Godsdiens / ReligionArgief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

“Maar, wie de hel dink die kerk is die kerk?” Deel 61

Hendrik Venter

was eers betrokke in die koerantwese, toe prokureur en tans 'n adviseur vir Livinsure wat hul beywer vir die regmatige verdeling van boedelbates onder veral minderbevoorregtes. Van sy bydraes oor godsdiens het verskyn in Die omstrede God.
  Hendrik Venter

Is dit nie miskien tyd dat die kerk s wie dink die kerk is die kerk nie?

Hendrik Venter

In die Bybelgedeeltes wat die Heidelbergse Kategismus (HK) in Sondag 31 gebruik as gesag tot tug, lees ons goed soos om iemand nie hartseer te maak en moed te laat verloor nie, om te vergewe, dat wat ek op aarde bind/ontbind in die hemel gebind/ontbind sal wees en om te luister.

Maar ek weet nie of dit is wat ek doen nie? Want lyk my iemand het my anders geleer en vir die oomblik wonder ek of dit nie die kerk is nie? Want uit dieselfde gedeeltes van die Bybel lees die kerk goed soos tug, toorn, ewige verdoemenis, vermaan en verbetering beloof en bewys en snaaks, hierdie woorde kry mens nie in die Bybelgedeeltes wat die kerk as gesag gebruik nie.

Ja. Is dit dan vreemd dat ek Sondag so ewe tuis is in die kerk?

Wat ek wel weet, is dat ek n mens is, en van die liefde van God waarvan die Bybel praat, verstaan ek lyk my maar min.

Ja, en meteens is ek oor die skok wat lank in my sisteem gel het vandat iemand eendag gevra het: Maar, wie de hel dink die kerk is die kerk?

As die kerk onthou:

  • dat dit die mens is wat na die beeld van God geskape is en nie die kerk nie, en

  • dat Jesus vir die mens die dood oorwin het en nie vir die kerk nie, en

  • dat Paulus ges het dat die gelowige n tempel van God is en dat die Gees van God in die gelowige woon2 en nie in die kerk nie, en

  • dat die kerk maar net die bymekaarkom is van hierdie mense, dan moet die kerk kan antwoord of die lidmaat die kerk ter wille moet wees of moet die kerk die lidmaat ter wille is.
  • Ja, tereg kan ons seker vra wie is die kerk en n antwoord verwag, want deur die kerk se Belydenisskrifte kan ons dit nie duidelik na die Bybel terugtrek nie. Miskien is die kerk se sterkste aanspraak uit die NAV iets soos:

    Efesirs 1:22-23:

    Ja, aan Hom (Christus) het God alles onderwerp, Hom bo alles verhef en Hom aangestel as hoof van die kerk. Die kerk is sy liggaam, die volheid van Hom wat alles in almal vervul.

    Maar in die OAV lees ons:

    En Hy het alle dinge onder sy voet (Christus) onderwerp en Hom as Hoof bo alle dinge aan die gemeente gegee, wat sy liggaam is, die volheid van Hom wat alles in almal vervul.

    En ek weet nie of dit heeltemal dieselfde is nie. Maar ek weet ook nie watter een reg is nie.

    Miskien moet ons ophou om te filosofeer oor die materile (sigbare/tydelike/bepaalde) kerk aan die een kant en die spirituele (onsigbare/ewige/universele) kerk aan die ander kant en ook ophou om soos wat en wanneer dit nodig is dit heen en weer op mekaar toe te pas.

    Ek dink die natuurwetenskap leer ons iets daarvan dat die inherente krag (energie) van die geheel l in die samestellende dele. As ek n stuk ding gemaak het, dan l dit net waar dit l en hou ek al die energie binne, en as ek die ding rens heen wil vat, moet ek dit met energie van buite doen. Maar as ek wil h die ding moet self beweeg, moet ek by dit waaruit die ding gemaak is, uitkom. Maar dan moet ek weet die vorm gaan verander.

