PoësieNet - rondom poësie; nuwe gedigteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.
LW Hiemstra Trust



Kliniese riglyne vir die hantering van stukkende pluimvee

(oftewel Humpty Dumpty Take 2)

Anna-Marie Radloff

ek het my vlerke verlê
wanneer weet ek nie
toe ek my oë uitvee
het my kop die grond getref
stukkend uitmekaar gespat
oraloor gemors
gelukkig is ek taai
en dit het my laat klou
net betyds om te
“dial 911”

van nou af is ek ’n draadsitter
en wag in hoop soos die eiermannetjie
elke week net na vyf
op die koningstroepe

om te red

hulle leer my selfbemagtiging
elke dag vee ek
vee ek met ’n besem
my stukkies hardgebakte dop

bymekaar

en doen window-shopping
op soek na die regte tipe kitsgom
wat harte weer kan vasplak
(volgens SABS-standaarde)

om te hou

hulle weet net nie
dis eintlik hulle hande (hulle hande)
en hulle oë (hulle oë)
wat my selle laat repliseer tot

heel

ek wonder net so saggies
by myself hier in die aande:
as ek klaar gevee het,
as hulle hande en oë klaar geheel het,
volg (my) koningstroepe die jaarprogram
van take opgelê soos bepaal deur job descriptions
en ek bly (heel)

agter

’n gelapte eier
onuitbroeibaar
wat darem kan getuig:
ek het ridders teëgekom
vir een keer in my lewe
dit was fabelagtig

ten minste kan ek weer droom
(en so ’n bietjie huil)

’n halwe eier is beter as ’n leë dop

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.