ’n enkele bloedjie. Pretorius het blykbaar nie die volledige Mistero Buffo vertaal nie, maar tonele geselekteer. Hierdie produksie is ’n verdere seleksie uit die vertaalde gedeeltes.

Ek is die KLT dankbaar dat hulle hierdie ontroerende produksie aangepak het. Die spitsvondigheid en moderne perspektief laat die teaterganger weer nadink oor die inhoud van die Christelike geloof. Hierdie wins oorskadu enige probleme wat ’n mens met die opvoering self mag hÍ.

Natuurlik is daar enkele dinge waaroor ’n mens nie heeltemal gelukkig is nie. Die musiek is nie heeltemal oortuigend nie; of dit nou is omdat die komposisies minder suksesvol is en of die uitvoering die musiek in die steek laat, is onseker. Die beligting is nie altyd ideaal nie, moontlik omdat die toerusting in die teater nie altyd soepel genoeg is om die akteurs se bewegings te volg nie. Enkele van die akteurs kom nie die mas op nie, en verskraal die impak van die ryk en intelligente teks. Veral die toneel met pous Bonifacius, asook die moraliteit van die blinde en die lamme ly hieronder.

Maar daar is ook verskeie bydraes deur akteurs waaroor ’n mens opgewonde kan raak. Elize Meiring en Mareli Hattingh skitter in hul kleiner rolle. Die toneel tussen die Sot (Petrus du Preez) en die Dood (Stephaniť Badenhorst) staan kop en skouers bo die res van die stuk uit, veral weens Du Preez se besondere fisiese spel. Du Preez se meer ernstige bydrae naby die einde, wanneer hy Jesus van die kruis wil red en nie laasgenoemde se weiering van sy aanbod kan begryp nie, is minder sterk, maar steeds indrukwekkend. Ek hoop ons sien nog veel van hom op die verhoog!

Deon Bosman dra die toneel van die dronklap baie goed. Elizabeth de Villiers speel die Madonna baie fyn en keer dat die intense emosionaliteit van die slot (waar Maria haar seun van die kruis probeer red) in melodrama ontaard. Natuurlik lyk sy te jonk vir haar rol, maar haar voorkoms roep die bloedjong Maria van Michelangelo se befaamde PiŽta in herinnering, veral waar sy Jesus se lyk aan die einde in die arms neem.

Teatergangers wat graag ’n spitsvondige teks wil beleef en die growwe kolletjies van ’n amateurproduksie kan miskyk, behoort aan hierdie feestelike Passie te gaan deelneem. Bespreek by (021) 8838164 of (021) 8833607.

boontoe / to the top


NOT FOUND