Uit NALN se Sarkofaag - literêre museumstukkeArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Feeste /
Festivals
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Mummie skryf:

“ ’n Peuterwerker
in (sy) kerker”

Hand met penDeesdae het vulpenne seker nog net kuriositeitswaarde. Uit Jan FE (vir Johannes François Elias) Celliers se sarkofaag kom egter ’n pen met ’n besonderse verlede:

Die verfynde en hoogs opgevoede Celliers, wat in die begin van hierdie eeu ’n geruime tyd lank met sy gesin oorsee gewoon het (onder meer in ’n groot villa, die Maison Perret, by Montreux) kom in 1907 terug na Suid-Afrika. (Hy het hom in 1899 by die Boeremagte aangesluit en een van die bittereinders geword wat nie die wapen wou neerlê nie. Met goue Krugerponde wat hy in die agterplaas van Klein Scheidingstraat 166 begrawe het, kon hy vir hom en sy gesin na die oorlog ’n passaat oorsee koop.)

Toe hy in 1907 terugkom in Suid-Afrika, het hy sy vroeëre pos as staatsbibliotekaris verloor, en is hy agt maande lank werkloos, voordat hy “ ’n possie in die Departement van Binnelandse Sake” kry. Die argief van hierdie departement is sonder vertaler, en Celliers word aangesê om hul vertaalwerk te doen. Hy vertel verder:

“Die ou Brandwag was toe net opgerig. Dr. WMR Malherbe — tans professor in Stellenbosch — het redakteur geword. Dis ek wat die tydskrif sy naam gegee het. Ek was vuur en vlam daarvoor. Dog in plaas van nou met hart en siel daarvoor te kan werk, moes ek sit en vertaal van die môre tot die aand, my aandag wy aan die fynste besonderhede van polisieregulasies, varkenskos, ..., slaghuisregulasies, pluimveevoer, ontmanning van bulle en hoenderhane, en net alles wat vir my onsimpatiek en prosaïes en vies was. Dis in dié tyd dat ek die gediggie Ironie gemaak het; nadat my — by geleentheid van ’n lesing in Bloemfontein gelewer — ’n pen present gegee is deur die vereniging Ons Taal.

“Ek het somtyds gevoel of ek kan beswyk. En die marteling het tien lange jare aangehou.”

Vir hierdie “marteling” is hy £20 (sowat R40) per maand betaal. Die lesing waarvan hy melding maak, is op 13 Junie 1914 in Bloemfontein gelewer onder die opskrif “Kuns”. Celliers was redelik bekend as ’n besielende openbare spreker (en het ook die etiket van “volksdigter” in literatuurgeskiedenisse gekry). Die inhoud van sy boekrakkie in NALN lewer getuienis van sy verfynde leessmaak: Engelse, Duitse, Franse en Nederlandse klassieke werke. Dit was dus rêrig ’n “ironie” dat hy met hierdie pen oor die realiteite van elke dag moes skryf (en onder meer resepte vir varkenskos moes vertaal):

“ ’n Goeie genius gee ’n pen
en sê my: ‘skryf daarmee’.
Maar ek staan bedroef met die pen in my hand
so vol vertroue gegee:
Die pen is net sterk in ’n meester se mag —
wat sou tog die geefster van my verwag?
Ek staan verleë daarmee:

Ek wil die pen in die hemelblou,
in die geur van blomme doop,
    in awendgloed,
    in heldebloed,
    in son en môredou.
Maar ’n kwelgees ruk die pen van my af,
en doop dit diep in swynedraf
en gryns: ‘Dè, skrywe nou!’ ”

Celliers se pen (aanwinsnommer 226/77/81) vorm deel van die Jan Celliers-uitstalling in die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN).

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.