PoësieNet - rondom poësie; nuwe gedigteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.
LW Hiemstra Trust



Junkie-blues

Knock-knock-knockin' on heaven's door

Johann de Lange

1

Één dosis het hom áfgetrek
al dieper na binne waar uur
en eeu versmelt, waar hy en ek
vervaag tot muurpapier.

2

die laaste tyd voel hy aangetrokke
tot ambulanse & mediclinic-bordjies
hulle spreek tot sy siel
soos sirenes

die laaste tyd droom hy
van ampules & pille weggesluit
in klinieke fabrieke laboratoriums
& in swart dokterstasse

die laaste tyd is sy begeerte 'n toerniket
hy meet sy dae af
in milligramme
hy het 'n pynlike fetish ontwikkel
vir mediese parafernalia
soos naalde, glas-&-chroomspuite
vir woorde soos binneaars, wond
praktisyn onkoloog dosis morfien

die laaste tyd volg hy die roetes
van hospitaalbordjies
daardie padpredikante
na die ewigheid & ambulanse
die boodskappers
van die noodlot

die laaste tyd is rooi
sy gunstelingkleur
laatnag steek hy 'n bedrewe
naald in sy honger are
& staar na die bloed
& dit verlos hom (tydelik)

die laaste tyd droom hy
van euforiese dosisse
vergetelheid ingespuit
deur agterstraatdokters
& daar is geen plek
waar hy meer graag wil wees nie
hy word wakker honger
na nog meer drome

die laaste tyd raak al hoe meer
sy laaste tyd




LitNet: 01 Julie 2004

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.