Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Ras en diskriminasie by die drie nasionale kunstefeeste

Deon Opperman

Ek het in die verlede geskryf oor ’n paar diepliggende ideologiese verskille tussen die drie groot kunstefeeste — Standard Bank Nasionale Kunstefees, Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) en Aardklop. Maar daar is ook ’n paar interessante aspekte wat die drie gemeen het en mee worstel, bo en behalwe nou die struktuur van die programme, die feit dat hulle al drie buitestedelik op kleiner dorpe aangebied word, ens.

Een wat my veral tref, en waaroor ek baie gedink het terwyl ek onlangs by die KKNK was, is hoe die drie dorpe — Grahamstad, Oudtshoorn en Potchefstroom — die kwessie van ras verwerk. En ek s spesifiek “die dorpe”. Want hier gaan dit nie soseer oor die ingesteldheid van die direksie van die feeste nie, maar oor die dorpe en hulle voltydse inwoners, wat uiteraard ’n impak op die direksie se besluite het, vanwe die feit dat elk van hierdie drie feeste, gegewe die demografiese realiteite van die meerderheid toeskouers, vanuit ’n Europese aanslag werk in die samestelling van die aanbiedings. Natuurlik het elk van die direksies ’n sekere ingesteldheid ten opsigte van ras, maar wat meer opmerkbaar vir ’n buitestaander is, is die houding van die dorpsmense self, want dt tel mens op in ’n kroeg of op straat of by enige van die etlike plekke waar groepe feesgangers sosiaal verkeer.

Volgens wat ek tot dusver kon aflei gedurende my besoeke oor die jare aan die feeste, is die dominante demografiese indruk wat van die dorpe geskep word, soos volg:

  • Grahamstad: Groot plaaslike Xhosasprekende bevolking teenoor ’n klein Engelssprekende gemeenskap en ’n klein Afrikaanssprekende (wit en bruin) gemeenskap.

  • Oudtshoorn: Groot plaaslike bruin Afrikaanssprekende bevolking teenoor ’n dominante wit Afrikaanssprekende bevolking met ’n baie klein Engelssprekende groep.

  • Potchefstroom: Uiters dominante wit Afrikaanssprekende bevolking. Swart bevolkingsgroepe is natuurlik daar, maar word min in die dorp gesien terwyl die fees hom afspeel, teenoor Grahamstad en Oudtshoorn waar swart of bruin sterk teenwoordigheid het. Hoe dit gedurende die res van die jaar op Potchesfstroom lyk, weet ek nie, maar gedurende die fees is swart bevolkingsgroepe merkbaar afwesig, of op die minste uiters in die minderheid.

    Beide Grahamstad en Oudtshoorn as feesdorpe verwerk die rassekwessie soos volg:

    Sekere sosiale ruimtes staan onoffisieel bekend as liberale ruimtes waar swart en wit sonder voorval saam kan jol, en ander word as ’t ware deur die konserwatiewe elemente van beide hierdie dorpe teen swartmense en/of bruinmense beskerm — hetsy deur ’n implisiete “fok weg”-houding wat duidelik aangevoel kan word, of selfs deur geweld. (Ek was hierdie jaar te Oudtshoorn betrokke by ’n insident waar een van my swart akteurs fisies deur ’n wit man in ’n dansklub aangerand is omdat hy dit sou waag om in ’n “wit” klub te kom dans. Die swart akteur was heeltemal onskuldig in die saak. Sy velkleur was aanstoot genoeg. Ons is daar weg na ’n ander plek ’n paar hondred meter van waar ons was en daar het ons onversteurd verder paartie gehou ... en gedans.)

    In Grahamstad het ek al ook sulke situasies ervaar, veral aan die hand van die konserwatiewe Engelssprekende boeregemeenskap, maar dit moet genoem word dat die feit dat die fees op hierdie dorp al so lank bestaan, die konserwatiewe elemente in ’n mate deur die fees “mak” gemaak is, wat daartoe bygedra het dat eerder as fisiese geweld, die konserwatiewe elemente oor die jare heen laer getrek het in “privaat” klubs waar toegang beperk is. Probleem opgelos. So sal Oudtshoorn se konserwatiewe elemente in die toekoms hopelik ook mak gemaak word, en op die minste dan leer om anderskleuriges te “verduur” indien nie met ope arms te verwelkom nie.

    Op Potchefstroom, die jongste van die feeste, is die situasie nog so in ’n beginstadium dat nie net “anderskleuriges” nie, maar selfs ook wit “andersoortiges” met uitheemse hare, klere, en ander soorte “vreemde” gewoontes dikwels deur die konserwatiewe elemente getakel word. (Ek weet van ’n voorval waar ’n wit Engelse akteur deur twee Potchefstroomse Afrikaners getakel is oor hy met ’n “moffie”-haarstyl gepronk het. Die akteur het nog nooit weer by Aardklop opgetree nie en niks of niemand kan hom oortuig om terug te gaan nie.)

    Alhoewel hierdie probleem by al drie feeste te vinde is, is dit veral Potchefstroom en Oudtshoorn wat daarmee sukkel. Grahamstad se diskriminasie is meer van ’n oudkoloniale aard — tipies van sy liberaal-demokratiese ingesteldheid: subtiel, onderlangs, ongesproke, nie-offisieel.

    Maar wat Oudtshoorn en Potchefstroom betref is dit ’n kwessie van die swakheid spruit voort uit die krag. Juis omdat hierdie feeste ’n sterk kulturele aanslag het (soos ek in ’n vorige essay bespreek het), ontstaan daar ook, teen wil en dank, elemente wat daardie identifiseerbare kultuur teen ander kulture wil beskerm.

    Die republikeinse ingesteldheid van Oudtshoorn en Potch sal staan of val in die mate waarin hulle daarin slaag om ’n “oop grens” te bewaar. Sluit die grens en ons sit weer met die radikale erkenning van verskil (met kulturele apartheid kort op sy hakke); hou die grens oop en Van Wyk Louw se “vrye bloedsomloop van idees” gaan aan, met die erkenning van verskil wat uitloop op ’n dieper wedersydse kulturele begrip en respek.

    Ek sien uit na die dag wanneer ek nie vir my swart akteurs ’n “pep talk” moet gee voor ons Oudtshoorn of Potch toe gaan oor moontlike diskriminasie as gevolg van hulle velkleur nie.

    Die goeie nuus is dat rassiste by al drie die feeste in die minderheid is; die slegte nuus is dat dit net een Hitler neem om die wreld in ’n oorlog te sleep.

    boontoe / to the top


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.