Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Feeste /
Festivals
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

“Jou struggle is my struggle”

Adriaan Basson

Winnie belongs to this uniqe fraternity of extraordinary women, most of whom will remain forever nameless.
— Uit die voorwoord tot Winnie Mandela: a life

Klik op boekomslag om by kalahari.net te bestel
Bestel nou by kalahari.net!
Winnie Mandela, a Life: A Biography, deur Anné Mariè du Preez Bezdrob. Zebra Press, 2004.
(Hardeband, 320 bladsye, ISBN: 1868726622. R 159,96

Anné Mariè du Preez Bezdrob kon dit nie glo toe Struik-uitgewers haar nader om ’n biografie oor Winnie Madikizela-Mandela te skryf nie. Want byna tien jaar ná Suid-Afrika se eerste demokratiese verkiesing was daar nie één plaaslike skrywer of uitgewer wat ná 1985 daarin geïntereseerd was om die verhaal van een van die land se mees geliefde én gehate vroue te vertel nie.

Toe die kans hom dus voordoen, het Du Preez Bezdrob dit aangegryp. “Die res is geskiedenis.” Winnie Mandela: a life het verlede jaar op ons rakke verskyn en maak reeds opslae plaaslik en internasionaal.

Du Preez Bezdrob is ’n joernalis wat die grootste deel van haar professionele lewe in die buiteland deurgebring het. Nadat sy lank in Namibië as ’n vryskut gewerk het, het sy “heeltemal toevallig” in die politieke joernalistiek beland. Op die vooraand van die Verenigde Nasies (VN) se besoek aan die destydse Suidwes-Afrika het die redakteur van die Windhoek Advertiser haar gevra om dié gebeurtenis te dek. Later het sy self ’n VN-amptenaar in Namibië geword en in 1991 is sy verplaas na die VN-hoofkantoor in New York.

In 1993 is Du Preez Bezdrob vir twee jaar na Bosnië as ’n vredeswerker. Dit is hierdie besoek wat gelei het tot haar eerste boek.

“Ek het amper ’n morele verpligting teenoor Bosnië gehad om ’n boek te skryf … daar is so baie miskonsepsies oor die land. Ek het die materiaal vir die uitgewers gestuur. Hulle het gesê hulle hou daarvan, maar dit was nie toe heeltemal die regte ding nie.” In Spring the Dead Come Closer and Closer (oorspronklike titel) word later vanjaar gepubliseer. “Ek moet die boek nog net die helfte korter maak …”

Du Preez Bezdrob het, anders as die meeste mense, nie voor die tyd ’n opinie oor Winnie Madikizela-Mandela gehad nie.

“Omdat ek so lank uit die land weg was, het ek meestal gefokus op wat in daardie lande aangaan. Ek het terloops gehoor van haar … van wat hier aangaan.”

In Junie 1990 het Nelson en Winnie Mandela New York besoek. “Die hele New York was in rep en roer oor Winnie. Die mense het gesê sy was al die jare ’n absolute ikoon. Baie Suid-Afrikaners het al die jare nooit van haar gehoor nie … hulle moes in die buiteland oor haar lees. Ek was bewus daarvan dat sy ’n politieke aktivis en die stem van die ANC was.”

Du Preez Bezdrob het probeer om so objektief as moontlik oor Winnie navorsing te doen en te skryf.

“In my jare as politieke joernalis kon ek objektief oor die HNP én oor Swapo skryf. Ek glo die joernalis moet objektief na die onderwerp kyk en die leser in staat stel om self ’n besluit te maak. My uitgangspunt met die skryf van die boek was: kom ons kyk wat het ek hier en wat ek met die materiaal gaan maak. Die storie het later self vorm aangeneem.”

“Ek wou skryf oor Winnie Mandela die mens … nie net oor wat sy verkeerd gedoen het nie. Ek wou skryf oor die vrou — dít was my invalshoek.”

She hailed from an imposing line of authentic and indisputable leaders. During a life beset with tradegy and trial, she ceaselessly demonstrated the well-chronicled characteristics of her ancestors, who were fearless and autocratic, with a natural penchant to command, and typified their dauntless courage, stubborn pride and instinctive aptitude for survival against all odds. Winnie Madikizela was to the manner born. (bl 10)

Nadat sy haar opdrag gekry het, was daar ’n “klomp patrone” waarvolgens sy die biografie kon aanpak.

“Ek het eers gedink ek gaan honderde onderhoude voer met mense. Ek het lyste en lyste name gemaak! Toe ek begin het om oor haar te lees, het ek besef uit al hierdie goed is daar twee opinies: óf ontsettende bewondering vir haar, óf mense wat haar absoluut verpes en niks goed in haar kan sien nie. Ek het besluit om nie ’n boek te skryf oor wat ander van haar dink nie, maar om ’n boek oor Winnie Mandela te skryf.”

Du Preez Bezdrob met haar boekDu Preez Bezdrob het grootliks op Winnie Mandela: Mother of a Nation (1985), ’n biografie deur Nancy Harrison, Part of My Soul Went with Him (1985), ’n outobiografie, en Fatima Meer se Higher than Hope (1988) staatgemaak toe Winnie geweier het om met haar te praat.

“Die eerste prys was om met haar te praat. Toe ek nie kon nie, was die tweede prys om haar outobiografie, die ander biografie en die gedeelte oor haar in Fatima Meer se boek te lees. In daardie drie boeke kon ek Winnie Mandela se stem hoor.”

