PoësieNet - rondom poësie; nuwe gedigteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.
LW Hiemstra Trust



Zuretha Roos

Emigrasieplanne

Doer ver in die heelal is daar ’n skitterende son
met in perfekte wentelbaan om hom, ’n waterryke klein planeet,
bebos en met bevaarbaar diep riviere;
ses seë van die mooiste blou; boonop
is hierdie paradys natuurlik vry
van enige besoedeling of skeet.

Die proefplaas daar berig dat alles welig groei:
vrugte, groente, mielies, noem maar op -
en alles sonder aardse pes!

Verfrissend wissel die seisoene elke jaar:

Lente: groen pastel, met ougat diertjies wat in elke gaatjie paar
en helderbonte voëltjies wat daglank soet duette sing, en snags
suis reëns tropies neer maar wyk weer in die nánagure.
Somer is swoel en sag met winde wat soos minnaarshande streel.
Herfs word gans baldadig rooi en geel
soos in die Boland en Vermont.
Winter kom met reinwit sneeu:
dan drink almal sangria om kaggelvure.

Mense daar word horingoud, is almal wys en kalm;
beoefen slegs antieke uitruilhandel.
Ooms brou witblits, berook lamsboude, spek en silwersalm.
Laggende rooiwangtantes vul die herfs se goue ure
deur somerson se oordaad
goud en rooi en amber in bottels vas te vang.

Ek skryf aan die minister oor my emigrasieplanne
en ses weke later
tussen swart stempels oor die sinne
skryf hy: sy departement is reeds bewus
van my défaitisme, pessimisme, andersdenkendheid:
dit baar onrus by hom.

’n Ander faksie wat die skinderstorie hoor, skry skel
dat nóg iemand ons land durf wil verlaat:
dis verdere verraad
teen die erwe van ons vaad’re
wat vir ons kinders erf moes bly.

Heroorweeg tog, vra die ministerie, en vermaan:
taximanne is bygelowig, sal nooit sover wil ry, en dan
beslis nie verder as die maan.
En met die prys van vliegtuigbrandstof nou so hemelhoog
is die lugdiens nie geneë om te help.

My planeet tol dus nog voëlvry en
ek soek ’n lift.

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.