SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

KKNK-klagtes: die kaf en die koring

Klik hier en wen!
Klik hier en wen 12 maande af op jou huislening!

Klik hier vir die KKNK se webwerf!Die KKNK is vanjaar nŠ afloop van die fees weer gelooi oor 'n verskeidenheid klagtes wat wissel van T-hemde wat aanstoot gee en 'n kuierkultuur wat die kunste verdring tot drankmisbruik. Veral 'n paar SÍNetters het goed mond uitgespoel. Karen Meiring, besturende direkteur van die KKNK, sÍ daar moet onderskei word tussen klagtes wat die KKNK regstreeks kan aanspreek en klagtes wat samewerking van ander rolspelers verg. Sy het met Elna van der Merwe, 'n vryskutjoernalis, gesels.

Die meeste geraas was oor die drinkery op Oudtshoorn. Iemand sÍ KKNK staan vir ďKom kots nog 'n keerĒ. Daar is 'n persepsie dat die fees 'n orgie van drankmisbruik is. Wat kan julle hieraan doen?

Ons wil graag iets doen aan hierdie persepsie, omdat dit beslis die KKNK se beeld benadeel. Ons kan seker maak dat die verskillende rolspelers, onder wie die polisie, verskaffers en restauranteienaars, saamspan vir 'n aggressiewe toepassing van die bepalings van die drankwet. Ons kan en gaan ook minder tydelike dranklisensies ondersteun.

Wil Dominee nou ín Gesang opgee?

Ja! Daar is te veel dranklisensies en probleme met die toepassing van die bepalings van die drankwet. Weens ín skepkultuur Ė soveel as moontlik geld moet gemaak word Ė is daar restaurante wat drank aan minderjariges en aan reeds besope mense verkoop. Daar is natuurlik ook volwassenes wat namens kinders drank koop. Wat doen jy dan?

Prof Charles Parry van Stellenbosch het in die Amerikaanse tydskrif Addiction geskryf Suid-Afrikaners het van die ernstigste drankprobleme ter wÍreld, met tot 'n kwart van alle mans en een tiende van vroue wat simptome van alkoholmisbruik het. As 'n mens kyk na drankmisbruik, na hoe morsig 'n plek is waar baie mense bymekaar was, na die wetteloosheid en misdaad in ons land ... al diť dinge wys my dat ons 'n ongedissiplineerde nasie is.

En dan word die drankprobleem op die KKNK se brood gesmeer Ö

'n Groot probleem is dat baie ouers Ė veral uit die Kaap Ė hul kinders alleen met 'n slaapsak en 'n beursie vol geld fees toe stuur. Diť kinders sien bloedweinig opvoerings ůf die binnekant van 'n uitstalsaal en maak veral amok in die tentdorpe. Kan julle beter beheer oor onbegeleide kinders in tentdorpe hÍ?

Tentdorpe word deur private instansies en skole bedryf. Ek dink die verantwoordelikheid lÍ by hulle om beter toesighouding en sekuriteit toe te pas. Ek stem saam dat baie meer gedoen kan word om hierdie kinders te beheer, en ons sal die betrokke instansies aanmoedig om nie toe te laat dat minderjariges op hul eie kampeer nie en om met beter toesighouding seker te maak dat dinge nie hand uit ruk nie.

ín Meer verhewe klagte: Wat kan die KKNK doen aan kunstenaars se klagtes oor Krit, die feeskoerant? Klagtes wissel van dat daar glad nie oor produksies geskryf word nie tot onregverdige kritiek oor produksies.

Daar is elke jaar klagtes hieroor. Ek dink nie die redaksie van Krit besef altyd hoe belangrik dit vir kunstenaars is dat daar oor ťlke produksie by die fees iets geskryf word nie. Vir baie produksies is die KKNK hul eerste punt van optrede en wat oor die produksie geskryf word, word verder vir bemarkingsdoeleindes gebruik.

Ek dink die klagte oor onregverdige kritiek is meestal geoorloof en het dalk iets te make met die gebrek aan bekwame kritici in ons land.  rens moet daar slypkans wees vir nuwe kritici, maar dit kan nie gebeur ten koste van kunstenaars nie. Spat van Beeld by Aardklop het dalk 'n goeie oplossing beet en dit is om aan te dui wat die kritikus se graad van bedrewenheid is.

