PoësieNet - rondom poësie; nuwe gedigteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.
LW Hiemstra Trust



Op pad

Deel I

Kabous Verwoerd

Ek loop stadig deur die see van gesigte.
Party ken ek omdat hulle my goedgesind was,
ander omdat hulle my met onreg omsingel het
en nog ander, miskien net omdat dit my reg is.
Vir sommiges is ek ’n vrugbare akker vriendskap.
Geil en pregnant van welwillendheid.
Aanhoudend en aards.
Vir ander is ek ’n pynfontein.
Slangagtig in my sissende spuug.
’n Arrogante doodsengel met my emosies en sarkasme.
Stemme druis soos wind oor die plein.
’n Stuk vleis met monde.
Die mens in sy kollektiewe vorm.
Die original woede van ’n crowd.
Skuiling en vervulling van intense aspirasies
van angs en woede en wraak.
Veiligheid in die kamoeflering van die groep.
Ek stap rustig verder.
Al teken van die waansin
is die histeriese hande
wat krampagtig aan my pante gryp
en my heen en weer ruk.
Niks keer my meer nie.
Ek het volwassenheid bereik.
Ontogenese voltooi.
Ek is planmatig en kil.
Oplettend soos ’n toring.
Eensklaps is daar spasie.
Voor my is ’n ry geel waens met waterkanonne.
Dan my huis.
Die veiligheidshek kreun as hy oopswaai.
Sagte musiek ry die kosreuk bloots.
Dan kry ons mekaar.
Botsende monde
en honger tonge.
Hare en klere wat in die pad is.
’n Kamer en ’n bed.
Vingers wat beswete blokhuise bestorm.
Asems wat meng en dof word.
Eenheid.
So naby as wat twee mense kan.
Die oggend kry ons,
tussen klam gefrommelde lakens,
met jou borste wat dobber
op lekkende golwe van asem.
Ons klere lê gesprei soos die landskap.
En dit is goed.
Die skare het lankal disperse.
Soos gister se somers gedwee ons gelos
en soos tyd verdof.
Al wat oorbly is die waterkanonne
en plat sigaretstompies
wat verlëe in die stof ronddraai.

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.