SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Skrywersberaad-argief
Die Taalsekretariaat
Universiteit Wes-Kaap
Universiteit van Kaapstad
M-Web

Die LitNet /
Taalsekretariaat Afrikaanse Skrywersberaad

Aangebied deur:

  • LitNet, die internetjoernaal op M-Web
  • Die Taalsekretariaat
  • die Departement Linguistiek en Suider-Afrikaanse Tale, Universiteit van Kaapstad
  • die Iilwimi Sentrum vir Veeltaligheid en Taalprofessies, Universiteit van Wes-Kaapland

Die skrywersberaad open op 12 Julie, waarna ses paneelbesprekings op die internet sal volg. Die beraad sal oor ’n aantal weke strek.

Openingsrede

  • Breyten Breytenbach

    Erfgoed

  • Hennie Aucamp
  • Ampie Coetzee
  • Annesu de Vos
  • Jeanne Goosen
  • Kirby van der Merwe
  • Hein Willemse

    Die vaders, die moeders

  • EKM Dido
  • Jeanette Ferreira
  • Christina Landman
  • Petra Müller
  • Dan Roodt
  • Johan Rossouw

    Hibriditeit

  • Achmat Dangor
  • Jakes Gerwel
  • Joan Hambidge
  • Gunther Pakendorf
  • Alfred Schaffer
  • Marlene van Niekerk
  • Steward van Wyk
  • Eben Venter

    Afrikaans wees in Afrika en die wêreld

  • Chris Barnard
  • Johan Degenaar
  • Tom Dreyer
  • Elsa Joubert
  • Zander Strachan
  • Marita van der Vyver

    Hef-aan

  • Abraham H de Vries
  • Deon Meyer
  • Elias Nel
  • Annari van der Merwe
  • André van der Walt
  • Christa van Louw
  • Hannes van Zyl

    ‘Disgrace’ oftewel Renaissance: bly of gly?

  • Hennie Aucamp
  • Jaco Botha
  • Koos Kombuis
  • Antjie Krog
  • Chris Louw
  • Herman Wasserman
  • Heindrich Wyngaard

    MOTIVERING

    Onder Afrikaanssprekendes gis en woel dit tans soos in die geledere van geen ander taalgroep in Suid-Afrika nie. Ongekende energie word gegenereer in Afrikaanssprekendes se strewe om hulself binne ’n nuwe magsbedeling te posisioneer en die skeppende energie van Afrikaans verder te ontgin.

    Dit is noodsaaklik dat hierdie gesprek volgehou en uitgebrei word na alle Afrikaanssprekendes.

    Gedagtig aan die historiese Sestiger-byeenkoms aan die Universiteit van Kaapstad in 1973 en die Afrikaanse Skrywersgildeberade van die verlede, wil LitNet en die Taalsekretariaat, in samewerking met die UK en die UWK, opnuut ’n skrywersberaad aanbied — maar hierdie keer op die internet.

    LitNet geniet tans ongeveer 90 000 bladsyversoeke per maand en word beskou as dié sosio-literêre en taalpolitieke gespreksruimte vir Afrikaanssprekendes op die internet. Die hoofbestuurder en uitvoerende redakteur van LitNet is die skrywer Etienne van Heerden.

    Die Taalsekretariaat van André van der Walt beywer sigself vir die bevordering van Afrikaans en die ander inheemse tale as toereikende kommunikasiemiddele van sowel moedertaal- as niemoedertaalsprekers. Die Taalsekretariaat borg al geruime tyd projekte by onder meer die Iilwimi Sentrum vir Veeltaligheid en Taalprofessies aan die UWK.

    Die beraad sal kosteloos deur enige internetgebruiker wêreldwyd gevolg kan word. Enige beraadganger kan onmiddellik op referate reageer deur sy opinie per e-pos aan LitNet te stuur en só deel van die beraadgesprek word.

    AARD VAN DIE BERAAD

    Die LitNet/Taalsekretariaat Afrikaanse Skrywersberaad sal volledig op die internet plaasvind, op die LitNet-webruimte by litnet.mweb.co.za. Dit sal op 12 Julie ’n aanvang neem en oor ’n aantal weke strek.

    Ses paneelbesprekings sal aangebied word, met verskeie “virtuele referate” per paneel. Bykans 40 Afrikaanse skrywers en denkers neem deel.

    ’n Webruimte (SêNet) sal vir die duur van die beraad beskikbaar wees om vir 24 uur per dag reaksies van die publiek op die referate te plaas.

    Hou kykNET (DStv) se Kunskafee dop (die LitNet-gleuf) vir verdere beraadnuus, asook LitNet se gleuf op Boekepunt, Radio Punt se boekeprogram, gelei deur Susan Booyens.

    Die referate asook die openbare reaksies sal op LitNet geargiveer word en vir ’n onbepaalde tyd beskikbaar wees vir navorsers — die beraad behels dus gesprek sowel as internetpublikasie.

    ADVIESKOMITEE

  • Etienne van Heerden, uitvoerende redakteur: LitNet, en hoogleraar: Hofmeyr leerstoel, Linguistiek en Suider-Afrikaanse Tale, UK (sameroeper)
  • Jakes Gerwel, buitengewone hoogleraar: Nelson Mandela leerstoel in Lettere en Wysbegeerte, UK en UWK
  • Christa van Louw, koördineerder: Iilwimi Sentrum vir Veeltaligheid en Taalprofessies, UWK
  • Chris Brunette, bestuurder: spesiale aanbiedings, M-Web Ateljees

    BERAADSPAN

  • Etienne van Heerden (sameroeper)
  • Willem de Vries (koördinering en publisiteit)
  • Ettie Williams (taalversorging)
  • Izak de Vries (programmeur)

    PRYSE

    Twee pryse van R1 000 elk sal deur die Taalsekretariaat aan die insiggewendste reaksies op die referate toegeken word. Die beoordeling sal behartig word deur André van der Walt en Christa van Louw.

    boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.