Daar moet ook 'n veiligheidsnet ingestel word om seker te maak dat onregverdige kritiek nie gepubliseer word nie. Omdat Krit nie 'n onbeperkte begroting het nie, is daar druk om advertensies en promosies te plaas en dit laat soveel minder ruimte vir berigte oor produksies en uitstallings. Dit sal dalk ook help as Krit se redakteur nie aanmekaar gewissel word nie, want elke keer as daar 'n nuwe redakteur is, begin ons amper van voor af bou aan wat die fokus van die publikasie moet wees. Krit is 'n projek van Die Burger, en word onafhanklik van die KKNK bedryf. Ons gaan in ons terugvoergesprek met Die Burger oor Krit gesels en ons weet dat die span daar sal wil saamwerk om aandag te gee aan die probleme.

Dink jy die dinge wat feesgangers irriteer Ė die verdringing, die T-hemde, die stalletjies Ö

Dit irriteer ons ook! [lag]

Maar dink jy dis besig om feesgangers verkeerdelik negatief te maak oor die aanbod van die fees?

Ek dink dis waar vir 'n deel van ons feesgangers. 'n Besoek aan die KKNK is 'n totale ervaring. Om by 'n venue te kom moet jy die verkeer trotseer en gaan jy heel waarskynlik braaivleis ruik. In sommige venues is dit moeilik om op vertonings te konsentreer as gevolg van 'n nabygeleŽ gratis verhoog of 'n pendelbussie voor die deur met 'n oorverdowende geboem-boem-boem. Ek dink dis hoekom ons al hoe duideliker kan onderskei tussen feesgangers wat konsentreer op vertonings en uitstallings en feesgangers wat hou van die geroesemoes by stalletjies en informele venues.

Baie van vanjaar se klagtes was oor randaktiwiteite, waaroor die KKNK dikwels nie regstreekse beheer het nie en waarin ons van ander rolspelers vir oplossings afhanklik is.

Herman Kitshoff sÍ in sy artikel ďOp pad met die KKNKĒ 'n fees gaan nŠ tien jaar 'n nuwe siklus binne waarin daar deeglik besin moet word oor sy beeld en sosiale inklusiwiteit. Dit is honderd persent in die kol en ons is reeds besig met hierdie oefening.

In die eerste tien jaar is aanhoudend gesÍ die fees is te wit en vanjaar was dit fantasties om koerantopskrifte te sien wat sÍ die fees is meer divers as ooit. In Gerrit Brand se artikel in Die Burger het diť ontwikkeling ook baie sterk na vore gekom en dit is beautiful.

Divers in opvoerings of in feesgangers?

Ons weet die fees is baie divers op straat. Ons beleid moedig geÔntegreerde geselskappe aan en in programsamestelling gee ons spesifieke aandag aan 'n geÔntegreerde program. Die feit dat gehore nog wit is, is nie as gevolg van uitsluiting nie. Dit gaan waarskynlik meer oor die bevordering van 'n teaterkultuur wat spreek tot alle sektore van 'n diverse Afrikaanse gemeenskap.

Hoe gaan julle groter blootstelling bewerkstellig?

Op verskillende vlakke. Ons gaan voort om na programinhoud te kyk sodat daar meer produksies is wat tot gehore spreek wat dit kan bekostig om teater toe te gaan, maar wat tot dusver nie daarby uitgekom het nie, byvoorbeeld Goema, Angels Everywhere, Poppie Ė Die Drama en Broekies en Plaatjies vanjaar. Ons gaan ook meer doen met spesifieke bemarking vir hierdie gehore.

Op 'n ander vlak bied ons die Voorbrandfees as 'n gratis uitreikprojek aan vir inwoners van die Klein Karoo wat dit nie kan bekostig om kaartjies na vertonings te koop nie.

Ons neem byvoorbeeld voorgeskrewe werke in Afrikaans na die kinders op die platteland. Ons het die afgelope twee jaar sowat 30 000 kinders so bereik. Smiddae is daar talentkompetisies en slypskole en saans is daar vermaaklike gesinskonserte. Vanjaar brei ons die Voorbrandfees uit deur ook 'n Xhosa-roete in te sluit. Ek dink soms die Voorbrandfees is vir my belangriker as die groot fees!

