PoësieNet - rondom poësie; nuwe gedigteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.
LW Hiemstra Trust



Loftus Marais vra: Grobler se werk haar eie?

Erns Grundling

LitNet het gister ‘n bydrae van Loftus Marais, ‘n Nuwe Stemme 3-digter, ontvang waarin hy ooreenkomste uitwys tussen ‘n gedig in die Eugčne Marais-pryswenner Melanie Grobler se bundel Die Waterbreker (2003) en ‘n gedig in die bundel Skin Diver (1999) deur die Kanadese digter Anne Michaels.

Op die oog af lyk dit asof Grobler se gedig “stad” byna ‘n direkte vertaling is van Michaels se “There Is No City That Does Not Dream”. Hoewel Grobler by ‘n ander gedig in haar bundel (“die belydenis” op bl 90) onderaan noem “geskryf by die lees van czeslaw milosz”, en ook elders bronne aandui, is daar geen verwysing na Michaels se gedig onderaan “stad” nie.

 

Loftus Marais se bydrae

Loftus MaraisAs iemand wat al sy hand aan ’n paar gedigte gewaag het, al ’n paar gepubliseer gekry het, en dus veg vir sy klein stukkie grond in die snel-krimpende Afrikaanse vaderland van vers, probeer ek op die hoogte van verwikkelinge in die poësie bly. Inderdaad, deesdae verskyn daar meer opinies en teorie oor nuwe Afrikaanse poësie (of die tekort daaraan) as nuwe bundels. Ek is ook deeglik bewus dat ek hiermee ook daaraan skuldig is. Maar ek moet iets van my hart af kry.

Melanie Grobler se bundel Die Waterbreker is hoog aangeslaan, en net soos ander wat belang stel, het ek dit met ywer gelees. Daar word so min bundels deur Die Groot Uitgewers gepubliseer dat die verskyning van een onder hulle vaandel dadelik ’n belofte van kwaliteit en oorspronklikheid is. Of so dink mens.

Op bladsy 13 van Grobler se bundel het ek die volgende gelees:

Geskandeerde weergawe van Melanie Grobler se "stad":

Dit het my herinner aan die Kanadese digter Anne Michaels se werk, en in haar 1999-bundel, Skin Divers, het ek die volgende gevind:

Geskandeerde weergawe van Anne Michaels se "There Is No City That Does Not Dream":

Wat anders kan mens dink as die ergste? Nęrens naby Grobler se gedig (by wyse van spreke) staan daar “’n vertaling van”, “geďnspireer deur” of “geskryf by die lees van” Michaels nie. Sy bied dit as haar eie werk aan. Só ’n ontdekking maak die hele bundel verdag.

Vir iemand wat glo in die integriteit van die skrywer en (dalk naďef) in die verhewe posisie van die digter, is so iets taamlik ontnugterend en teleurstellend. Die Waterbreker is bekroon met die Eugčne Marais-prys. Vir ’n jong digter is dit veel eerder ’n hartbreker of moedbreker. Die digter is gekanoniseer in Groot Verseboek. Sy word gepubliseer terwyl baie ander oorspronklike stemme afgekeur word.

Indien poësie-lesers tevrede moet wees met ’n handjievol bundels elke jaar, laat hulle darem seker wees dis die digters se eie werk.

Melanie Grobler se reaksie:

Ná LitNet die bydrae van Loftus Marais ontvang het, het ek vir Melanie Grobler genader.

Grobler sę sy ken glad nie die gedig van Michaels nie en kan nie onthou of sy dit al ooit gelees het nie. Na ek die ooreenkomste aan haar uitgewys het, het sy soos volg reageer:

“Ek lees verskriklik baie en hoewel mens ook baie absorbeer, sou ek dit nie doelbewus gedoen het nie. Ek was vreeslik gesteld daarop (bronne) en het verskeie kere deur die bundel gewerk. Dit was nie doelbewus nie en moes ingesluip het. As die boek herdruk word sal ek beslis aandag gee daaraan.”

Grobler is tans besig met ‘n groot projek wat die vertaling van verskeie bundels van Breyten Breytenbach in Engels behels.



LitNet: 2 Augustus 2005

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.