Erotiek / EroticismArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Lees ook stoombadverposing II


stoombadverposing I

Michael Whiteside


polsslag
donder in my oor
en druis
deur my slaap
swetend sit ek
en vryf my nat
palms verniet
teen my swaarnat
bekledende
handdoek

inloerende gesig
by die saunadeur
my oë
dring nie die stoom
deur nie, en ek
wonder
wonder
of ... die
gesig verdwyn
en

en
ek bly sit
in ’n warm poel
langs my
’n ander
onkenbare liggaam
omhul in grys
tyd gly hier
so maklik weg
ek moet
beweeg

doem
doem
in my oor
is ek tot
’n leë middag
verdoem
deur die doemende
dreun van die tyd
wat met elke
bloedslag
verbyglip
ek moet
beweeg

die handdoek
kwyt
voel ek gemaklik
makliker
stoom damp
op teen my
gladde gesig
en daar
is hy
sy hand
ek voel
die slag
deur sy hand
en ek
beweeg

teen die kookwarm
teëls lê ek
terug
my rug
’n boog
die slag
voel ek nou
in die warm
nat mond
anders as
die stoom
warmer
natter

my hartslag
is te hoog
die hitte
te veel
maar ek
hou vol en
maak my leeg
saam waarmee
hy homself laat hyg
met linkerhand
en stap ons
saam en stort
sonder om
(meteens net mense)
na mekaar
te kyk

to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.