Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Soveel beroepe wat jy kan, soveel male is jy man

Jean Meiring

Die merkwaardige Antony Sher

Aye, Sir, there’s no more trick, is there? You are not like Cerberus, three gentlemen at once, are you?

      — Mrs Malaprop, The Rivals van Richard Brinsley Sheridan, Toneel IV.II

Ek kan dit nie verhelp nie — ek verpes Antony Sher. Hy is hopeloos te begaafd. En boonop moeiteloos so. Hy sal ook wraggieswaar ’n maatemmer nie herken al tref dit hom kolskoot op die kop nie. Hy is ’n wydgeprese akteur, romansier, n kunstenaar. Hardly gentlemanly, hoor ek die Britte s. Hardly gentlemanly of him to overachieve so.

Seepunt se goue seun is vir die soveelste keer op al wat geletterde Londenaar is se lippe. Oor enkele dae tref sy outobiografie Beside Myself die winkelrakke in die Engelse hoofstad. Drie uittreksels het reeds in ’n Sondagkoerant verskyn, en Sher hoef homself beslis nie in Speakers’ Corner op ’n seepkissie staan te maak om ’n vasgenaelde gehoor vir sy voorlesings daaruit te vind nie.

In ’n land waar blote bloedjies soos die alomteenwoordige mnr. en mev. Posh Spice en Martine McCutcheon, eerstydse seep-belle en nou pop- en blyspelsangeres, vr hul vyf-en-twintigste lewensjaar reeds hul memoirs op skrif stel, is dit allermins oorhaastig van onse Seur Tony om op sy jeugdige een-en-vyftig sy lewensverhaal te vertel.

En hoe buitengewoon is sy storie nie. Antony Sher, wat as skaam agtienjarige vars uit die weermag Londen toe is om sy dwase droom te bewaarheid, word drie dekades later tot ridder geslaan. Hy word allerwe as waarskynlik die grootste Shakespeariaanse akteur van sy generasie gereken.

En tog is hy op ’n onmiskenbare — en allermins ongeproblematiseerde — wyse gewortel en getak in sy Suid-Afrikaanse verlede. Die applous is luid en ononderbroke, die kalklig bly gerig; dog Sher erken self hy is in baie opsigte nog maar die skugter Kaapstadse skoolseun wat sukkel om rens enigsins tuis te voel. In Beside Myself vertel hy sonder skroom van sy onsekerhede en sy troebel tye: onder andere beskryf hy sy intense, maar nou afgesluite, vriendskap met die derduiwel Charlie — oftewel kokaen.

Sy jeugervaringe en -vrese is altyd net-net onder die oppervlak van wat hy s of skryf. Al is hy ’n waardige opvolger van Irving, Olivier en Gielgud, en volkome ingebed in die Engelse kulturele wreld, gryp Sher dikwels — byna onbegrypend — terug na die skimme van s Kaapstad: tannies, bediendes, ooms met whiskeys in die hand, vriende, sy pa. Hy is — in sy eie o — die ewige buitestaander.

Die akteursdagboek Year of the King, waarin hy sy voorbereidinge vir sy bekende vertolking van die rol van Richard III beskryf en beteken, begin met die volgende veelseggende inskrywing:

    August 1983. Summer. To be precise, my thirty-fourth summer in all, my fifteenth in England away from my native South Africa 

Sher is die ewig hunkerende banneling. Hy romantiseer nie die plek wat hy dertig jaar gelede ontvlug het nie. Tog verskyn Suid-Afrika in soveel gedaantes op ’n teer, ironiese manier in sy werk. Soos Ovidius en soos soveel ander kunstenaar-uitgewekenes deur die eeue, skryf hy telkens epistulae ex ponto, stukkies brief aan ’n wreld wat hom, in elke sin van die woord, bly boei.

In sy hoogs leesbare roman The Indoor Boy, wat 1991 verskyn het, is die hoofkarakter Leon Lipschitz ’n biseksuele Joodse migr uit Suid-Afrika wat op ’n dag by ’n reisburo in Londen instap om ’n vliegkaartjie vir ’n besoek aan sy moederstad, Kaapstad, te koop, en been-af raak op die onbeholpe Afrikaanse jongman Gertjie wat hom bedien. (“A real little Boer farmboy, with all the works — the blond hair Brylcreemed to a standstill, the broken nose from some sweaty-balled rugby triumph.”) Die verhaal loop uit op ’n tipe Fear and Loathing dwelmgedrewe motorrit deur ’n haaikaal stuk Suid-Afrikaanse platteland  in ’n Rolls Royce.

