PoësieNet - rondom poësie; nuwe gedigteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.
LW Hiemstra Trust



die hoer en die filosoof

Michael Whiteside

ek groet dikwels die dag met gister se wollerige stem maar die dag wys my ’n nool die dag sê fok jou jou hoer ruk jou reg en ek gaan werk en die werk sê word flink ons skuld jou nie ’n lewe nie ons gun jou dit jy behoort ons te bedank of jy kan sommer bedank jy is nie onvervangbaar nie daar is driehonderd ander wat jou sypaadjie in jou plek sal loop en met baie meer graagte en minder van ’n kak houding jou lewe is nie ons probleem nie ons gee jou goeie terme jy kry goeie geld en meer as genoeg tyd af jy het ’n dental plan en honderd dollar elke drie jaar vir ’n bril die probleem met julle mense is ons kan nie op julle staatmaak nie julle gebruik selfs die maatskappy se tyd om ander werk te soek julle het g’n lojaliteit nie skud jou reg en moenie kla oor dié wat meer het nie want hulle het dit verdien jy is ons hoer terwyl ons jou salaris betaal as jy nie meer ons hoer wil wees nie kan jy jou lessenaar sommer leegmaak en jou stront wegneem in ’n kartondoos so daar sit ek en ek vroetel met papiere en ek staar na die rekenaarskerm en wonder oor die elektromagnetiese golwe wat daaruit straal en my brein agt uur per dag binnedring en my oë teister en die stoel wat my rug opfoeter en die drake om my met die ledelose oë wat nie deur hulle rekenaarskerms opgefoeter kan word nie want drake se oë is nie so kwesbaar soos mense s’n nie en die elektromagnetiese strale kan nie deur hulle metaalvel dring om hulle breine by te kom nie en ek sit hier en ek sit hier en ek wonder oor breine en velle en harte en vra myself wat het met my hart gebeur ek was eens op ’n tyd ’n hoer met ’n heart of gold maar nou is die metaal van my hart vir ewig verander die goud het alchemie ondergaan die goud is nou lood my hart is die loodfilosoof se klip my hart is ’n klein koue verskriklike ding soos ’n spinnekop vasgevang in ’n vrieskas dit was heel waarskynlik die elektromagnetiese golwe wat my hart vermoor het maar dit word nie deur workers compensation vergoed nie jy’s op jou eie maat op jou eie so sê die skerm vir my

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.