NeerlandiNet - Neerlandistiek in Suid-AfrikaArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die Nederlandse Taalunie

Die gekerm van die kritiekkakkers

Gawie Keyser

Amsterdam

Meneer Saladin Chamchawala, akteur en stemvervormer van formaat, is die argetipiese landsverhuiser: voortdurend huiwerend tussen hede en verlede, tussen hier en daar, tussen twee werklikhede waarvan hy uiteindelik ewe vervreemd blyk te wees. Sy beroep is ’n metafoor vir sy verkleurmannetjiesbestaan. In radio- en televisieprogramme aap hy mense met sy stem na. Sů hoef hy nooit homself te wees nie. Pas wanneer sy metamorfose plaasvind — hy verander in ’n duiwel — begin Saladin Chamcha die psige van die landsverhuiser te deurgrond.

Wel, geen beter outeur om oor die tema Schrijven tussen twee culturen te skryf nie as Salman Rushdie, skepper van die onvergeetlike Saladin-personasie in The Satanic Verses.

Rushdie was in Maart vanjaar die eregas by die jaarlikse Nederlandse Boekeweek. Kompleet met die efemeer-mooi model Padma Lakshmi aan sy arm ...

Onnederlandser as diť supersjiek literÍre optrede is nouliks moontlik. Gewoonlik is dit maar ’n vervelige, stowwerige besigheid in die skrywerswÍreld hier. Maar nie vanjaar nie! Die beroemde Britse skrywer is gevra om die Boekenweekgeschenk te skryf, getiteld “Woede”.

Die gort was gaar! Rushdie! ’n Engelsman! ’n Buitelander! Ons het tog ons eie buitelanders om oor buitelanderskap te skryf!

Dis kernkwessies, dis harde uitroeptekens. Waarom, inderdaad, moes juis Rushdie die outeur wees wat die kollig kry wanneer dit gaan om die Nederlandse “allochtonenliteratuur”? Is die Nederlandse allochtone-skrywers dan nie goed genoeg nie?

Die polemiek is behoorlik uitgeveg in die literÍre bylae. Daar is egter ’n breŽr kader wat nie in die diskussies uitgekom het nie: wat is die karakter van die “Nederlandse literatuur” in hierdie tye van globalisering, die groeiende invloed van Amerikaanse kultuur en multikulturaliteit in Wes-Europa?

Die einde van die konsep van ’n nasiestaat in Europa sal in die toekoms daartoe lei dat klein lande soos Nederland met vrae oor die wese van hul kulturele identiteit gekonfronteer word. Watse ding is ’n Nederlander? Vir die bewoners van die “moerasdelta”, soos Nederland by geleentheid genoem is, is dŪt onteenseglik die vraag van die toekoms.

Maar tot nog toe is daar min tekens dat sulke kwessies in diskussies van die literÍre establishment aan die orde kom. Die laaste jare word Nederlandse romans gekenmerk deur ’n neiging tot kwaai introspeksie. Die gevoelslewe van personasies is belangriker as die sosiale realiteit waarin hulle beweeg.

Voorbeelde is daar genoeg, maar die fenomenale sukses van Arnon Grunberg spreek boekdele. Grunberg, outeur van romans soos Blauwe Maandagen en die bekroonde Fantoompijn, is die huidige ster van die literÍre wÍreld. Maar sy boeke is vol lugtige, Woody Allen-agtige anekdotes en karakters. Goed geskryf, maar op die een of ander manier tog oppervlakkig en vryblywend.

Voeg hierby die doring in die vlees van menige Nederlandse outeur — die gebrek aan “engagement” by groot sosiale en politieke kwessies van ons tyd — en die verveeldheid by skrywers word nog erger. Grunberg het nog die “geluk” dat hy in New York woon en werk.

Vermoedelik was die gebrek aan prikkeling — aan “groot” eg-Nederlandse temas — die rede waarom drie romanskrywers — Ronald Giphart, Manon Uphoff en Rosita Steenbeek — onlangs na Srebrenica in die voormalige Joego-SlawiŽ gereis het.

Diť stad vorm ’n litteken op die Nederlandse kollektiewe bewussyn. Sowat ses jaar gelede het Serwiese soldate daar duisende Moslem-mans en -seuns om die lewe gebring. Srebrenica was ’n sogenaamde veilige hawe en het onder beskerming van Nederlandse Verenigde Nasies-troepe gestaan.