Al is sy skryfwerk hoogs onderhoudend en dikwels skreeusnaaks, en al het hy ’n wonderlike greep op dialoog wat menige meer gevestigde skrywer hom sal beny, is Sher by uitstek ’n akteur: akteur — met die eu-vokaal lekker onbeskaamd oorrond; ’n akteur wat met ’n opgewende, beheerste energie en ’n treffende lyflikheid karakteruitbeelding aanpak. Die kwaaie Quasimodo, Richard III, die rol wat hom finaal tot die panteon van die grotes gevoeg het, het hy op innoverende wyse — en met ’n koor van kritiese goedkeuring — as wafferse spinnekop gespeel.

Die lys grootse teaterrolle wat hy al vertolk het, is ’n arm lank. Fool in King Lear, Shylock in The Merchant of Venice, Leontes in A Winter’s Tale, Tamburlaine van Marlowe, Cyrano de Bergerac, Brecht se Arturo Ui, en die wraaksugtige Vindice in die bloederige The Revenger’s Tragedy. Ook die titelrol in Stanley, ’n stuk oor die lewe van die kleine Cookham se bekendste seun, die hoogs begaafde en enigmatiese skilder Stanley Spencer, waarvoor hy vir ’n Tony-toekenning benoem is.

En natuurlik Macbeth  In die 2000-teaterseisoen het hy vir die Royal Shakespeare Company Macbeth vertolk; in dieselfde seisoen was Nigel Hawthorne, die Engels-gebore maar Suid-Afrikaans-grootgemaakte meesterakteur, die RSC se Lear. Maar die rol waarvoor Sher straks in Suid-Afrika die bekendste is, is Shakespeare se skarlakenkeiser Titus Andronicus.

Sher en sy lewensmaat vir meer as ’n dekade, Gregory Doran, ’n vooraanstaande teaterregisseur, het in 1994 hierdie gewelddadige stuk in die Mark-teater opgevoer, met ’n Suid-Afrikaanse rolverdeling en met ’n Suid-Afrikaanse kleur. Hulle het saam ’n puik dagboek oor die projek geskryf, getiteld Woza Shakespeare. Die teks word oudergewoonte deur Sher se skerp, satiriese tekeninge toegelig: hulle is s goed, hy sou lag-lag as politieke spotprenttekenaar sy brood kon verdien.

Met ’n ironiese selfbegrip — en met stellig meer as net ’n flertsie swakverbloemde trots — vertel Sher in sy outobiografie van ’n reeks insidente tydens sy verblyf in ’n kliniek vir behandeling vir sy kokaenverslawing. Die span verslaafdes kom in daardie welbekende AA-rige sirkel byeen, en moet hulself aan hul kollegas bekendstel. Sher stel homself as akteur voor. Die vergaderdes kyk hom stip en ongelowig aan; hulle herken hom dan nie uit enige van die talle Engelse sepies nie. Akteur? Watwou.

Later vertel hy hulle hy skryf ook boeke. “O? Ja  ja natuurlik, jy skryf ook boeke ” Hulle reken Sher se dwelmgewoonte het hom inderdaad tot ’n voorliefde vir fiksie gedryf. Kort hierna ondergaan die groep ’n kunsterapie-sessie: hulle moet in die teken van katarsis hul gevoelens in sketse verbeeld. Sher skep ’n pragstuk, van ’n man wat ’n klompie lyne maak; daar’s bloed en tasbare geweld in die tekening. Sy mede-rehabiliterendes kyk hom verstom aan. “O, ek is ook ietwat van ’n kunstenaar ” kom die verduideliking.

Sher het wel al etlike televisie- en filmrolle vertolk, maar hy bly by uitstek ’n kunstenaar wat hom op die verhoog uitleef. Sy bekendste TV-rol was di van Howard Kirk in Malcolm Bradbury se The History Man — ’n siniese akademikus aan ’n rooibaksteen-universiteit wat graag en gereeld met sy nagraadse vrouestudente slaap, en wie se vrou elke dan en wan Londen toe pendel om haar viriele katelknaap aan te doen.

In die prent Mrs Brown het hy Benjamin Disraeli, die eerste en enigste Joodse premier van die VK, gespeel. In die erg versuikerde Shakespeare in Love vertolk hy die kamee-rol van Dr Moth, die kwak wat salf aan die jong Shakespeare se skryfdroogte probeer smeer. Hierdie spookasem-rolletjie moes egter vir Sher en sy vriende lekker om die etenstafel laat lag het: Sher besoek immers vir jare reeds ’n berader.

Sy skryfwerk is duidelik ook vir hom ’n vorm van selfberading. En louter plesier vir die res van ons. Beside Myself verskyn eersdaags by die uitgewery Hutchinson.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.