PoësieNet - rondom poësie; nuwe gedigteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
LW Hiemstra Trust



my naam is maria, en myne … meraai

Ida van Dyk

’n gesprek miskien - twee vroue - twee verhale
van gelyktydig leef buite en binne 
grense van 'n selfgekonstrueerde realiteit
dalk is dit net narratiewe kommentaar
oor die waarheid wat mense kots
 
van meraai wat soggens vroeg
die mooiste oester agter die
see se laaggety gaan haal
skulp versigtig oopbreek
sout en vlees koester byt en breek
stom sug en weet
“my god dis wat jim eet
as hy einde van die maand
in voorspel uit die portable suip
salaristjek in sy gatsak aan my vreet 
dis wat maak dat hy kan vergeet” 
van janice en john wat sonder woorde praat
vlinders hel en hemel in my losmaak
net een maal wil ek saam hulle
oesters in die skuim gaan eet
leef se grense anders weef
van man en kinders en visfabriek vergeet
liefde maak soos ek dink dit moet
anders as die stuk vlees wat gebiedend
na droë gate in my lyf soek

van die see se skuim 
wat in ’n bruidsluier om meraai vou
as sy weer en weer bruilof hou
van ’n siel met voete en vlerke
wat weet waarom die meeue kan dans
van baie sê nou maar liefdes se onthou
as nag se donker die son wegstoot
word paadjies om haar mondhoeke
lyne van te veel weet
knip sy ’n ruiker van rose in agterjaart
rangskik ’n droom tussen elke knop
die houttafel wat jim gemaak het
word ’n altaar vir sit en bid
met gaste wat net sy van weet
die blikbeker word 'n nagmaalkelk
waaruit sy dors sluk oor wat is was en kan wees
wyn en brood word ’n teer ritueel van proe en breek 
jissus hoe kan ek so van myself vergeet
my gees weet hoe om grensloos te bemin
maar hoe kies mens dan ’n maat
wat weet hoe jou hart
in vreemde tale kan praat
hoe kry jy iemand
wat saam jou op stofpaaie kan stap
sonder om dit te besoedel met teer

my naam is maria
ek voel bietjie crazy meraai
die mense skinder en praat
profete sê my kind is deur ’n gees gemaak
die wyse manne het ongenooid ’n ster uit die hemel gepluk
goud wierook en mirre het my in barensnood laat verstik
nie een fokken kombers nie
josef en my kind sou saam my versmoor 
in die retoriek van waarheid se selfsug
gewoon vrou is ek in die drama ingeskryf
mensloos regteloos behoefteloos
in manlike paradigma verhef tot heilige dragtige ooi
om ’n lam vir onvermoë skuld en verlossing te baar
my lam my kind is die mense dan blind
ek jy en josef is deur ’n legende verslind
ek leef en kwyn in kerke en kloosters meraai
oor die mense glo ek het my kind
in die vreemde identiteit van ’n jesus afgelaai
jissus meraai hoe kom mens uit die ding uit
hulle brand vir my kerse meraai
probeer my siel in gebed en beeld giet
hulle lieg meraai oor gee en neem
my kind se hande bloei
en ons leef skisofrenies in mense-siele voort
moedeloos by die gekonstrueerde hemelpoort

my naam is maria, meraai
ek sweef saam jou in die branders se breek
breek skulpe saam jou oop
kom lag en treur saam my meraai
gee vir my ’n oester meraai
dat ons kan eet - ’n sout-heildronk drink
die stories van leef en lief hê
in ander waarhede en rituele vervorm
in nuwe nagmaalbekers skink


LitNet: 30 Augustus 2005

terug    /     boontoe


NOT FOUND