Dit was ’n vreemde besoek. Tydens die oorlog het sommige skrywers in die pers vir meer betrokkenheid van Nederlandse skrywers gepleit. Tevergeefs. Die een roman na die ander het verskyn waarin die outeur introspektief die laaste druppel eksistensiŽle angs uit sy pen pers.

Hierby sou jy versigtig die kanttekening wou plaas dat dit heeltemal nie nodig is vir outeurs om “betrokke” te wees by groot internasionale vraagstukke nie. Immers, Nederland ken genoeg brandende kwessies wat aansluit by globale problematiek — by name die multikulturele gedaanteverwisseling wat die land ondergaan.

Ironies genoeg het Nederlandse skrywers van buitelandse afkoms in die laaste jare juis ’n dramatiese groeisprong gemaak. Veral een uitgewer — Vassallucci — het hierin ’n hoofrol gespeel deur aktief op soek te gaan na sulke skrywers en hulle kontrakte aan te bied. Een van Vassallucci se skrywers, die Marokkaan Said El Haji, het ook van hom laat hoor in verband met die debat om die boekeweek en die allochtone.

Haji, wat op sesjarige leeftyd na Nederland gebring is (volgens hom “onder hewige protes”), trek in sy rubriek in De Volkskrant kwaai te velde teen wat hy noem “kritiekkakkers”. (Woordverklaring: besonder beeldende woordespel van Haji, verwysend na die Nederlandse criticaster wat “onbevoegde resensent” beteken.) Volgens Haji is die gekerm van die “kritiekkakkers” oor die allochtone en die boekeweek niks meer as lug nie.

Haji het ’n ernstiger kwaal in die debat gemerk. Hy skryf:

    Nee, huilen ze (die “kritiekkakkers” — GK), ongeduldig allochtone schrijvers zijn exotische snoepjes, geen kunstenaars, leveren vooralsnog geen bijdrage aan de Nederlandse literaire canon, want hun werk wordt om commerciŽle redenen uitgegeven i.p.v. om de literaire kwaliteit ... De redenering is dat er zo gretig wordt ingespeeld op de vraag naar het vreemde van een politiek correct lezerspubliek.

Hiermee plaas Haji, deels onbedoeld, sy vinger op die seer plek. Dat uitgewers en lesers allochtone skrywers as exotische lekkernye sien, is ’n feit. En dit kan nie ontken word nie dat Rushdie se verskyning op die Boekeweek die gevolg was van ’n puur kommersiŽle beslissing aan die kant van die organiserende CPNB (Stichting Collectieve Propaganda van het Nederlandse Boek). Aan die ander kant: Rushdie is een van die grootste skrywers van ons tyd. En sy magistrale The Satanic Verses pas tematies volmaak by die tema van Schrijven tussen twee culturen.

In die lig van diť probleemstelling sou dit veel interessanter gewees het as die CPNB ’n leliewit Nederlandstalige outeur — afkomstig uit liefs die platteland — gevra het om die boekeweekgeskenk te skryf. Wellig het ons dan ’n insig gekry in die steeds groterwordende sosiaal-kulturele gaping tussen wit en swart in Nederland.

Elders het die kwaad al wortel geskiet. Die onlangse betogersgeweld in die Engelse stad Bradford was ’n voorproef van hoe skrikbarend ongemerk segregasie in die “ontwikkelde” Europa gegroei het. En nog steeds groei. Is dŪt die toekoms van die multikulturele samelewing?

Vervreemding op vele fronte is wellig die wagwoord vir die toekoms. Dit raak al moeiliker vir Nederlanders om Nederland as “land van herkoms” te tipeer, omdat die land steeds wegsak in die moeras van globalisering, Europese eenwording en transatlantiese kulturele imperialisme. Feit is dat Nederlanders net soveel “vreemdelinge” genoem kan word as die allochtone — juis in die nuwe wÍreld wat nou in die nuwe tyd ontstaan waarin hul klein land ingrypende transformasie ondergaan.

’n Bekentenis van diť vreemdelingskap aan die kant van die wit boorlinge van die moerasdelta in die Lae Lande kan vrugbaar wees, veral in literÍre opsig. Anders wag ’n leeftyd van skisofrenie op hulle — soos vir meneer Saladin Chamcha wat pas na vele swerftogte en pynlike geestelike en liggaamlike metamorfoses terugkeer na sy geboorteland waar hy besef dat jy slegs waarlik “tuis” kan wees as jy jou lyf behoorlik vreemdeling hou.

terug    /     boontoe


NOT FOUND