Taaldebat - Language debateArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Hierdie bydrae maak deel uit van die geskiedkundige Afrikaanse Taalberaad (aangebied deur die NTLA) wat onlangs op Stellenbosch plaasgevind het. LitNet plaas in die komende weke van die lesings wat by hierdie beraad gegee is. Klik gerus hier vir die volledige program en lys van deelnemers.

Afrikaans en die sakewÍreld*

Andrť van der Walt

Die sentrale beginsel van enige sake-onderneming is die beginsel van vraag en aanbod.

Die naelstring-verbinding tussen vraag en aanbod is kommunikasie. Bemarking van 'n produk of diens is kommunikasie; die vestiging van 'n korporatiewe identiteit beteken kommunikasie; die motivering van 'n lojale en toegewyde werkerskorps word rondom kommunikasie gebou. Gereduseer tot een basiese gedagte: kommunikasie is die een element in die mondering van enige sakeonderneming wat die pendulum laat swaai tussen sukses en mislukking Ö Kommunikasie, of anders gestel: taal.

Tog is die sakesektor ingestel op eiebelang. Juis daarom is die voorkeurtaal van die kliŽnt 'n sagte teiken.

Binne die konteks van hierdie beraad en gegewe die sentrale tema van 'n Nasionale Strategie vir Afrikaans en die SakewÍreld wil ek die volgende standpunte kortliks motiveer:

1. Taalstrategie is 'n proses
Ek wil eers kortliks stilstaan by die frase strategie vir Afrikaans. Strategie beteken nooit 'n gearriveerdheid nie, so in die sin dat ons nou 'n module, 'n model of 'n stel reŽls, ontwerp het waarbinne Afrikaans as taal verskans en veilig opgedoek is nie. 'n Strategie is 'n proses. Afrikaans in die sakewÍreld, soos trouens op elke maatskaplike terrein, moet voortdurend inpas en aanpas by die uitdagings van die onmiddellike. Verbruikers as teikengroep is gedurig op die voorpunt van die hier en nou. Daarom moet kommunikasie met die publiek nuut, vars en onmiddellik wees.

As algemene stelling kan mens sÍ dat die sakesektor nie 'n kultuur van taalsensitiwiteit koester nie - taalbelang speel ongelukkig slegs 'n sekondÍre rol in die sake-omgewing. As taalsensitiwiteit deur die mobilisering van verbruikersentiment nie onder die aandag van die sakesektor gebring word nie, is dit 'n aanklag teen die gebruiker self.

Die advertensiebedryf is 'n uitsondering op die algemene reŽl. Dit is veral te danke aan die Pendoring-toekennings. Die advertensiebedryf is op die voorpunt om vernuwend en skeppend in Afrikaans oor Afrikaans te dink en te funksioneer.

Daar is egter twee kommerwekkende tendense in die reklamesfeer:

  •  Engelstalige advertensies, en veral statutÍre advertensies, kom al hoe meer in ons Afrikaanse dagbladpers voor. Terwyl ek hoŽ waardering het vir die rol wat koerante en tydskrifte speel in die vestiging en gebruik van Afrikaans, is dit nie aanvaarbaar dat Engelse advertensies in Afrikaanse dagblaaie geplaas word en so deur die redaksie aanvaar word nie.
  •  Dit is kommerwekkend dat Afrikaanse televisie- en radioprogramme en -nuusbulletins onderbreek of voorafgegaan word deur Engelstalige advertensies. Mark- en meningsopnames toon duidelik dat Afrikaanssprekendes die grootste verbruikers in die middel- en hoŽ segmente van die mark is. Advertensie is die lewensbloed van enige sake-onderneming. Afrikaanse programme en uitsendings het die grootste kykers- en luistergetalle. Is dit aanvaarbaar dat sake-ondernemings in Engels op die programme adverteer?

2. Taalbeleid en sakepraktyk
Daar is 'n statutÍre verpligting op die Staat om die taalnorme soos vervat in die Grondwet om te skakel in 'n taalbeleid. Daar is 'n morele verpligting op die sakegemeenskap om die norme van die erkenning van die gelykheid van tale in 'n taalbeleid om te skakel. Kortom, 'n strategie vir Afrikaans, en vir die inheemse swart tale, in die sakesektor moet daarop gerig wees dat elke sake-onderneming 'n taalbeleid het. Verbruikers moet daarop aandring dat die taalbeleid van die sake-organisasies waarmee hulle sake doen, openbaar gemaak moet word. Die taalbeleid van die Toyotas, die Benze en die BMW's van die wÍreld moet op hulle netwerke beskikbaar wees. Promosiemateriaal mag nie net eentalig Engels wees nie.

'n Taalbeleid moet interne en eksterne kommunikasie duidelik verwoord.

3. Die "ekonomiese toegevoegde waarde"-begrip van Afrikaans in die sakewÍreld
Afrikaans is nie net 'n medium waarin gekommunikeer word nie. Afrikaans is ook 'n magtige sosiaal-maatskaplike instrument van bemagtiging. As Afrikaans en die inheemse swart tale nie erkenning gee aan die sosiaal-maatskaplike nood as bestaanselement van die taalgebruikers van Afrikaans nie, sal Afrikaans toenemend onder druk kom.

Die vraag kan met reg gevra word wat toegevoegde ekonomiese waarde vir Afrikaanssprekers in die sakewÍreld beteken. Dit beteken dat in die aanstellingsvoorwaardes van werksoekers nie kleur nie, maar kwalifikasies in meer as een amptelike taal, die norm sal wees. Dit beteken dat bevordering en interne mobiliteit binne 'n sake-onderneming gebaseer sal wees op bedrewenheid in meer as een amptelike taal. Dit beteken dat interne opleiding binne sake-ondernemings ingevolge die Vaardigheidsdienste-wetgewing in die taal van die werknemer moet plaasvind en nie soos nou algemene praktyk is, in Engels nie.

Die mobilisasie van verbruikersentiment rondom veeltaligheid is 'n belangrike element van 'n taalstrategie. So ook die aanmoediging en ondersteuning van sake-ondernemings wat wel "taalsensitief" is.

4. Taalfonds
Taalbestuur, taalbemagtiging en 'n taalstrategie beteken geld. Op die stadium van 'n ontwikkelde demokrasie in Suid-Afrika is 'n taalstrategie 'n gemeenskapsgedrewe aksie. Taalnorme, taalbemagtiging en die bevordering van die inheemse tale is nie op die regering se prioriteitslys nie. Daarom moet enige taalstrategie die finansiŽle eise vir sodanige strategie verreken. Die finansiŽle ondersteuning van die sakesektor in 'n gemeenskapsgedrewe taalstrategie is die element wat sal bepaal of 'n taalstrategie sal slaag of misluk.


* Toespraak by die opening van die Afrikaanse Taalberaad gereŽl deur die NTLA.


LitNet: 03 November 2004

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SÍNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.