Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Feeste /
Festivals
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Stap vir stap na ’n beter Afrika

Chris Heymans

Die besluit van Afrika-leiers by verlede maand se beraad van die Organisasie van Afrika Eenheid (OAE) om opnuut te probeer om Afrika uit ekonomiese stagnasie and politieke verval te trek, kom geen oomblik te vroeg nie.

Dit is egter moeilik om die OAE-hoof, Salim Ahmed Salim, se optimisme te deel dat die stigting van die Afrika Unie “een van die grootste prestasies van hierdie vasteland” is. Daar is veel meer as ’n politieke eenheidstruktuur nodig hier. Die eenheidsideologie moet plek maak vir praktiese pragmatisme, waar oplossings stapsgewys gesoek word met ’n fokus op spesifieke kwessies, eerder as om op kosmiese vlak alles met een groot veeg te doen.

Dat daar ’n dringende behoefte aan aksie is, is gewis. Die armoede, gebrek aan ekonomiese ontwikkeling, en politieke konflik in Afrika staan in sterk kontras met ander dele van die węreld. Selfs Oos-Europa, met ’n oormaat probleme wat uit hul post-Kommunistiese transformasie, etniese konflikte en politieke onstabiliteit voortspruit, lyk relatief goed in vergelyking met Afrika. Oor die afgelope paar jaar het buitelandse beleggers en bystandorganisasies ten minste ’n belangstelling in Oos-Europese lande getoon — in teenstelling met die deurlopend dalende belangstelling in Afrika.

Selfs sonder vergelykings met ander dele van die węreld lyk die prentjie in Afrika erg mistroostig. Sowat 340 miljoen mense — ongeveer 46 persent van die bevolking — leef in armoede met ’n daaglikse inkomste van minder as $1 per dag. Soveel as 140 uit elke 1 000 kinders sterf voor hulle vyf jaar oud is, en die algehele lewensverwagting is 54 jaar. Slegs 58 persent van die bevolking het toegang tot veilige water, en meer as 40 persent van mense bo die ouderdom van 15 is nie in staat om te lees en skryf nie. Daar is 18 telefone vir elke 1 000 mense — in vergelyking met 567 in ontwikkelde lande.

Met president Mbeki as een van die leiers aan die spits van hierdie jongste pogings soek Afrika-leiers nou nuwe antwoorde. Die besluit om ’n nuwe pan-Afrika-liggaam — die Afrika Unie — te stig, staan in die teken van hierdie pogings. Dit is egter nie verrassend dat baie mense maar erg skepties is oor wat hierdie inisiatiewe kan bereik nie. Harde werk — met ’n goeie titsel van realisme — is nodig om die diepliggende probleme effektief aan te spreek. Afgesien daarvan dat politieke eenheid uit eie reg nie maklik haalbaar is nie, is daar ook meer kritieke behoeftes, met ’n groter impak op mense se daaglike lewens en op die aantreklikheid wat die vasteland vir beleggers wil ontwikkel.

Daarom is die gepaardgaande ekonomiese program — ’n samevoeging van die MAP- en Omega-programme — straks veel meer in lyn met wat Afrika op hierdie stadium nodig het. Deur harde ekonomiese werk kan die grondslag dalk gelę word om die vasteland uit die verknorsing te help; daarsonder sal die politieke drome maar vaag bly.

Trouens, die Europese Unie het self so ’n funksionele eenwordingsgeskiedenis. Dit is maar oor die afgelope dekade of so dat politieke eenheid groter prominensie in Europa begin kry het. In die vyftigerjare is die Europese Staal- en Steenkool-Organisasie gestig om baie spesifieke aspekte van handel onderling tussen Europese lande, en tussen hulle en lande buite die kontinent, te stroomlyn. Soortgelyke inisiatiewe het in ander sektore plaasgevind, met gemengde sukses. Een van die grootse deurbrake was straks die stigting van die Europese Ekonomiese Gemeenskap in 1957, wat ’n struktuur vir wye funksionele samewerking daargestel het. Oor tyd het hierdie inisiatiewe opgebou tot die meer omvattende eenheidspogings, met duideliker politieke agendas, wat Europese eenheid in onlangse tye raak.

