PoësieNet - rondom poësie; nuwe gedigteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.
LW Hiemstra Trust



Carl Mischke

10

IV (fiat nox)

Fluister dorre winde,
rigtingwysend: wes,
of later: wes-suid-wes,
waar dit helder word,
blinkskitterend en gewetenloos
- skreiend soos vyfuurlig.
Skaars voelbaar nou: val en vervou,
omhelsing, vervreemding
van diens, van reg en plig
kontraktueel te goeder trou.

Dowwe winde van verwydering:
vroeër was dit anders, eenvoudiger.
Maar oor opwaaisels van weleer
prewel slegs die stom oorgeblewenes,
verlos van ketters, die afstootlikes
en die verskrikking van andersdenkendes
(en vrees geen god maar ’n agteraf heul,
’n toe-deur komitee, woestyngerug:
klein hemeltjie heiliges
wat rasend skel en spot
en bestem met waterlose waan
- dissipline, die grief
die mededingingsverbod).

Gaan waar die westewinde aanwaai
deur die verdroogde velde
van jou verstandigheid,
jou reingebleikte gewete
en ewig-korrekte waardigheid.
Laat dit nag word: diep en duister en dor.
Want ten spyte van al jou kosbaarhede
(intellektuele goed)
trap ek ’n fluisterspoor, ’n windherinnering
dwars oor jou leeggewaaide woordevloed.

En as die verkeer stil raak,
as jou nag-gedagtes skommel en spoel,
sal ek kom spook in jou verbeelding
en skryf en teken teen jou muur
- voel my verbygaan.
En vier, met dagbreek,
wat jy deurstaan het:
jou oorwinning, jou sukses
die losprys van jou verlossing, verlies.

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.