PoësieNet - rondom poësie; nuwe gedigteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.
LW Hiemstra Trust



Seedrome

Marlize Hobbs

Deesdae droom ek verskriklik baie
van die see: soos beelde uit ’n Dali-skildery.
Tidal Waves.
Baie water, groot see.

Toe ons nog op skool was: ou Nantes de Bruin,
Afrikaanse klas. Daar is posters teen
die muur van moet-boeke om te lees
en die president en die rooi gevaar
en die swart gevaar. Ou Nantes wat sê:

Skryf ’n opstel: Dit was toe net ’n droom ...

Gisteraand droom ek weer
van ’n plek by die see. Anders as ander
kere. Daar is iemand by my.
Ek dink dalk is sy my geliefde?

Maar ek weet nie, want ek soen
’n girl agter die counter van ’n kafee
waar ek ’n koerant koop:
my tong swem in haar mond
en sy sê: mens kan dit aan jou sien ...

Die ding van seks en die see.

Ek trek haar weer nader,
soos die gety wat intrek en uitspoeg. Ek soek
die sagtheid wat verstyf onder my
vingers: ek lag en loop weg.

Dit was nie die een wat ek gedink
het my moontlik kon liefhê nie.
Ons lê op die gras, ek verbeel my
dat sy my tog liefhet. Ons lê
in die groenste weivelde.
Ek rook dagga tot die seesiek
weggaan.

Sy praat met my. Haar stem
trek in my in tot my longe bars
van bly. Die lug is soos kinders
dit maak: blou blou lug
en wolke soos bubble bath.

En ek weet die lug ruik na see
soos waatlemoene en pasgesnyde
gras en Calvin Klein se nr.1
en my botteltjie Unisex.

Ek ruik dit soos ek droom,
soos ek omdraai in my slaap:
’n skip wat kantel.

Die meisie wat ek soen, sê:
wees versigtig. Ek hou
ook ’n boyfriend aan, iewers.
En in elk geval, mens moet
nooit te veel in ’n soen lees nie

maar dit was lekker, dankie.
Ons maak weer so.

Ek en die een wat ek hoop my eendag
gaan liefhê soos die see. Ons ry,
wragtag dit was ’n weird droom, ons ry
fiets. ’n Tandem, maar ek trap alleen.

Al langs ’n gladde mosselrots langs.

Dis glad en ek gly, en ek word bang.

In die Afrikaanse Klas, Ou Nantes wat
met saalperde geboer het. Ek skryf
vir hom oor nagmerries, ek skryf
verskriklike goed uit die onderkop
en ek sug: Sjoe! Gelukkig
was dit net ’n droom ...

Maar ons ry fiets. Ek is seker ons gaan
vergaan. Ons gaan val in die onstuimige
waters, maar die stroom gaan my alleen
laat verdrink. Want ek gaan my geliefde
red. Dan sal sy my liefhê. Soos hero’s
in drome en movies.

So word mens liefgehê. Net so.
Soos ’n hero. Maar toe val ons nie
af nie. Ek wou nog verdrink
in haar oë. Ek wou nog so
baie.

Ons kom by ’n plek
met braaivleisvure en familie.
Ek sê vir my ma: Hoe kon julle
vir my so ’n ou kak fiets gegee
het om op te ry? Ons was amper
Dood.

Sy sê: Jy is fokken ondankbaar.
Ek gooi die fiets in die vuur.
Dit word krom en skeef gebrand.
Die wiele suis soos die reuk
van sigaretstompies in die ashtray
onder my bed  ...

Dan sê my ma: Ja, die fiets
lyk maar bra oud en afgeleef.
Weet self nie hoe jy dit tot hier
gemaak het nie.

Ek kyk om, ek kyk rond, my oë
soek ... my geliefde
Ek hoor my ma praat

net van een, nie van ons nie.

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.