PoësieNet - rondom poësie; nuwe gedigteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.
LW Hiemstra Trust



Bome soos spioene

Marlize Hobbs

soms lees ek Bome soos Sprokies
of spioene op die vlaktes van Ganyesa
spesifiek Kameeldoringbome -
stokmannetjies wanneer die son
(’n oopgebreekte boerpampoen)
doer ver na Madinonyane se kant hang

en die ou stokmannetjies
skelm reik na die maan en nader nader
beweeg aan ons huise

hulle dink ek sien dit nie
maar ek weet wat hulle doen

hulle lees ons gewoontes:
ons opstaan en gaan slaap

dan luister ek Chopin en lę
oneindig stil in my bed,
maar ek ken nie die geheime
van die kodetaal in musieknote nie
dit bewe net in my buik

ek luister net soos met Bome
en Sprokies ...
maar, hemel nee! Sprokies!
dink aan Rooikappie, of liewers moenie
... arme kind, hoe kon haar ma haar die woud
instuur? so alleen. stupid very stupid

ek twyfel — agterdogtig: daar is die Bome
en die Sprokies en die kodetale
van krulletjies en bolletjies en dotjies
in musieknote: maar dit is beter so

dan weet mens mos dat jy nie weet nie

soos of Chopin en Bome en Sprokies
enigiets met mekaar te make het (?)

ek weet net van die broken-branch-
of-the-family-tree

maar ek twyfel of Rooikappie
so daaraan gedink het

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.