    Wanneer ek n besigheid bestuur, dan behoort ek verantwoordelikheid te aanvaar om dit die vorm te gee wat ek dink en prosesse en tegnieke gebruik en energie loslaat of in hou of van buite gebruik om dit te vat waartoe ek beplan. En of dit werk of nie, dit is tussen my en die eienaar. (Ja, en soms kry mens die idee dat as ek minder laat gebeur en meer toelaat om te gebeur, gebeur daar op die ou end meer.)

    Ek dink nie as ek deel is van die kerk kan ek verantwoordelikheid aanvaar oor wat die vorm van die kerk moet wees of wanneer watter energie vrygelaat moet word nie. En wanneer mens hoor van binne vergaderings en tegnieke en voorafgesprekke om goed in die kerk op n spesifieke manier te laat gebeur, wonder mens of iemand nie besig is om die vorm van die kerk en die energie daarin te bestuur nie. En as ek dit doen, probeer ek nie god-god oor die kerk speel nie? En as dit so is, maak ek dan nie van myself en die kerk n afgod nie? Of ek moet eerlik kan s die iets waarmee ek hier besig is, is my maaksel en jy kan daarvan verskil as jy wil. En as jy met my verskil, is jy nie noodwendig verkeerd nie en ek nie noodwendig reg nie, of andersom.

    Mens wonder of die kerk nie has outlived its image nie, en is dit nie maar n menslike ding nie. Sien ons dit nie daagliks nie? Mense trek na n woongebied, want hulle gaan iets daar kry; kinders gaan na n spesifieke skool of universiteit. Maar s die sosiolo iets daarvan dat indien di wat kom haal het, meer is as di wat gee, verander die image. Is God die een wat gee by die kerk?

    Wat gaan met die kerk gebeur as die kerk erken dat dit nie vir almal in alles n antwoord het nie? Dat die kerk nie alles verstaan nie? Het die kerk al vir haarself dit gevra? Of hoef die kerk nie, of is dit te veel gevra?

    Miskien gaan die kerk haar mag verloor oor die mens se inherente behoefte weg van vrees, weg van onsekerheid. Want as die kerk al die antwoorde het, vertel die kerk my presies van die hel, en presies van die hemel en presies hoe om uit die hel te bly en presies hoe om in die hemel te kom. En dan is my vrees weg en ook my onsekerheid.

    Teen Woensdag is ek so angstig dat ek nie kan wag vir Sondag se kerkdiens nie. Want dit lyk my teen Woensdag het ek weer soveel gedoen en beleef dat Sondag se sekerheid vergete is en ek n nuwe een moet gaan haal. En dan gaan ek weer kerk toe.

    Maar waar was God dan Maandag en Dinsdag?

    Is dit nie n manier om God in die kerk toe te sluit nie? Is God nie groter as die kerk nie?

    Maar as die kerk nie so seker is nie?

    Dan gaan soek ek op n ander plek en verloor die kerk haar lidmate. En as die kerk haar lidmate verloor, verloor sy ook haar sosiale funksie in die bevrediging van die mens as groepswese om rens te behoort. En as dit is waaroor dit gaan, gaan die kerk nuwe, moderne tegnieke gebruik wat die sosiale behoefte van die tyd aanspreek om die banke vol te kry. En is daar nie maar ook kerkleiers wat s die kerk is n besigheid, n besigheid vir mense, nie? En dit lyk of sommiges baie suksesvol is daarmee.

    Maar gebeur dit nie al dat die kerk lerig word nie? En wie se skuld is dit, kan ons vra? Dan kan ons Satan weer uit die kas gaan haal en s dit is die bose. Maar soos wat ek Matt 16:18 verstaan, het Jesus ges dit sal nie gebeur nie en dan is mens weer dom. Of waarvan het Jesus gepraat?

    Of is God dalk moeg vir die strukture wat ons mense gebou het en miskien ook is ons te blind om God se hand daarin te sien, soos die Farisers wat Jesus aangesien het as van die bose? Wie sal weet?

    En as iemand die dag voor jou sit, iemand wat sy lewe lank presies hierdie antwoorde namens die kerk gegee het, en s hy weet nie waarheen is hy op pad nie? Dan weet jy die kerk se antwoorde was nie altyd lewensgetrou nie. En as dit nie lewensgetrou is nie, is dit nie die aller antwoord nie, en as dit nie die aller antwoord is nie, is dit nie noodwendig waar nie. Of is God nie lewensgetrou nie? Maar ek dink daar is rens in die Bybel iets dat om die lewe lief te h is om die Here te dien.

