PoësieNet - rondom poësie; nuwe gedigteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.
LW Hiemstra Trust



Armageddon!

Zuretha Roos

Eendag op ’n klam namiddag rol die melkwit wolke aan en elke trotse stadsprofiel is skielik weerloos klein:
kyk hoe styg die magtige kruine en hoe krul hul om
oor eie blou geswolle buik!
Hoor hoe dreun hul dreigend!

Dié wolke kom om skoon te maak
en lug te reinig van besoedeling, om strate
te laat stroom met suiwer water;
die aarde weer na groei en wasdom te laat ruik.

Hoe maal en styg die skuimkopwolke:
kyk hoe vou hul vorentoe in perfekte simmetrie ...

Te laat, ag gods, te laat helaas, kom die besef:
dis golwe!
Dis reusegolwe van ’n ongekende springgety!
Só kom dit dan:
’n waterdood vir Armageddon!

Êrens het ’n land gesink,
êrens het ’n pool gesmelt ...
Kalifornië het verdwyn en Kaapstad is verlore!
Engeland bestaan nie meer; Holland is net see.
Die Skeurvallei het oopgekloof tot bo in Afrika!

Die Derde Beskawing op Aarde/Terra word weggevee: dis tyd.

Sy Vierde Beskawing bult reeds iewers uit die sout vrugwaters op
en word apokalipties gebore.
Êrens uit die moddermaling van die nuwe seë
verrys ’n donker homp: ’n vreemde brak Atlantis.

God gaan weer ’n speelding skep,
maar laat Hom eers droom, Sy nuwe aarde nuut ontwerp.

Laat waters siltig afstroom langs die nuwe berge na ’n nuwe oseaan
deur stil millennia.

Terwyl die ou beskawings kompos word,
sal God geduldig wag
en op Sy tyd
die nuwe stringe DNA bedraad soos krale
om hierdie aarde nogeens maagdelik te bevolk
ná tyd, tye en ’n halwe tyd.

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.