Erotiek / EroticismArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Lees ook stoombadverposing I


stoombadverposing II

Michael Whiteside

jou lyf was ’n herinnering
in die kleinerige ruimte
jou gesig het geen huiwering
getoon nie, jy was beter
as die gemiddelde bangbroek
jy het nie hier kom wegkruip
nie, maar geselligheid van die
lyf gesoek

ek het eers ’n oog geflits
na jou en gesien jy was daar
jy het selfs die hoeke van jou
mond in ’n glimlag gekreukel
en ek het geantwoord
en die kant van jou voet
teen myne in warmte gevoel
jy het jou been om myne
gehaak, en ons het
albei gelag

ek het jou lippe verwelkom
waar ek van ander sou
wegdraai, ek het die effense
soet-sout van jou tong geproe
en nog dieper gesoek
jy het my met jou sweet
natgevryf, met jou soet-sout
tong natgelek, en ek het
die sout van jou sweet
soos sap gedrink

mense-eet is nie noodwendig
verkeerd nie, ek het wydsmond
gesmag na jou vel, jou vlees
jou stromende sweet wat die
hare op jou arms donker aan jou
vasgeplak het, die donkerte van
jou hare laat gloei het, ek het
jou lyfnatreuk ingesluk, jou
ledemate se hardheid vasgehou
en jou warm asem
het my gesig gestreel

toe ek gekom het, op jou
maag, het jy weer gelag
en ek het jou in my mond
geneem en die skielike skerp
smaak geproe, en ons het
albei teruggelê, wetende
dat ons saamwees verby was
maar verbly oor die ewekansige
ontmoeting van ’n herkenbare mens

to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.