PoësieNet - rondom poësie; nuwe gedigteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.
LW Hiemstra Trust



Con Passione

Lindie Botha

Ek wil jou in die Karoo optel vêr van die naaste ultra city
Met 'n bottelgroen ou kar gekoop
Van 'n insolvente boedel soos Germiston klein word
Wat draadloos speel Valiant se Boomtown Hotel of so iets dit gaan
Warm wees soos in o-n-g-e-m-a-k-l-i-k warm met die
Sonskim wat strip-shows doen op die horison
Ek sien jou duimgooi met gemanikuurde hande
Kitaar op jou rug soos 'n camel advertensie uit die
Jare tagtig toe afgronde nog waarskuwingloos
Gekom het jy sal lang hare hê kompulsief blond vir effek
My hande vatterig geploeg in grond waar niks juis groei nie
Tuinmaak was nooit juis my veld nie
Jy sal jou rugsak met een beweging ingooi
Niemand sal hierdie keer hulle pose verloor met oogkontak nie
Jou knowingful look 'n bietjie lewensmoeg dog slaggereed
Sal Afrikaans wees met 'n perfekte aksent vir fluister ja
Met cokeblikkies en trashy novels wat padgee van jou sitplek
Ons sal aanvanklik min praat net ry as jy wil kan jy naels doen
En 'n kilo biltong en bottel whiskey optel in Woest-Alleen se
Kontantwinkel waar bruin kindertjies deur ogiesdraad kyk
Hoe gras groei met stof wat handeklap en hoenders in alle rigtings jy sal
My nooit vra waar ek was nie twee dae later in dieselfde klere
Nie om 'n punt te maak nie maar oor jy
Werklik nie 'n hel omgee nie ek sal jou nooit
Van jou kop af dryf nie ons sal op walms
Hardloop ek en jy as die petrol
Opraak




LitNet: 23 Februarie 2005

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.