Ons het ook 'n boekeprojek waardeur ons al amper 1,5 miljoen boeke versprei het saam met Shoprite Checkers, die Vryburgers en RSG. Die doel is om mense aan te moedig om te lees.

En kom die skole wat besoek is, fees toe?

Nie eintlik nie, want die mense is arm en kan dit nie bekostig nie.

Hoekom ry julle hulle nie met busse aan nie?

Dit is 'n opsie, maar met die Voorbrandfees neem ons die kunste na die mense eerder as om die mense na die kunste te bring. Dit is 'n saak waaroor ons in 'n onlangse direksievergadering gepraat het, want dit is so dat daar tydens die fees leŽ sitplekke in sale is wat dalk benut kan word vir gehoorontginning. Ek dink dit is 'n baie goeie projek, maar dit het ook sy gevare.

Naamlik?

'n Mens wil nie 'n ingesteldheid skep dat die kunste altyd 'n gratis produk is nie. Uiteindelik wil mens sien dat diegene wat dit kan bekostig, kaartjies koop.

Is daar nie 'n manier om dit te oorkom nie, soos dat skole blokbesprekings teen afslagpryse kan doen nie?

Ons bied reeds afslagpryse op blokbesprekings. 'n Ander alternatief is dat borge aangemoedig word om, soos Absa vanjaar gedoen het, kaartjies te koop sodat kinders veral voorgeskrewe werk kan sien.

Die persentasie niewit-opvoerings?

Dit groei voortdurend! En dis die positiewe ding. Ek dink ons het vanjaar die meeste inskrywings ooit van niewit-opvoerings gehad. En dis nie almal kunstenaars wat ons noodwendig op ons koste fees toe bring nie. Dis kunstenaars wat op hul eie koste fees toe wil kom.

Die aanbod word dus groter?

Ja, daar is groter belangstelling, wat ons verder wil kweek deur byvoorbeeld die Nagtegaal-Teksskryfkompetisie meer te bevorder. Hoe meer skrywers daarvan weet en inskryf, hoe beter.

Wat van die gerugte van 'n kunste-akademie op Oudtshoorn?

Die Oudtshoorn Munisipaliteit werk aan die vestiging van 'n kunste-akademie Ė 'n projek waaroor ons positief voel. Opvoeding is egter nie ons kernbesigheid nie. Ons sien ons verantwoordelikheid eerder teenoor die professionele kunstebedryf.

Daar is mense wat sÍ die KKNK is 'n uitgekuierde fees en dat die gehalte nie meer dieselfde is as in die verlede nie.

Ek wonder wat hulle daarmee bedoel, want vanjaar het ons een van die sterkste programme die afgelope elf jaar gehad. Praat hulle dalk van die kos op die strate of van die stalletjies?

'n SÍNetter skryf die organiseerders stel die finansiŽle welstand van die fees bo die welstand van kunsintegriteit.

Wie dit ook al gesÍ het, weet nie waarvan hy praat nie. As die persoon ons boeke sien, sal hy weet die teenoorgestelde is waar, want die fees het die afgelope twee jaar op 'n verlies uitgewerk.

Ons doen verskeie produksies ten koste van finansiŽle volhoubaarheid. Ons waag jaar na jaar die kans met produksies wat ons weet nie kan geld maak nie. Ons kan dit doen omdat ons ook kommersiŽle produksies aanbied. Niemand kan egter sÍ dat ons net kommersieel dink nie.

Ons bied niekommersiŽle produksies aan omdat ons 'n verpligting teenoor die bedryf het. Ons akteurs Ė senior en junior Ė moet hierdie geleenthede kry, anders sal ons teaterbedryf nooit in kapasiteit kan bly groei nie.

Maar mense is bewus van baie geld wat van hande verwissel tydens die fees.

En daar Ūs baie mense Ė wat baie geld uitgee. Die geld by van Absa se OTMíe het tydens die Paasnaweek opgeraak. Meer as R21,5 miljoen is net tydens die eerste paar dae by Absa getrek, maar die KKNK sien weinig daarvan.

Waarnatoe gaan dit dan?