    Mens wil huil as mense wat jare in die kerk sit en probeer doen het wat geleer word, vir jou s hulle is bang om dood te gaan want hulle is bang hulle gaan hel toe en hulle is maar sondige mense, en nou worstel hulle of hulle uitverkies is of nie. Dan weet jy die kerk het hulle nie gehelp om God in hul lewe te herken nie, en God klop so hard aan die deur dat dit wil afbreek, maar hulle pak een kas dogmas na die ander daarvoor, want hulle is bang dis die duiwel self wat aanklop. Dan wil mens uitroep wat die Sondagskoolonderwyseres geleer het  ... die duiwel, fok hom.

    Miskien leef ons in n tyd dat die lidmate meer vrae vra as waarvoor die kerk antwoorde het. Miskien leef ons in n tyd dat ek elke dag iets ervaar waaraan die kerk nog nie gedink het nie. En waar kom die ervaar vandaan, van God?

    En dan het die kerk twee opsies:

  • Die kerk kan n opt-out vat en die antwoorde gaan haal op n ou resep: as dit goed is, kom dit van God en as dit sleg is, van Satan. Maar as ek nie daarmee vrede kry nie? Dan begin ons spekuleer en my siel word rou gekrap f ek nie dalk iets gedoen het waarvoor God my straf nie, f het ek nie dalk in die hand van die bose geval nie?

  • Of die kerk kan miskien, deur eerlik te s as sy nie n antwoord het nie, my help om n pad te vat om my sekerheid by God te gaan haal. En word ek gehelp om God te herken as God my ontmoet in die gewone loop van die lewe.
  • En miskien as die kerk nie die antwoord het nie, gaan die kerk en die lidmaat saam n antwoord kry. En miskien ook nie, en miskien gaan ons saam agterkom dat op sekere goed ons nie nou n antwoord nodig het nie. En miskien gaan ons ook saam agterkom dat dit nie nou saak maak nie. En miskien gaan ons ook agterkom dat die antwoord vir die een van ons verskil van die antwoord vir n ander van ons.

    Is dit nie dalk tyd dat die kerk meer vertel nie oor om die lewende God in ons lewens te herken (om te hoor as God aan my deur klop) as oor om God soos die kerk God sien op die lewe toe te pas (hoe ek die deur vir God moet oopmaak)? Om hoe kon God dit aan my doen n eenmalige belewenis te maak. Om God te hoor die dag as ek voel ek is alleen in die woestyn (om aan die lewe oorgelewer te wees), die dag dat ek voel ek is in ballingskap (om aan die sisteem oorgelewer te wees). Is dit dalk nie maar al wat die kerk kan predik nie? God se manier van doen met verskillende mense in verskillende tye? Ja, is daar nie n verskil om oor die onbekende van God se pad met die wreld te spekuleer of om oor die realiteit van God se pad met die mens, die individuele mens, te vertel nie?

    En dan kan die kollektiewe vertel van die kerk en die lidmaat van die verskillende paaie wat God met die mens loop my help om God te herken wanneer God aan my deur klop.

    Maar dan sal die kerk vrede daarmee moet maak dat:

  • God met die wreld, die heelal, ja die kosmos, op pad is, en altyd was
  • dit God is wat die mens leer en antwoorde gee en nie die kerk nie
  • God met elkeen van ons n eie pad loop
  • dit die kerk se keuse is om by God se pad in te val of nie
  • die kerk nie die tien gebooie as die wet kan voorhou en terloops na Jesus se gebod verwys as die liefdesgebod nie
  • die vertellers in die kerk minder predikers moet wees en meer lewensfasiliteerders
  • die mens ook God in die loop van elke dag kan raakloop, in n fliek, n boek, n skildery, in iemand se lyf, die natuur, in n gesprek met iemand of in die humor van n grap, deur die oog van n mikroskoop of teleskoop, bloot in dit wat ek beleef
  • die struktuur van die kerk al minder en minder sal word
  • die kerk God hierin moet vertrou.
  • En miskien sal ons dan leer om die geleenthede van die lewe van God te ervaar. Miskien sal ons dan minder op die uitkyk wees vir afgode en die duiwel en meer vir God.

