NeerlandiNet - Neerlandistiek in Suid-AfrikaArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die Nederlandse Taalunie

Henk van Woerden laat kongresdeelnemers regop sit

Andries Visagie


Universiteit van Natal, Durban

In Julie 2001 is die besonder suksesvolle kongres van die Suider-Afrikaanse Vereniging vir Neerlandistiek (SAVN) in Dikhololo bygewoon deur ongeveer eenhonderd akademici vanuit Suid-Afrika en die Lae Lande. Die deelnemers het ook ’n goeie aantal skrywers en digters ingesluit, waaronder Zandra Bezuidenhout, Gerrit Komrij, Renťe Marais, Bernard Odendaal, Fanie Olivier, H.C. ten Berge en Henk van Woerden.

Dit was veral die Nederlanders Henk van Woerden en Gerrit Komrij wat die kongresgangers laat regop sit het met hulle weloorwoŽ en soms uitdagende toesprake. Albei skrywers het stewige verbintenisse met Suid-Afrika. Komrij het hier te lande veral bekendheid verwerf vir sy bloemlesing van die Afrikaanse poŽsie, Die Afrikaanse poŽsie in ’n duisend en enkele gedigte (1999), wat baie goed in die Lae Lande verkoop het en baie daartoe bygedra het dat die Afrikaanse digkuns aan ’n wyer Nederlandse leserspubliek bekendgestel is. Henk van Woerden het ’n deel van sy jeug in Kaapstad deurgebring en het bekendheid verwerf vir sy boeke oor Suid-Afrika: Moenie kyk nie (1993), Tikoes (1996) en Een mond vol glas (1998). Laasgenoemde boek, ’n verslag oor die lewe van Demitrios Tsafendas, is deur Antjie Krog in Afrikaans vertaal onder die titel Domein van glas. Hierdie boek is ook in Engels vertaal deur Dan Jacobson, en dit is danksy hierdie vertaling dat Van Woerden onlangs benoem is vir die “Alan Paton Award” vir nie-fiksie.

Van Woerden se literatuur oor Suid-Afrika word deur akademici en studente verwelkom as ’n unieke en relevante toevoeging tot die versameling Nederlandse tekste wat kommentaar lewer oor die Suid-Afrikaanse samelewing. As ’n migrant tussen Suid-Afrika en Nederland bied Van Woerden verder belangrike perspektiewe op die gesplete identiteit van die landverhuiser. WÍreldwyd is daar ’n stygende belangstelling in migranteliteratuur, ’n genre wat sterk groei met die toename in migrasie vanuit die armer lande van die wÍreld na die welvarende Weste. Dit is dan ook oor hierdie aspek van sy lewe en sy werk waaroor Van Woerden tydens die kongres met groot insig kommentaar gelewer het in sy toespraak met die titel “Het zalige Niemandsland: perifere weemoed en mythomanie bij de literaire beroepsballing”.

Met verwysing na Een mond vol glas. het Van Woerden ’n parallel aangetoon tussen die Afrikaners, wat in ’n soort ballingskap in Afrika verkeer, en die lewe van Tsafendas as ’n individuele migrant. Van Woerden beweer dat die stamgevoel van die Afrikaners opgebou is uit dieselfde sentimente wat Tsafendas gekoester het: ontheemding, heimwee na ’n tuiste, ’n sug na erkenning en ’n gevoel dat hulle van hulle oorsprong afgesny is. Tsafendas se gevoel van ontheemding het gelei tot sy aanslag op Hendrik Verwoerd, terwyl die ontheemding onder die Afrikaners ten minste gedeeltelik verantwoordelik was vir die kollektiewe misleiding van apartheid, aldus Van Woerden.

In ’n besonder gebalanseerde besinning oor die posisie van die migranteskrywer het Van Woerden duidelik laat blyk dat hy bedenkinge het oor sommige praktyke van die sogenaamde beroepsballing wat hom/haar tuis voel in verskillende kulture en wat sy of haar verskillende kulturele identiteite met sukses kan uitdra en selfs daarmee kan pronk. Beroepsballinge neem burgerskap aan in ’n “salige niemandsland” waarin hulle na hartelus oor hulle herkoms kan lieg en fantaseer sonder om oor die vingers getik te word. Dikwels maak hulle gebruik van obskurantistiese stylmiddele wat doelbewus mistifiseer. Van Woerden spreek hom uit teen diť neiging om te verhul eerder as om te onthul: die migranteskrywer moet juis weerstand bied teen mitevorming, veral waar dit die kultuur van sy of haar herkoms betref. Hy pleit met ander woorde vir groter nugterheid en integriteit by die migranteskrywer wanneer die kultuur van herkoms in oŽnskou geneem word.

