PoësieNet - rondom poësie; nuwe gedigteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.
LW Hiemstra Trust



Fragmente uit ’n Europese verblyf

uit die ongevormde van N.P. van Wyk Louw

Johann de Lange

I

Laat ons maar beken dat ons gefaal het,
te kort geskiet het: nie kon reik
het aan die groot woorde
wat ons eenmaal gesê het nie.


II

Ek het ’n bietjie te ‘rojaal in my hemp’
voor vriende gestaan,
& húlle: grinnikend & grynsend
meen dis fyn om in voor-
& slaapkamer in te kom & kyk.


III

Ys verteken die landskap
van jou reis: selfs die Y
was brokke ys & ys-
bergies oral; elke lappie water,
elke grag & greppel
tussen weiveld & landery
hard gevries; groen ys
op vore met bronkors
toegegroei: of die water
skielik (op ’n oomblik) bot-
stil gaan staan het. Ook:
die kabbeltjies & draai-
kolkies & skuim is ys.


IV (Uit die welgevormde)

dat sy die meisie was
wat naker wordende
omdraai, jou ’n oogvol

gee; haar borste kon (sê
sy) volgens jou knap in twee
sjampanjeglase pas:

het jy nie dáár bewys
dat uit die reeds volmaakte
steeds kuns te hale was?


V

Donkerogig skik sy haar op die divan,
’n sfinks in die kamer van spieëls.
Die interessante tulband & klein
sagte geborduurde slippers
verdoesel meer as wat dit onthul.

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.