Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Feeste /
Festivals
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Carina Stander: oorvloedigheid van hoop

Onderhoud: Versindaba

Carina Stander (gebore 1976) was vrugteplaaskind in die Waterberg. Sy verwerf ’n honneursgraad in Beeldende Kuns van die Universiteit van Pretoria. Sy werk twee jaar vir beeldhouers in Cambridge en die Skotse Hoogland. Sy neem deel aan uitstallings, skilder op bestelling en is vryskutjoernalis vir tydskrifte. Saam met haar man reis sy soos die wind. Carina wen verskeie prosakompetisies en publiseer in Honderd Dichters, Tydskrif vir letterkunde, op LitNeten in versamelbundels soos Drif, Losvoor en in ’n neutedop. Sy ontvang ’n meestersgraad (met lof) in Kreatiewe Skryfwerk van die Universiteit van Kaapstad. Haar digdebuut, die vloedbos sal weer vlieg, verskyn eersdaags by Tafelberg.

1. Jou debuutbundel verskyn binnekort. Vertel meer daaroor. Wat is die deurlopende tema?

Die woord vloed in die vloedbos sal weer vlieg (die naam van my debuutbundel) herinner aan oorvloedigheid en aan 'n skare: 'n “vloed” van mense. Om te sê dat die vloedbos weer sal vlieg, is 'n profetiese uitdrukking van Hoop, 'n verwagting dat die aarde kan floreer of “vlieg”.

Die sewentig verse is in vier afdelings verdeel. Die “Oesjaar”-afdeling gaan oor my grootwordjare in die Waterberg – die landskap en mense wat my gevorm het. Ek speel tussen werklikheid en bowerklikheid.

Die tweede afdeling, “Karkaskaal”, gaan oor seksuele geweld.Hier erken ek my vrees om die slagting in ons land in die oë te staar én my vrees om nie te staar nie. Die donker geheim word óópgeskryf, sodat die Verlosser-argetipe kan verskyn en inisiasie plaasvind.

Die reisigers in die “Ewenaar”-afdeling is ook geliefdes. Die dinamika van die huwelik is een van vryheid en eenheid. Die natuur is die ruimte vir sensuele ontwaking, kreatiewe vloeiing, eenwording.

In die slotafdeling, “Groeikrag”, vloei die ek-God-verhouding uit in ’n ek-kosmos-verhouding. Wanneer die vloedbosse geseën word, is daar herstel vir Afrika. Die terugkeer na Eden, die staat van onskuld of die Nuwe Aarde, kom in vele verse voor.

2. Jy is 'n nuwe stem in die Afrikaanse poësie. Wat dink jy van die jong stemme oor die algemeen?

Ek weet nie of ons Gert Vlok Nel onder die “jong stemme” kan tel nie (sy debuut was al 'n tydjie terug), maar sy gedig “die dag toe Donkie Viviers” tref my elke keer teen die bors. Die gedig “Engel” in Ilse van Staden se Watervlerk, is ook skokmooi.

Soms lees ek saam met ander jong digters by die Woordfees, Versindaba, Klein Libertas Teater of Rust & Vrede Kunskompleks. Die atmosfeer is aansteeklik. Gedigte kweek digters.

3. Wat inspireer jou om te dig?

My liefde vir stories, kuns, mense, God, musiek, reis en die wildernis.

Die plaas waar ek grootgeword het, is afgeleë. Vanuit die berge het die visarende gekom en die jakkalse, ystervarke, koedoes, klipspringers, luiperds. Wanneer die boorgat opdroog, het ons gesin in die Mokolorivier tussen die waterlelies en riete gebad. Hierdie landskap het my gefassineer, ontroer, woedend gemaak en lief. Die natuur het ook my belewenis van die erotiese gevorm. Ek wou daaroor skryf.

Letterkunde inspireer my soms. As kleuter het ek geluister hoe my ma se matrikulante Afrikaanse en Duitse gedigte voordra. “Bitterbessie dagbreek”, “Raka” en “Aardlief” het my laat huil. Ek onthou 'n platespeler met “Sy kom met die sekelmaan”.