Dit betaal vir brandstof, verblyf, etes, drankies en aankope by stalletjies. Die grootste deel van geld wat tydens die KKNK bestee word, gaan na die sakke van die entrepreneurs, ook diť van die roofstalletjies wat hulle ďMade in ChinaĒ-prulgoed hier kom verkwansel. Hulle kom letterlik hier in en gaan weer hier uit met sakke vol geld.

Dit klink negatief.

Nee, nee, ek gaan nou nie maak of ons op die rand van bankrotskap bewe nie, maar die finansiŽle volhoubaarheid van die fees is gedurig 'n kwessie. Volgens 'n Britse kenner behoort 'n fees jaarliks sowat 15 persent van sy omset in reserwe te hou om van een fees tot die volgende te oorleef. Ons haal nog nie daardie kerf nie.

En Kitshoff het gesÍ die finansiŽle toekoms sal die fees se identiteit bepaal. Wat sÍ jy hiervan?

Dit is waar. Die ondersteuning van borge sal bepaal of ons meer kommersieel moet dink en in watter mate ons ons kunsintegriteit kan handhaaf en uitbou. Tot nou toe kon ons die hoŽr kunste beduidend dien.

Kitshoff skryf ook dat samewerking met die munisipaliteit nodig is om die dorp se infrastruktuur te laat werk.

Dit is so. Nadat ons en die munisipaliteit tydens vanjaar se fees vir mekaar in die media geknor het, werk ons nou positief saam om die probleme aan te spreek. Dit het weer eens te doen met die persepsie dat die fees 'n allemintige bankbalans het en alles kan bou, koop of huur wat benodig word. Ons hťt nie en kŠn nie. Dit is ook nie ons plig om 'n dorp wat skep uit die fees, op te gradeer nie.

Die verkeersknope maak die mense mal.

Dis waarom ons al meer desentraliseer. Ons neem groot projekte uit die feeskern om die samedromming in die middel van die dorp minder te maak.

Julle word beskuldig van alles, maar wat is dan jul verantwoordelikheid?

Die KKNK is regstreeks verantwoordelik vir dit wat op sy eie feesterrein gebeur en onregstreeks vir alles wat tydens die fees op Oudtshoorn gebeur. Ons probleem is dat ons feesterrein nie so duidelik afgebaken kan word soos byvoorbeeld 'n skou s'n nie. Ons feesterrein lÍ verspreid binne 'n hele dorp. Dit is moeilik vir feesgangers om te onderskei tussen wat onder die vaandel van die KKNK gebeur en wat nie.

Die persepsie is dat alles wat tydens die KKNK op Oudtshoorn gebeur, deur die KKNK aangebied word en dus die KKNK se verantwoordelikheid is. Vir 'n groot deel van dit wat tydens die fees op Oudtshoorn gebeur, is ons egter afhanklik van die goeie samewerking van ander rolspelers.

Nog iets wat ín opstootjie veroorsaak het, was T-hemde met aanstootlike bewoording.

Ons demokrasie laat ruim toe vir vryheid van spraak en uitdrukking. In plaas van aanstootlike bewoording sou ons baie eerder skerp, skeppende, insiggewend kontroversiŽle T-hemde wou sien. Ongelukkig praat markkragte ook hier: solank daar kopers vir aanstootlike T-hemde is, sal dit sekerlik vervaardig word. Onthou ook: dis nie die KKNK wat die aanstootlike T-hemde laat druk of enigiemand aanmoedig om dit te koop en te dra nie. Van die aanstootlikste T-hemde is vanjaar by 'n stalletjie op die terrein van 'n vooraanstaande skool verkoop ...

En wat van die beskuldiging van 'n kuierkultuur?

Daar is niks fout met 'n kuierkultuur nie Ė ek dink dit is deel van Suid-Afrikaner wees. Die KKNK is juis 'n bymekaarkomplek Ė kuierplek as jy wil Ė vir die totale Afrikaanse gemeenskap. Dis ons ervaring dat alle feesgangers Ė of hulle nou vertonings bywoon of nie Ė hou van kuier, veral saam met familie en vriende.

Maar die klagte is dat die gekuier die kunste verdring.

