PoësieNet - rondom poësie; nuwe gedigteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.
LW Hiemstra Trust



Zandra Bezuidenhout

Gedagtig aan Praag

Op die brug van Karel
een lente in Praag
sing blindes in duet
met akkordeons en
dowwe oë
liedere van ’n boheemse vrou
met armbande en snoere
granate geset in goud

hoe wynrooi die aandgloed bo Praag
gewaterde tafsy van Mei
sprei oor die stad
waar stemme vertel van ’n dame
met die hals van ’n swaan
en juwele wat flikker
in lig wat vlak en wonderlik in oë
van gewondes en verliefdes lê
want geheue stoot in die skemer
oor die keerwal van ’n immerstromende rivier

en gewone mense loop gewoon oor ’n brug
gooi weggeekrone blindelings langs
singende voete wat trap-trap-trap
uit die harte met die starende oë
en dink aan die ritme die vloed
die gang van die son
in verdrietige liedere wat roer soos bome op ’n aand
by laatlig aan die water
langs rye beelde
geknoop aan die lint van die pers Moldau
en onthou van vergane vroue
glansend, dansend,
of poetsers van spieëls en parket

luister:
in die voorhowe speel honderd viole
mazurkas en tzardas
gedagtig aan die koepels van Praag.

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.