PoësieNet - rondom poësie; nuwe gedigteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.
LW Hiemstra Trust



Carl Mischke

8

II (audi alteram partem)

    “If you can’t talk about it, point to it.”
    - Laurie Anderson

Wie sal hoor as ek roep?

Onversetlik swyg steeds die stilte;
ook die herders, die opperhoof hooggeleer,
steeks, sonder woord of wysheid en vergeet
gerieflikheidshalwe die toepaslikheid
van die reëls van natuurlike geregtigheid.

Wie sal antwoord as ek vra?

In hierdie kilometerlange gange
verdoesel hoek en kant verwronge;
ook akoestiek bereken om in weerkaatsing
te verdraai, bedek of skeef te trek.
Onweerlegbaar vervuil vermoede,
onuitwisbaar welig en bestand
teen towerspreuk of regslatyn.

Wie sal luister as ek fluister?

Hoe selektief die helhorendheid
en voorbedag die dowe oor:
die skynbedrog van billikheid.
Hoe aanpasbaar is jul geloof.
Wat julle leer, doseer en profeteer
vind geen toepassing in praktyk:
oorbenut en afgeslyt die ritueel
(streng volgens prosedure
netjies amptelik en institusioneel).

Maar bros en breekbaar die fondament
van julle regverdiging; onuitvoerbaar
en onprakties. Geveins is julle belydenis
en gebrekkig soos julle beginsels, julle regsteorie -
die geprewelde skynheiligheid van julle leunliturgie.

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.