Funksionele samewerking gee politieke en ander leiers konkrete rede om samewerking te soek. Groot visies mag dalk die konteks verskaf, maar hulle beteken slegs iets as hulle met harde funksionele boustene in plek gekry word. Boonop is die gesag van die staat in baie Afrika-lande uit eie reg te bevraagteken: baie regerings het skaars die gesag om enige invloed op hul burgers uit te oefen. Om dus oor politieke eenheid oor landsgrense heen te droom, lyk ver verwyderd van die werklikhede van die vasteland.

Daarom is die Afrika Unie waarskynlik die minder kritieke inisiatief op hierdie tydstip. Van veel groter belang is die MAP-en Omega-logika om samewerking oor ’n verskeidenheid terreine te bewerkstellig — waar praktiese funksionele kwessies die agenda bepaal. Derhalwe beklemtoon die ekonomiese plan, waarin president Mbeki so ’n groot rol speel, die wisselwerking van oorhoofse politieke en ekonomiese voorvereistes vir ontwikkeling met gefokusde sektorale prioriteite. Hierdie prioriteite gaan oor die ontwikkeling van menslike hulpbronne, infrastruktuur, diversifisering van produksie en uitvoere, en die funksionering van markte. Daar word ook gekyk na kapitaal-invloei en die effektiewe benutting en bewaring van natuurlike hulpbronne.

Voordat grootse politieke drome moontlik word, moet spesifieke kwessies aangespreek word:

  • Binne individuele lande is daar die respek vir demokratiese proses en beginsel, vir die gesag van die reg, vir die reg van opposisie en die pers, vir eiendomsreg — en vele soortgelyke vraagstukke wat nog haper.
  • Aan die ekonomiese front moet produksie en handelsbeleidskwessies aandag kry, asook die rolle van verskillende spelers: regerings, privaat beleggers, boere, vakbonde, en dies meer.
  • Die verskillende streeksorganisasies werk ook nie te goed nie. SADC, byvoorbeeld, word gekenmerk deur politieke spanning, Suid-Afrika se ekonomiese oormag, en kwesbare administrasie. Dieselfde storie kenmerk streeksorganisasies in ander dele van die vasteland. As hierdie organisasies nie hul probleme kan oplos nie, watter kans het Afrika as ’n geheel?

    Daar is talryke uitdagings op ’n praktiese vlak wat met vrug aangespreek kan word om konkrete samewerking te bewerkstellig. Mens hoef maar net te dink aan hoe moeilik dit is om tussen dele van Afrika te vlieg: mens moet die een konneksie na die ander maak. Spoorverbindinge is nog swakker; baie hawens funksioneer skaars. Dit is in hierdie sektore waar die tekortkominge so duidelik is, en waar verbeterings gesamentlik aangepak kan word. Met ’n praktiese grondslag kan die diplomatieke en politieke bande dan verstewig word. Dit is goed om ’n visie te hę, maar in Afrika se geval is ’n demonstrasie van praktiese bestuur nodig. Daar moet stap vir stap, pragmaties aan die visie gebou word.

    Die onmiddellike doelwit behoort nie integrasie van Afrika te wees nie, maar moet op praktiese en spesifieke probleemoplossings gemik wees. Sodanige intervensies sal die werklike probleme van gewone Afrikane aanspreek, en op daardie wyse ’n grondslag lę vir die wyere strategiese alliansies wat oor tyd kan ontwikkel. Die uitdagings is te werklik en konkreet: leiers moet nie weer in ideologiese veralgemenings verstrengel raak nie.

    boontoe / to the top


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.