PoësieNet - rondom poësie; nuwe gedigteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.
LW Hiemstra Trust



G Streep

Filter

Ek het onlangs besef dat ek ’n roker is
Snaaks hoe dit is
’n Mens onthou altyd net die eerste trek van ’n sigaret en dit gewoonweg
    [teen die tyd dat jy dit dooddruk
My eerste trek van ’n sigaret was een aand skelm op die dak van my ouerhuis
My ma het uitgekom en gevra wat ek daar bo maak
Ek het gesê ek bid
Teen die tyd dat ek tien ’n dag gerook het ’n jaar later
Het my ma gedink ek gaan ’n dominee word

Maar dis hoe dit is met rook
Aan die begin maak dit jou voel meer as net jouself
Jy voel jy’t iets ontdek wat jou meer uitrond
Soos ’n nuwe paar skoene of een van daai lang snye op Pacino se wang
Dis ideaal
Die perfekte manier om elke oomblik te kroon
As jy opstaan — rook
As jy koffie drink — rook
Selfs as jy ’n bad vat — jy rook
Of dalk is dit net iets om met jou hande te maak as oomblikke van stilte kom

Die eerste keer dat my oë stik aan rook flits daar drie dinge deur my kop
A: Ek het nog nooit sneeu hier rond gesien nie, wat nog mense geklee in
    [pienk, blou en geel
B: Daar is geen oerwoud in my agterplaas nie, met een of ander Afrika-stam wat wag vir my
    [met oop arms sodat ek ’n Totempaal vir hulle kan plant
en C: Die groot oop pad strek vir my so ver soos my naaste kafee.
Ek wonder of suurlemoen regtig die geel van ’n mens se vingers afhaal

Vir my is die waarheid dit:
Elke sigaret kort my net soveel soos wat ek hulle kort
Ek gee vir elke sigaret ’n tipe doel
’n teiken om voor te mik
my lippe die begin
en my longe die moederland

en vir my bied dit hoop
’n gewoonte waarna ek uitsien
getroue geselskap so lank ek dit nog kan bekostig
of dalk net iets
iets om met my hande te maak as oomblikke van stilte kom

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.