    Miskien moet die kerk die volgende aanvaar:

  • Daar is van ons in die kerk wat glo want ons dink ons verstaan alles, en ons doen so.
  • En daar is van ons in die kerk wat glo want ons voel ons verstaan alles, en ons doen so.
  • En daar is van ons in die kerk wat glo, al voel ons ons verstaan niks, en ons doen so.
  • En daar is van ons in die kerk wat glo, al dink ons ons verstaan niks, en ons doen so.
  • En miskien moet die kerk sensitief wees hiervoor. Sensitief wees dat haar lidmate elk n eie pad moet loop om soos n kind te kan glo. En ook sensitief in die kerk se prediking. Iets hiervan sien ons in Annes Nel se eerlike bykans noodkreet aan die kerk, maar kan dit steeds n probleem wees deur sy gelykstelling van die kerk aan die kerk as hy s God self het die gebou opgerig wat ons vandag die kerk noem. Dis nie n gebou met bakstene nie, maar mense (2003:183).

    As ek nou pa geword het di week en die wonder van God ervaar het, en ek sit Sondag in die kerk (seker is dit n swak voorbeeld, want ek behoort by my vrou en kind te wees) en daar word oor die afwesigheid van God gepreek uit Habakuk, kan ek dalk net wonder waar die kleintjie vandaan kom. Dit kan dalk net help as die prediker my vooraf vertel hoekom en waarom dit sy boodskap van die dag is, dan kan ek leer uit wat n vorige week gebeur het of verstaan as ek God as afwesig in n volgende week ervaar en dat dit wat ges word, nie noodwendig nou op my betrekking het nie. Anders kan n preek die manier h om so vaag te raak soos die sterrevoorspelling (en dat die sterrevoorspelling vaag is, maak seker sin), veral gedagtig aan die moontlike oorbeklemtoning deur die Gereformeerde tradisie dat God deur die Woord geopenbaar word, synde die Bybel en die prediking daarvan wat noodwendig genterpreteer is. Tensy die kerk verantwoordelikheid wil aanvaar om God se teenwoordigheid deur die Heilige Gees te wil standaardiseer tot n resep.

    En ek wat alles verstaan, mag ek antwoorde gee vir een wat niks verstaan nie, en as God al met di een verby my antwoorde is? En ek wat niks verstaan nie, mag ek vrae vra vir hom wat alles verstaan, en as God met di een nog nie by my vrae gekom het nie? Mag ons nie hardop dink in mekaar se geselskap nie? Aanvaar ons mekaar in geloof of gaan ons stry wie is reg en wie is verkeerd en ook nog wie se geloof is swak en wie sn sterk? Want ons wat so lief is vir Paulus, het ons vergeet wat hy s in Rom 14:1-12? Of gebruik ons Paulus se woorde hier om te s: as jy n vegetarir is, is daar n vraagteken of jy n Christen is?

    Waar kom ons vandaan? Ons vertel vir mekaar hoe ons kinders verskil en ons maak hulle so groot, maar as ons Sondag in die kerk instap, moet hulle almal dieselfde wees? Is dit hoe ons die skisofreniese testiese wreldbeeld oordra van geslag tot geslag? Of glo ons nie die Nuwe Testament dat ons, volgens ons keuse, kinders van God is nie? En as ons dit nie glo nie, hoekom mors ons ons tyd met God? Omdat God aanhou klop?

    Ja, en as God dan ons vrees en onsekerheid wegvat en nie meer die kerk nie, loop die kerk die risiko om minder te raak en God meer. Maar miskien sal mense terugkom kerk toe om saam van God te leer. Nie van God in die kerk nie, maar van God in die lewe, en so ook iets van God verstaan in my eie lewe en so ook iets van God doen in n ander se lewe.

    Maar dit lyk of die kerk ook n ander probleem het. Dit lyk of die mense nie meer bang is vir die kerk se tug nie. Is dit omdat die kerk irrelevant word? Of is dit omdat al meer mense geleer het God is liefde?