In sy toespraak, wat om die beurt in Nederlands en Afrikaans gelewer is, het Van Woerden aan die hoofsaaklik Suid-Afrikaanse gehoor ’n perspektief gegee op die posisie van die migranteskrywer in Nederland. Die afgelope paar jaar was daar ’n opmerklike toename in belangstelling in die werk van migranteskrywers wat in Nederlands skryf. Volgens Van Woerden moet hierdie skrywers saam met die derduisende ander immigrante in Nederland egter hulle weg vind binne ’n samelewing waarin vreemdelingehaat gekamoefleer word deur die uitgebreide netwerk van sosiale bystandsverlening deur die staat. In Nederland word daar dikwels verwys na migranteskrywers as skrywers “tussen twee kulture”, waarmee die aandag gevestig word op die afwykende van die “ander” kulture. En om begryplike redes wil migranteskrywers juis niť beskou word as eksoties nie, maar gewoon as skrywers met ’n eie stem.

Van Woerden merk egter op dat Nederland, net soos die res van Europa, onderhewig is aan ’n metamorfose wat betref die bevolkingsamestelling. Steeds groeiende getalle immigrante stroom Europa binne. Volgens Van Woerden het Holland Kaaps (en meer volwasse) geword oor die afgelope paar jaar: net soos Suid-Afrika is Nederland nou ’n multikulturele samelewing. Die Batavosentriese selfbeeld in Nederland word agterhaal namate groter getalle immigrante hulle daar vestig. Nederland word sodoende kleurryker en mondiger.

Na hierdie polemiese toespraak het nog twee ander referate gevolg waarin Van Woerden se werk in oŽnskou geneem is. Professor H.P. van Coller van die Universiteit van die Vrystaat het ’n kritiese beskouing gegee van Antjie Krog se vertaling van Een mond vol glas. Hy het ’n groot aantal vertaalfoute uitgewys wat in sommige gevalle die oorspronklike betekenis van die boek ernstig verdraai. Die vraag ontstaan waarom die uitgewer van die Afrikaanse vertaling nagelaat het om Krog se vertaling noukeurig te laat kontroleer. In die lig van die toenemende belangstelling in die vertaal van Nederlandse tekste in Afrikaans is Van Coller se referaat ’n nodige teregwysing dat strenger gehaltebeheer deur Afrikaanse uitgewers toegepas behoort te word.

In my eie referaat met die titel “’Ik de kameleon’: Hibriditeit in Henk van Woerden se trilogie oor Suid-Afrika” het ek voorgestel dat hibriditeit as ’n waardevolle invalshoek tot ’n beskouing van Van Woerden se werk gebruik kan word. Sy boeke is hibridies in vorm omdat hulle dikwels verskillende genres vermeng, maar ook die tematiese aspekte van Van Woerden werk word toegespits op die lotgevalle van persone met ’n gemengde kulturele identiteit. Dikwels gaan hierdie hibridiese identiteit gepaard met geestesversteurdheid, soos by Tsafendas. Die “kameleontiese mens”, dit wil sÍ die individu wat daarin slaag om suksesvol van die een kultuur na die ander te pendel, kan egter ’n manier vind om op ’n gebalanseerde manier met ’n veelvoudige identiteit om te gaan.

’n Aansienlike getal studente in Suid-Afrika is op die oomblik besig met magisterverhandelings oor Van Woerden en na die SAVN-kongres waarin sy werk soveel aandag ontvang het, kan ’n mens verwag dat diť lewendige belangstelling in die afsienbare toekoms sal voortduur. Daar is reeds gerugte dat hy beplan om ’n biografie oor Ingrid Jonker te skryf en ’n mens kan net die hoop uitspreek dat daar in die toekoms nůg Afrikaanse vertalings van sy boeke sal verskyn.

Lees gerus ook die volgende twee bydraes op NeerlandiNet:

  • Gerrit Komrij: De Afrikaanse literatuur verruimde mijn horizon
    (die referaat wat Komrij tydens die Vierde Internasionale Neerlandistiekkongres op Dikhololo gelewer het); en
  • Salman Rushdie en die vraag: Watse ding is ’n Nederlander?
    (waarin die literÍre status van migranteskrywers in Nederland ter sprake kom)

    terug    /     boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.