PoësieNet - rondom poësie; nuwe gedigteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.
LW Hiemstra Trust



met volmaan

Elza Lorenz

in die bloedsomloop kruis en dwars
dwarsdeur die lyf se kruis    geen keer
aan bloederige kotsgemors waar hy sit

prosa stamel ekstra fyn besnaard oor haar teks
wat hy    pyn in sy kop verniel sy yl
kripties soos gewoonlik geantwoord
dit wat net hy weet nie onthou wat geweet nie
maer knoppe pyn in die knieë en    woede
donker in die agterhoede
blom so gretig uit angs

alles wat struikel en wag
               wag op ontmoeting
— vuil sokkies wat van omo terugdeins —
wat ook skoon sal.
metrum van pols in die binneoor
uit sink uit    druis en wissel te gou
dam op wat móét wegvloei vroeër of later
dalk nou
keer: want here ek is nie reg nie.
nie nou nie.
nie.

vingers pluk vies vuil hoendervere
uit die teks al bly konteks se salwing buite bereik
môre miskien.
môre, sien jou môre    miskien
as vere wat terugdwarrel nes spoke
verknog raak aan mekaar se hoender

hoekom alleen?
kat dood, oerteks van ma dood.
niemand.
vat my gou my god    voor
    als in een leegte skoon in
pyn se hooglied sing hoog
en soet: ag, van bly by my die lied
as ons naby brandsinkplaat ons vinke uithaal
in stilte tussen riet, my ma.

waarmee sal die jongeling
sy pad suiwer bloot ontbloot
toe die hand nog kon skryf
snuif in die tong van koninginne
al agter musiek soos wierook ...
voor die verstand voet in die wind

ek tjank in afrikaans, taal van foltering
en goue akkerblare. ma se seun
liefling, moenie so aanhoudend inkarneer nie

bloed sirkuleer en syfer deur soos water
watse vyeboom nou weer?
gestolde spore oor riemtelegramme
dofswaar as toorngerammel bedaar
as hy weer kom moet ek gaan met leë

o liefde, jou skootwoorde vergaan
onder my bewende hand
die swart teks
by die vensterraam
waai na buite

die volmaan tel my op
uit die gloeiende nag witter as.
skryf my af cara nome
skryf op die register
in ink wat moet vloei
al vryer bloei

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.