    Miskien is daar n stuk heilige eerlikheid daarin as die Christelike kerk, wanneer sy in gesprek gaan, haarself voorstel as:

    Hier is ons en julle moet ons maar verskoon: (een van) ons eerste leraar(s), Petrus, was maar ietwat van n loose cannon, maar ons weet hy was lief vir Jesus (terloops, oor die liefde en oor Jesus verskil ons bietjie; en hoe Paulus van die Bybel (en oor die Bybel het ons ook n standpunt of twee) vir ons vertel het om ons sake te rel het ons n leerstelling of drie. Maar dis maar ons manier, want di Petrus en di Paulus was skaar in mekaar se geselskap toe verskil hulle openlik, want ja, ons is maar mense, maar ons glo in God oor God, oor God weet ons so min en verskil ons ook, maar ons probeer.

    Meer nog as die kerk sou kon s:

    Ons is hier bymekaar, want ons soek almal liefde, en van die liefde verstaan ons so min, maar ons weet God is liefde, die iets van God wat ons ook kan wees, en God het God se liefde vir ons gewys en God se liefde is hier en as ons iets van die liefde verstaan, sal ons ook iets van God verstaan, en dan sal ons in liefde leef met onsself, met ander en met God, en as ander ons liefde beleef, gaan hulle ook liefde soek en so word God se liefde meer.

    En omdat ons mense is, het ons verskillende ervarings en verskillende menings en verskillende tale en verskillende kulture en verskillende gewoontes en daarom soek ons en doen ons op verskillende maniere, en omdat ons mense is, is ons nie seker wie se manier is die regte manier nie. Maar dit is nie waaroor dit vir ons gaan nie.

    En omdat ons besig is om te leer van die liefde, doen ons met dit wat ons nou van die liefde verstaan. En soos wat ons liefde vind, so doen ons die liefde, en daarom is ons hier. Maar ons is maar net mense.

    Maar is dit vir ons in hierdie lewe beskore? Of wag ons vir die koninkryk van God, wag ons vir Jesus om weer te kom?

    Miskien dan sal die kerk weer afkom aarde toe en met geloofwaardigheid relevant wees en tegelyk minder maar ook meer wees vir hierdie lewe en die lewe hierna, en dit alles maar net vir die koninkryk van God.

    En of die kerk relevant wil wees? Soms weet mens nie. Want as n teoloog op n sinode-sitting iets s van die dogma moet die praktyk bepaal en nie die praktyk die dogma nie, probeer die broer wat die dogma neerskryf en die broer wat die dogma toepas, God se werklikheid herskep? En as ek dit wil doen, wil ek God se werk oorneem? Maak ek dan van myself iets wat meer is as n afgod? Maar dan is ons terug by die mens se wreldbeskouing en Godsbeskouing.

    En gaan ek kerk toe? Ja graag, want vir my is die kerk maar net mense. En het ek nie n vrees dat die kerk die hemel vir my sal kan toesluit nie en ook nie n verwagting dat die kerk die hemel vir my moet oopsluit nie. En meestal hoor ek iets van iemand se belewenis van God, en met party stem ek saam en met ander stem ek nie saam nie, en dit pla my nie, want mense het verskillende beleweniswrelde; en dan verstaan mens weer meer van God en God se liefde.

    En op die koop toe het die kerk wonderlike tradisies en is daar n stuk heiligheid vir my om daarin te deel.

    En s die kerk ook wonderlike goed soos:

    Ons glo verder dat die regeerders van die kerk, al is dit nuttig en goed om onder mekaar 'n bepaalde orde tot instandhouding van die liggaam van die kerk in te stel en te handhaaf, tog noukeurig moet oppas om nie af te wyk van wat Christus, ons enigste Meester, vir ons ingestel het nie. (Die inleiding tot artikel 32, Orde en tug van die kerk, van die Nederlandse Geloofsbelydenis (NGB).)