Ek was tien jaar oud toe ons elektrisiteit gekry het – en 'n televisie. Voor daardie tyd is my verbeelding wakker gemaak deur my ma se boeke en my pa se kontreistories. Visuele prikkels was die bekende: in die houtplafon en leiklipvloer van die plaashuis het ek verbeelde diere gesien; daar was gesigte in die vlamme; ek het beeldjies van miershoopklei gemaak. Vandag nog dryf die visuele my om te skryf.

Na skool het ek Beeldende Kuns by Tukkies studeer. Studentevakansies het ons vriende na klein swart gemeenskappies getoer, waar ons soms vir 'n maand saam met oumas op die landerye gewerk en om die vuur gesing het. Baie gedigte in die “Groeikrag”-afdeling het hier ontstaan – verse waarmee ek die hongeres en armes wou troos. Die “Ewenaar”-afdeling is weer geïnspireer deur al die reise saam met Gerrit, my sielsmaat en man.

Die berg was van kleins af my kerk waar ek dae om gesels het met God. Ek het lief geword vir die Drie-in-Een, omdat Hy meer verstaan van vryheid as enige mens of dier.

4. Waaroor kan jy glad nie skryf nie?

Ek skram weg van wanhoop. Hoop is revolusionêr. Dit ontbloot en verken ’n bedekte realiteit van genade, genesing en vervulling te midde van dreigende onheil. Wanneer ek oor die skoonheid van Afrika dig, is dit meermale as reaksie teen brutaliteit en lyding. Skoonheid is ’n aanklag teen wreedheid.

Paul Ricoeur verdedig die fenomeen van Hoop: “The passion for the possible implies no illusion; it knows that all resurrection is from among the dead, that all new creation is in spite of death.”

5. Wat lees jy op die oomblik?

Ek is besig om Clarissa Pinkola Estés,die Spaans-Meksikaanse psigoanalis, se Women who run with wolves 'n tweede keer te lees. Ek lees ook al maande aan Out of Africa van Karen Blixen – wil die lekkerte uitrek. Tussendeur blaai ek gereeld deur vakkundige natuurboeke en spreukwoordeboeke van ander kulture.

6. Wat was jou heel eerste gedig se naam en waaroor het dit gegaan?

Toe ek agt jaar oud was, het my enigste maatjie na 'n ander dorp verhuis. Daardie aand, terwyl ek besig was om te bad, het die eerste versreël my bekruip. Ek het dit dadelik neergeskryf: Die “Leonie-week” was 'n hele bladsy lank. “As ek eendag groot is,” het ek gesê,“gaan ek gedigte skryf.” My ma het geantwoord: “Hierdie is 'n gedig”, en vir my 'n boek gegee waarin ek my versie kon neerskryf. Van toe af het ek in die middae na skool met Opperman se Groot Verseboek en 'n gehawende HAT gesit en lyste gemaak van woorde wat vir my mooi is. Ek het geweet dat ek my lewe aan die skeppende woord wou wy. In 2005 het ek uiteindelik my meestersgraad in Kreatiewe Skryfwerk by die Universiteit van Kaapstad klaargemaak. Die bundel is die vrug hiervan.

7. Een digter wat jy dink regtig ongelooflik skryf?

As skilderdigter skryf Breyten Breytenbach poësie vir die oog. Dit is veral die metamorfiese aard van sy digkuns wat my aanraak: die konsep van vrye vlug; die spontane wording en beweging; die geloof dat alle lewensvorme oor wisselende funksies beskik.

Self vind ek nie aanklank by Breytenbach se ontginning van die makabere, ontbinding en uitskeiding nie, selfs al impliseer dit groei. Die sintuiglikheid van sy liefdesverse – veral in die versamelbundel Lady one – sal ek lewenslank saamdra.

 

Carina Stander is te sien op die Versindaba (8–9 September) in Stellenbosch. Vir die volledige program, besoek die webwerf www.proteaboekhuis.co.za, skakel (021) 8829100, of stuur 'n e-pos na ls.protea@mweb.co.za.


LitNet: 1 Augustus 2006

Wil jy reageer op hierdie onderhoud? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SÍNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.