PoësieNet - rondom poësie; nuwe gedigteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.
LW Hiemstra Trust



aardwese

Michael Whiteside

die aarde ruik, die aarde
is ryk met diep dennehoutreuk
die deurdringende waterryk
dennewoude, die sparwoude
donkergroen, in grys omnewelde
onophoudende bomeryk
bergop bergaf blougroen
bas en blaar
in mis beklee

hier is jy klein
op ’n heel ander manier
hier sit ’n heelal se reën vasgevang
in lug tussen water en wolk
en die oerwoudgees
die bedompige benoude
woudgees van die noorde
het heerskappy in duistere
herhaling van mos en moeras

die oerwoudvloer
lê broeiend, bedek
met varingtapyte
dennenaalde
lê laag op laag
op grond en rots
versag, gedemp
deur gevalle boomgeslagte
’n fluweeldeken toegetrek
oor ’n oer-oue geheim

bergjubel en stroomgenot
klowe in die aardwese
opswellings uit die oerdiepte
krake en uitbarstings, ’n prag
geskape uit verwoesting, uit
die titaniese brandende kern
gewetenlose skepper
meedoënlose vernietiger
verstandloos, beeldskoon
mensminagtend, volkome onbewuste
wese van die wêreld voor ons

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.