    Ja, en ek is lief vir die kerk baie. Want dit is deur die kerk dat ek God ontmoet het. Dit was n man van die kerk, n man van God, wat my nie net vertel het dat ek God moet vertrou in alles nie, maar homself ook vir God vertrou het om n pad met my te loop die dag toe hy my nie met die kerk probeer oortuig het nie, maar my vrygestel het van God-binne-in-die-kerk na God-daarbuite-in-die-lewe; en snaaks, dit was wat ek nodig gehad het om te kan hoor dat God aan my deur klop.

    En elke keer wat ek gedink het dit is die duiwel wat klop, het hy na my geluister en het ons saam by n antwoord gekom van wat ek toe moes verstaan.

    Dit bly n ope vraag of dit die eerste keer was wat die kerk dit vir my ges het en of dit die eerste keer was dat ek dit gehoor het. En snaaks, toe verstaan ek ook Paulus se boodskap aan my in 1 Kor 5:5.

    En miskien was dit presies wat die man van die kerk gedoen het, dit wat die HK wil doen, maar op n ander manier (of hy dit so beplan het, weet ek nie, en dit is nie belangrik nie): my losgemaak van die kerk, maar nie in verdoemende veroordelende straf nie, maar in liefde. En so het ek nie moedeloos geword en hoop verloor nie, maar die liefde behou. En nog meer snaaks het die herdink en hertoepassing van wat die HK moontlik wil s, my nader gebring na God. Was dit die wegstuur van die struktuur van die kerk wat my deel gemaak het van die verskynsel van die kerk?

    En toe ek vir God die deur oopgemaak het (anders as wat ek by die kerk gehoor het van eers Jesus en dan God), toe gebeur die goed so half vanself. En wat vir my gewerk het, was eers God en toe Jesus. Maar dit was maar God se manier met my. En so is daar ander vir wie dit eers Jesus is en dan God.

    En so kry mens ook die indruk dat dit in mens se persoonlike lewe soms nodig is om mense en goed vry te stel en God daarin te vertrou.

    En vir ons soort en dit lyk my daar is nog daar buite is dit ook lekker om deel te wees (en dit lyk my nie ons is noodwendig di wat ons eie kerk, in die kleine of nie, gaan staan en stig nie, en dit behoort ook nie te werk nie, want om vrae te vra trek nie eintlik gehore nie), al stem ons nie noodwendig altyd saam met alles wat die kerk as die heilige waarheid vertel nie. Of die manier waarop die kerk dit doen nie.

    Of is dit n lewenswaarheid dat hoe meer God in my lewe word, hoe minder gaan die kerk word? En as dit so is, glo ek dat die kerk sal verstaan as ek al minder deel van die kerk sal wil wees. En ek verstaan nou, na baie jare, iets van my oupa van goed oor die negentig se antwoord aan die jong dominee wat wou weet waarom hy nie meer kerk toe kom nie: Want ek hoef nie.

    En snaaks, toe verstaan ek iets van die lewende God waarvan in die Bybel gepraat word, en kan ek ook s wat Petrus ges het, en het ek dit in die Lewe geleer, en dan word God vir my lewend. En hieroor kan mens skrikwekkend prakties wees.

    Ja, ek gaan kerk toe omdat ek wil.

    Nee, ek gaan nie kerk toe omdat ek bang is nie.

    Maar wie is die kerk? Mens kry die indruk dat die kerk in die afskeid van apartheid n wonderlike geleentheid gehad het om te s wie is die kerk. Het sy? En mens kry ook die indruk dat God in die hele homoseksuele gesprek vir die kerk nog n geleentheid gee om te s wie is die kerk. Gaan sy?

    En die eenwording van die NG Kerk-familie? Gaan dit n struktuur wees, of gaan dit n verskynsel wees? Gaan dit n kerk wees, of gaan dit n ekklesia wees?

    En dat die NG Kerk n invloed in Suid-Afrika het, is duidelik as n vriendin wat jare laas in n kerk was, wie se derde taal Afrikaans is, en wat van n ander bevolkingsgroep is en uit n ander bedieningstradisie kom, vir jou s die NG Kerk is die mees omstrede kerk in die land, want die meeste mense met wie sy te doen het en in n kerk is, is in die NG Kerk. En as jy met dieselfde een rens sit en koffie drink en iemand wat jy ken, kom verby en jy groet hom en sy s vir jou Is dit een van jou kerkbroers en jy antwoord Ja, hoe weet jy? en sy s Ek kan dit sien, dan weet jy die mense van die kerk word op straat herken. Besef ek dit? Leef ek so?

