PoësieNet - rondom poësie; nuwe gedigteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.
LW Hiemstra Trust



Die issue van die ding wat sy doodgemaak het

Marlize Hobbs

Op die mat in
my voorhuis, die gogga
teen die muur

Sy vertel my:
(sy praat te veel
wanneer sy gerook is)

Die hele issue is, sê sy:
Dis daai ding wat ek doodgemaak het
Praat met my, sê ek

Ons lê en styg teen die dak
op, hoe meer mens rook
hoe minder blokkies bou jy

Blokkies vol betekenisse
om woorde in te sit ...
so begin sy

“Ek het onopspoorbaar geword
moet my nie meer soek nie
daar is geen vorm agter die skadu’s
wat die kers so gooi-gooi nie

ek het verword tot ’n ding:

die hotnotsgot in my kombuis
ek het die Doom gevat:
Die you motherfucker Die!

toe wou ek hom/haar/dieding
weggooi. so geslagloos
so dood in gebed daar
in my kombuis

gaan hotnotsgotte hemel toe?”

Die dak bewe, ek hoop so
as daar een is
laat die hotnotsgotte ook gaan

“Moenie my soek nie
ek trap so lig deesdae
ek sweef, ek leef toevallig
moenie die spore volg nie

as ek diep genoeg
asemgehaal het
sou my longe gebars het
en ek sou ...

vou my in jou arms
sodat ek vlerke
kan kry”

Ons sweef
in mekaar se holtes
net bo die vingerpunte
in daardie lugleegte

wat maak-nie-saak-hoe-wie-ook-al
uitstrek nie

waar niemand ons kan kry nie

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.