SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Moet ons Mao se voorbeeld volg?

Jacques van der Elst

Jacques van der Elst, voormalige redakteur van Woord en Daad, was hoof van die Departement Afrikaans en Nederlands en later dekaan van die Fakulteit Lettere en Wysbegeerte aan die PU vir CHO, tans die Noordwes-Universiteit. Hy is pas vir 'n kontraktydperk aangestel as Hoof Uitvoerende Beampte van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns.
  Jacques van der Elst

Jason Lloyd se bydrae op LitNet onder die opskrif "Moet bruines die Afrikaners en Afrikaans red?" laat 'n mens dink dat die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns stuiptrekkend en in vertwyfeling probeer om aan die lewe te bly deur die gesprek te voer waarna hy in sy skrywe verwys. Dit is nie die geval nie! Die SA Akademie is nog nie dood nie en gaan gewoon voort met die werksaamhede en inisiatiewe waarmee hy hom oor baie jare besig gehou het.

Ja, die SA Akademie bestee onder andere aandag aan die hoŽr uitdrukkingsvorme en daarmee saam aan die standaardisering van Afrikaans, en doen dit eintlik reeds sedert sy stigting in 1909. Die Afrikaanse Woordelys en SpelreŽls, waarvan die negende druk in 2002 verskyn het, is 'n publikasie van die SA Akademie. Die Taalkommissie bestee opnuut aandag aan die AWS en sal die bestaan van ander Afrikaansgebaseerde tale soos Kaaps, Nama en Griekwa seker in ag moet neem en meehelp aan die standaardisering van woordeskat-items uit daardie tale. Klink dit te patriargaal om hulle variŽteite van Standaardafrikaans te noem?

Die ervaring en kundigheid van die SA Akademie se Taalkommissie speel 'n leidende rol in die Nasionale Taalliggaam vir Afrikaans en dien ook tans as 'n dinamiese voorbeeld vir ander Suid-Afrikaanse tale. Het Jason Lloyd kennis geneem van die korpus Kaapse Moeslimterme wat reeds in die AWS opgeneem is en wat waarskynlik by 'n volgende uitgawe aansienlik uitgebrei gaan word?

Wat Jason Lloyd moet besef, is dat akademies oral in die wÍreld eiesoortige organisasies is. As 'n mens kyk na een gemene deler van alle akademies in die wÍreld, is dit dat lidmaatskap en bekronings gebind is aan bevordering van uitnemendheid. Die indoena van alle akademies is seker die Sweedse Akademie, wat met sy Nobelpryse die hoogste internasionale prestasies in die wetenskap en kultuur bekroon. Op 'n baie beskeie wyse is dit wat die SA Akademie eweneens doen met die beperkende bepaling dat uitnemendheid in Afrikaans 'n voorkeurposisie kry.

Per definisie is dit so dat 'n akademie elitÍr en selektief is. Toetrede tot die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns geskied nie outomaties nie. 'n Vlak van prestasie moet bereik word en vanweŽ die wette van die natuur word hierdie vlak alte dikwels saam met 'n grys kop bereik. Daar bestaan trouens so iets soos 'n junior lidmaatskap vir die jongeres naas die senior lidmaatskap van die gesmade gryskoppe (waarvan ek een is) - die manne met doktorsgrade en professionele titels waarna Jason Lloyd minder vleiend verwys.

Wat die ellende met die Akademie is, is dat apartheid gesprekke tussen akademici van alle rasse en kulture in ons land laat verstom het. Dinge het skeefgetrek. Ons ken die betreurenswaardige verhaal: daar is aparte universiteite geskep en die verwydering tussen die intellektuele van alle tale en kulture het toegeneem. Die erfenis van 40 jaar se apartheid het net soos by baie ander instansies ook die SA Akademie geskaad en die Akademie se gesig het al witter geword. Pogings is wel aangewend om ander kultuurgroepe te betrek, maar daar was aan die ander kant geen geesdrif vir die toenadering nie - die "ander" het ontuis gevoel in die SA Akademie se geledere - te verstane. Die Akademie wil graag die gevoel van ontuisheid neutraliseer. Hierby moet gesÍ word dat nie net bruin mense ontuis voel nie. Die Akademie sou graag met alle Afrikaanses wat ontuis voel, praat. Daar word nie per se langs kleurlyne gedink nie. Sou dit moontlik wees om 'n betekenisvolle aantal wittes wat om 'n verskeidenheid redes van die Akademie af weggestaan het, weer te betrek?

Wat wel waar is, is dat die SA Akademie nog nooit vir mense van kleur gesluit was nie. Lees maar die SA Akademie se Statuut - die SA Akademie is 'n nierassige organisasie en was dit nog altyd. Die gesprek waarna Jason Lloyd verwys, is 'n oop gesprek - hopelik onbevange - en word later vanjaar voortgesit. Die mense van die Akademie neem beslis nie met 'n grootbaasmentaliteit aan die gesprek deel nie. Daar is - sover ek weet - hoegenaamd geen agenda van 'n sameswering teen die bestaande orde nie, tensy Jason Lloyd ander inligting het. Dit mag miskien verbasing wek, maar ek het goeie rede om aan te neem dat die meerderheid van ons lede juis in 1994 vir die nuwe regering gestem het.

Of daar uiteindelik 'n nuwe akademie tot stand gaan kom, sal ek nie weet nie. Moet dit regtig 'n nuwe akademie wees? Moet daar nie eerder van 'n omvorming gepraat word nie? Sekere dinge is, dink ek, vir die huidige Akademie - in watter toekomstige opset ook al - ononderhandelbaar: dit gaan byvoorbeeld oor die strewe na uitnemendheid ten opsigte van lidmaatskap en prestasie, veral in Afrikaans. Dit kan tog niks met ras of rassisme te doen hÍ nie! Dat diť strewe nie uitsluitend moet wees nie en dat die voorbeeld van die Universiteit van Chicago navolgenswaardig is, wil ek volmondig toegee. Die Akademie moet by die ontwikkeling van ons land, sy mense en hul tale betrokke wees, maar kan 'n akademie as sodanig verder gaan as 'n intellektuele besinning en raadgewing oor ontwikkelingsaspekte? Of moet ons Mao se voorbeeld volg en die intellektueles platteland toe stuur en hulle daadwerklik daar laat ploeg, saai en oes? Dalk kan opvolgende debatte lig en leiding verskaf oor die interaksie met gemeenskappe, sodat ook "ander stemme" gehoor kan word.


LitNet: 28 Julie 2005

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SÍNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.