Ek dink die probleem is eerder met 'n gekuier gekombineer met drankmisbruik. 'n Gekuier wat hand uit ruk, bedreig ons integriteit en beeld en is 'n perd van 'n ander kleur.

As 'n fees wat ernstig is oor die kunste, sal ons voortgaan om op strategiese wyse balans te bevorder tussen aktiwiteite wat op die kunste gefokus is en aktiwiteite wat die kunste bedreig.

Daar is mense wat sÍ die fees sal doodgaan omdat die inwoners die besoekers se verblyf so duur maak.

Ongelukkig het daar 'n skepkultuur rondom die KKNK ontwikkel en dit maak die KKNK nie net onbekostigbaar nie, maar dis ook besig om ons kernbesigheid, die kunste, te verdring.

Een aspek van die skepkultuur is te duur verblyf. As teenvoeter vir die onbeheerbare seisoenspryse bied die KKNK se verblyfafdeling pryskeuses. Ons beheer die pryse van die verblyf wat ons verhuur, sorg vir 'n eenvormige graderingstelsel en bied opsies wat van bekostigbare basiese verblyf tot luukse woonhuise insluit.

Wat vir ons 'n amper groter bedreiging as duur verblyf is, is die neiging deur restaurante en kroeŽ om gratis vermaak in te span om omset te verhoog. Baie van hierdie vermaak is eenvoudig nie op standaard nie, maar omdat feesgangers nie kan onderskei tussen wat onder die vaandel van die KKNK aangebied word en wat nie, word die persepsie geskep dat die KKNK 'n kommersiŽle musiekfees is. Ons moet dalk begin dink aan iets soos die SABS-stempel waarmee feesgangers 'n waarborg van waarde vir geld en gehalte kry.

Wat van die tekort aan OTMíe?

Ek dink nie dis soseer 'n tekort aan OTMíe as wat dit 'n gebrek aan kontant in die OTMíe was nie. Absa se Adri Drotskie, hoofbestuurder: groepbemarking en kommunikasie Ė kliŽnte-ervaring, sÍ vir my die geld wat opgeraak het, was weens die langnaweek en die groot toename in mense tydens die Paasnaweek. Absa het op statistiek van die verlede gewerk en vanjaar het dit alle verwagtinge oortref. ín Mens kan aanneem dat die statistiek nou aangepas is.

Een van Kitshoff se voorstelle is dat borge eerder 'n teater borg as 'n tent met goedkoop vermaak.

Jy kan borge ongelukkig nie indwing in projekte wat nie met hul eie doelwitte ooreenstem nie. Ons moedig dit natuurlik aan en borge wat reeds hierdie opsie ondersteun, is Absa, SABC2, kykNET, die Distell Stigting, Sanlam en Kango KoŲperasie. Sasol borg die visuele kunste.

Is dit tyd vir 'n nuwe bestuur?

Daar is altyd ruimte vir vernuwing, maar daarmee saam dink ek dit is vir enige instansie belangrik om kapasiteit te bou en gevaarlik om sy ervaringsbasis te verloor. Daar is voortdurende vernuwing in ons strukture, want ons direkteure, wat besluit oor die aard en omvang van die fees, en die Kunstekabinet, wat gemoeid is met programsamestelling, word vir 'n termyn van drie jaar aangestel.

Is die KKNK by 'n kruispad?

In ons groeikurwe is ons beslis op 'n plek waar ons taamlik intens besin oor die aard en omvang van die fees. Hand in eie boesem is vir ons deel van 'n jaarlikse proses, want ons kan nie bekostig om enigsins te stagneer nie.

Jy is kleinserig vir kritiek, is ook al gesÍ.

Nee wat. Baie van die verbeteringe wat deur die jare gekom het, was juis in reaksie op kritiek, want ons steur ons aan wat die mense sÍ. Kleinserig, nee. Willemien Brummer het nie verniet in Die Burger na my verwys as Combat Barbie nie! Ek kan 'n hou op die neus vat Ė ter wille van die KKNK en die kunste. Ek moet egter bieg: ek is sensitief vir kritiek wat onregverdiglik voor die deur van die KKNK gelÍ word.

Klik hier en wen!
Klik hier en wen 12 maande af op jou huislening!




LitNet: 19 Mei 2005

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SÍNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.