NeerlandiNet - Neerlandistiek in Suid-AfrikaArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die Nederlandse Taalunie

Vanuit de keuken

Anna Enquist

Voor L.

Mijn zilverharige vriendin en ik
zijn als twee grote appelbomen
steviger en heerlijker dan ooit in bloei,
voor de bongerd gerooid wordt.

Wanneer wij elkaar spreken, bijvoorbeeld
over het best-bewaarde damesgeheim
aller tijden, of over hoe wij ons
voegen naar de wet van de wereld,

almaar, en waarom, zegt zij mij:
wij zijn bang voor onze eigen kracht.
En inderdaad, met vreugdevolle
en opbolderende angst zeil ik daarna

de trap af: welke onderneming zal ik
nu eens gaan oprichten, welke harde
waarheid beschrijven; en ga ik, immers
in vlam, die oorlog eens voeren?


Na goed overleg heeft de jury besloten om de vertaling van Ida Grabe (alias “Groenvyeboom”), als beste van de in totaal 17 ingezonden vertalingen uit te roepen.

Van harte gefeliciteerd!!


Uit die kombuis

Ida Grabe

Vir L.

Ek en my silwerkopvriendin
staan soos twee groot appelbome
stewiger en heerliker as ooit in die blom
voordat die boomsloper kom.

Wanneer ons met mekaar praat, gestel maar
oor die bes bewaarde vrouegeheim
van alle tye, of oor hoe ons
na die wêreld se pype dans,

aanhoudend, en waarom, vra sy my:
ons is bang vir ons eie krag.
En wrintiewaar, daarna seil ek
met uitbundige en toenemende angs

die trap af: watter saak sal ek nou
gaan bevorder, watter veeleisende
waarheid gaan beskryf; en gaan ek my tog één keer
brandend inwerp in die stryd?


Charl-Pierre Naudé:

Die vertalers se probeerslae was almal moedig, en ek weet nie of ek self enigsins beter sou gevaar het nie. Die gehalte van hierdie vertalings wissel veel minder as vroeër, maar die punt bly staan: vir my was nie een werklik voldoende nie. Tog sou die kollektiewe sterktes, as hulle bymekaar gevoeg word, ‘n dêm goeie poging kon verteenwoordig.

Groenvyeboom se vertaling is idiomaties (“voordat die boomsloper kom”; “na die wêreld se pype dans”; “brandend inwerp in die stryd”); dis metries (sien laaste en eerste strofe), en dei belangrikste: dit ontplooi die betekenis van die gedig die beste sonder om te veel na die einde te verloor; en dit het ‘n mooi einde.

Die meeste van die vertalings moes ‘n mens meermale lees om die spil van die gedig te snap (reëls 8-11): hier is dit belangrik dat die leser in reëls 6 en 7 reeds die idee kry dat die vrouens krities is; sodoende vergroot dit reël 10 - die belangrikste reël - se impak. Groenvyeboom slaag hierin.

Die vertaler behou albei betekenisse van “immers in vlam” (Enquist), met die frase “brandend inwerp”: dws “met passie”, asook “besig om te vergaan”.


Henning J Pieterse:

Groenvyeboom is lekker los en “local”, maar na genoeg aan die oorspronklike.

Robert Dorsman:

Het is opvallend hoe de vertalers ‘gerooid’ hebben vertaald. Zoiets
typisch Nederlands: ‘voor de bongerd gerooid wordt’ Van ‘boomsloper’ tot ‘voor die boord met rooi deurtrek word (erg fout).
[...]
Ik hou niet zo van “boomsloper”, dat vind ik toch erg ver van “gerooid”, maar vooruit, poëtisch best mooi.


Op de tweede plaats is geëindigd Antonia Frederiksen (“Putticks”):


Uit die kombuis

Antonia Frederiksen

Vir L.

My silwerharige vriendin en ek
is soos twee groot appelbome
stewiger en heerliker as ooit in bloei,
voor die boord uitgespit word.

Wanneer ons met mekaar praat, byvoorbeeld
oor die bes-bewaarde damesgeheim
van alle tye, of oor hoe ons ons
aanpas by die wet van die wêreld,

heeltyd, en hoekom, sê sy vir my:
ons is bang vir ons eie krag.
En inderdaad, met vreugdevolle
en bollende angs seil ek daarna

met die trap af: watter onderneming sal ek
nou ‘n slag gaan oprig, watter harde
waarheid beskryf; en gaan ek, immers
vuur en vlam, daardie oorlog ‘n slag voer?


Op de derde plaats is geëindigd de vertaling van Bruno (“Franciscus Antonius”):


Vanuit die kombuis

Bruno

Vir L.

My silwerharige vriendin en ek
is soos twee groot appelbome
stewiger en heerliker as ooit in bloei,
voor die boomgaard word uitgeroei.

Wanneer ons met mekaar praat, byvoorbeeld
oor die bes bewaarde damesgeheim
van alle tye, of oor hoe ons
gehoor gee aan die wet van die wêreld,

alewig, en waarom, sê sy vir my:
ons is bang vir ons eie krag.
En inderdaad, met vreugdevolle
en opswellende angs seil ek daarna

die trap af: watter onderneming sal ek
nou gaan oprig, watter harde
waarheid beskryf; en gaan ek, vuur
en vlam, dié oorlog ooit voer?


Hartelijk dank aan alle andere deelnemers, voor jullie dappere pogingen!

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.