Du Preez Bezdrob het haar hande op alle moontlike inligting oor Winnie gelê en ’n prentjie “aanmekaar gesit met groot sorg”.

“Ek verstaan absoluut dat sy nie ’n onderhoud wou toestaan nie. Winnie probeer nooit om haarself te verdedig nie. Sy praat oor ander goed … maar nie oor haarself nie. Ek het verstaan dat sy nie met my wil praat nie en ek respekteer dit.”

Winnie en die struggle

By Du Preez Bezdrob is daar geen twyfel dat Suid-Afrika nie vandag ’n demokratiese land sou wees sonder Winnie se bydrae nie.

“Haar bydrae tot die struggle was van onskatbare waarde vir die ANC. Toe (Nelson) Mandela en die ander leiers tronk toe gestuur is, het die ANC-leierskap binne ’n kort tydperk van die toneel af verdwyn. In 1970 het buitelandse waarnemers gesê die ANC is dood as die leierskap verwyder is. Hulle het iemand in die vakuum nodig gehad. Winnie Mandela het gesê sy sal nie toelaat dat mense van die struggle en van Mandela vergeet nie.”

Nadat Nelson Mandela lewenslank tronk toe gestuur is, het Winnie “Nkosi Sikelel’ iAfrika” in die hof gesing en aan New Age gesê sy is nie verras oor die uitspraak nie.

“I will continue the fight as I have in all ways done in the past. I shall certainly live under great strain in the coming years, but this type of living has become part and parcel of my life. The greatest honour a people can pay to a man behind bars is to keep the freedom flame burning, to continue the fight.” She honoured her word. From that moment on, she dedicated her life to keeping the cause — and Mandela's name — alive. (bl 110)

“Winnie het die ding aan die gang gehou toe niemand anders wou nie. Sy het gesorg vir die publisiteit van die ANC. Sy was die link tussen die nuwe geslag en die ou garde.”

Winnie en Nelson

Even at that early stage, Winnie would observe ruefully in later years, life with him was really life without him, and he never pretended that she would have any special claim on his time. Theirs was never a frivolous romance, said Winnie, because they never had enough time for one. (bl 60)

Winnie later said she couldn't recall a time when they had a truly normal family life. As Nelson had warned her before they got married, the struggle always came first, but this did not prevent him from being a loving husband and father, even though his wife and children always had to share him with the nation. (bl 83)

“Winnie het erken die struggle het vir hom eerste gekom en dit aanvaar ten koste van haar en die gesin. Sy het haar gewig ingegooi by die proses waarby hy betrokke was. Hoewel sy nie formeel by die ANC betrokke was nie, het sy vir Mandela gesê: ‘Jou struggle is my struggle.’”

Volgens Du Preez Bezdrob beweer baie mense hulle het steeds kontak, maar hou sy nie van spekulasie nie. “Ek het geen inligting daaroor nie.”

Winnie en PTSD

Du Preez Bezdrob skryf oor die uitwerking op mense wat lank aan konflik blootgestel is en noem posttraumatiese stres (PTSD) op die naam. Tog sê sy nêrens Winnie ly hieraan en dat dit die rede is vir haar beweerde betrokkenheid by die geweldsdade van die Mandela United Football Club nie.

“Ek kon nie tot enige gevolgtrekking kom nie. Al wat ek weet, is dat dit onmoontlik is om uit só 'n situasie te kom sonder dat dit enige impak op haar gehad het. Die feit dat sy nog nooit daaroor gepraat het nie, is ’n aanduiding van die geweldige invloed wat dit op haar lewe gehad het.

“By die WVK het mense getuig watter invloed die geweld op hulle gehad het en hoe hul lewens soms uitgerafel het.”

For the next seventeen months, Winnie Mandela would be subjected to extreme emotional, psychological and physical torture. For most of this time, she was held in isolation in an icy cage: four cement walls, a cement floor and a cement ceiling, lit by a single naked light bulb. Her bed was a coir mat on the floor, and three filthy blankets suffused with the stench and stains of urine were her only protection against the biting chill of early winter. (bl 139)

Nelson Mandela, who had been imprisoned in harsh conditions and forced to perform years of hard labour, said he had found his own brief encounter with solitary confinement — three days — “the most forbidding aspect of prison life”. Winnie Mandela had been in solitary confinement for thirteen months. (bl 156)

Du Preez Bezdrob beskou Winnie vandag steeds as 'n welsynswerker.

“Dit is wat sy haar hele lewe nog doen. Sy werk vir die gemeenskap en help mense met probleme. As jy nou na haar toe gaan met ’n probleem, sal sy onmiddellik kyk wat sy daaraan kan doen.”

Volgens haar is Winnie se baie geldelike skuld toe te skryf aan die honderde mense wat by haar huis opdaag en vir wie sy help.

“Winnie se groot probleem was dat sy nooit geleer het om nee te sê nie en dat sy almal vertrou.”

Winnie se woordvoerder, Alan Reynolds, het vir Du Preez Bezdrob laat weet dat sy die biografie “aanvaar” het.

By ’n onlangse voorlesing by die Boekehuis in Auckland Park het Du Preez Bezdrob self voorgelees uit die biografie. Ná die laaste aanhaling was sy sigbaar emosioneel en het ’n respekvolle stilte die kamer gevul:

Marinus Wiechers, political analyst and former professor of constitutional law at the University of South Africa, said that for years Winnie always added the same postscript when she sent him a Christmas card: Pray for me.




LitNet: 7 April 2004

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.