PoësieNet - rondom poësie; nuwe gedigteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.
LW Hiemstra Trust



Op ’n dag sal jou skrander kop


vir Christof

Johann de Lange

Op ’n dag sal jou skrander kop
opdaag in ’n koelkas
met die benige gedeelte
van jou nek deurgesny
deur die liggaam van die vierde nek-
werwel; jou regter-
arm sal verwyder wees
deur ’n insnyding
van die vel & sagte weefsel
insluitende spier, sening,
senuwee & bloedvate.
Disseksie van jou brein
in dun snitte sal die tipiese
verspreiding van grys-
& witstof sowel as
die boomvormige struktuur
van die breinkors vertoon.
Hierdie dinge is waar. Hulle is tasbaar.
Die lykskouer sal bevind
dat jou breinholtes nie vergroot
is nie, dat jou harsings, pons,
verlengde rugmurg & klein-
harsings ‘onnoemenswaardig’ is;
maar hy het jou nie geken nie
indertyd. Hy mag stellig beweer
dat die sagte weefsel
om jou lugpyp eweneens on-
noemenswaardig is; so ook die binneste
belyning van jou hart.
Dis in orde. Hy is nooit
deur jou bemin nie.
Hy sal tot die gevolgtrekking kom
dat jou aorta, boonste vena cava
sowel as jou longbloedvate
onnoemenswaardig is. Hy kan slegs
beskryf wat sigbaar is.
Hy sal nooit weet nie.


terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.