PoësieNet - rondom poësie; nuwe gedigteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.
LW Hiemstra Trust



Henk Havenga

vlugskrif

(op die laaste bladsy van ’n goedkoop
sagtebandboek uit die lughawewinkel
grif ek tussen paragrawe en halwe reëls
my groewe hart los. die liggie uit die dak
sny deur die donker geblikte lug en vorm
die swart inkvloeisels van die pen.)


stuwend het die 737 om 6:15 skierlik
gebars deur die grys gordyn wat gauteng
oornag oorrompel het: binne-in ’n skitterwit
eindelose kammasee met ’n briesende son
wat in ’n stralekrans deur die oostevenster brand.

oos-londen was wonderbaarlik windstil en blou.

teen laatmiddag stoei ons teen die onvermydelike
ooskaapwind terug na die vliegtuig. die kaptein
vertel met ’n boerbek in ingels van donderstorms
oor johannesburg ─ ons sal moet sirkel. meteens
is ons omring deur yswit en swartblou torings
waarin oerkragte flikker. die vliegtuig kantel
en ons word ’n dun wit pyl van geribde metaal
wat deur donkerdik malende lug sirkel en skud
met die klink van ’n los glas of bottels in ’n kas.
ons breek weer los en draai verby ’n atoombomwolk,
dan terug in die flikkerende kolk,
die enigste realiteit die armleuning
en die druk van ’n hansa in my blaas.
  die wêreld is ons woning nie  eindeloos
later val ons uit die wolke in ’n meer
van liggies en met ’n laaste sak van die vlerk
stamp ons op jo’burg international neer.

die lyf is ’n broos tuig
wat die lewe net-net hou.

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.