    Hoekom kan ons nie net eerlik wees en vir mekaar s: Weet jy wat, ek is lief vir jou, ek is ongelooflik lief vir jou, en ek s dit nie net nie, jy gaan dit in my lewe sien, maar ons verskil. Jou manier van doen en jou manier van menswees is so anders as myne dat ons saamwees nie goed is nie. En snaaks, lyk my die menswees en manier van doen gaan minder oor my buitekant en meer oor my binnekant.

    Dit bly n inherente teenstrydigheid in die kerk se manier van doen. Die kerk s die Bybel is die Woord van God van Godself, deur die Heilige Gees, en het ewigheidswaarde. En dit is die grondslag van die kerk se glo. En die kerk neem deel aan die opdatering of herformulering van die Bybel. Maar waar kom die kerk se belydenisskrifte dan vandaan as die kerk dit nie ook opdateer of herformuleer nie?

    En mens kan dit nou op n lang manier s dat jy dit self later nie mooi verstaan nie. Of as ek nou n boer was en ek het honderd jaar terug vir my seun ges: Vat die perdekar dorp toe en ..., gaan hy my nie vreemd aankyk as ek dit vandag vir hom s nie? En as ek nou vir hom sou s: Vat die bakkie dorp toe en ..., gaan hy mos verstaan wat ek s. En as daar dan nou vandag nog rens n boerseun is wat met n donkiekar dorp toe ry? En n ander een wat met iets in die lug vlieg? Gaan dit nie maar daaroor om in die dorp te kom nie? Is dit nie maar ons probleem dat ons in ons voorskrywing, soos uit ons kollektiewe geheue hoe om in die dorp te kom, so baie s dat ons later niks s nie? Dat ons later so sukkel om die regte ding in die hande te kry om in die dorp te kom dat ons nooit daar kom nie? Maar as ek honderd jaar terug ges het: Gaan dorp toe, kan ek dit mos vandag nog s. En ek sal soos wat die oomblik vereis (hoe vinnig ek daar moet kom om wat ook al te doen), die voor die hand liggende ding wat ek het, gebruik om die pad te vat dorp toe, of dit nou n grondpad, teerpad of die lug is. En meteens het Joh 14:6 n totaal nuwe bevrydende betekenis en nie meer n bedreigende, voorskriftelike een nie. En op n snaakse manier, met minder woorde, praat die tydelike (materile) en die ewige (spirituele) dieselfde taal. Maar as jy vir my vra wat vereis die oomblik? Gaan ek jou voorskriftelik antwoord of bevrydend?

    Is die kerk bang om haar eie onbekende te gaan verken? Want as die kerk haar eie onbekende verken, sal die kerk ons miskien kan help met wat gebeur het met die kerk se belydenis as ons s ons is volgelinge van Jesus en nie volgelinge van God nie, want:

  • Ons glo almal met die hart en bely met die mond dat daar 'n enige en enkelvoudige geestelike Wese is wat ons God noem. Hy is ewig, onbegryplik, onsienlik, onveranderlik, oneindig, almagtig, volkome wys, regverdig, goed en die alleroorvloedigste fontein van alles wat goed is (Artikel 1, NGB).

  • Ons glo volgens hierdie waarheid en hierdie Woord van God in 'n enige God, een enige Wese, in wie drie Persone is, naamlik die Vader en die Seun en die Heilige Gees, wat in werklikheid en in waarheid en van ewigheid af onderskeie is volgens die eienskappe wat hulle nie met mekaar deel nie (Artikel 8 NGB).

  • Verder moet ons ook let op die besondere ampte en op die werkinge van die drie Persone met betrekking tot ons: die Vader word ons Skepper deur sy krag genoem; die Seun is ons Saligmaker en Verlosser deur sy bloed; die Heilige Gees is ons Heiligmaker deur sy inwoning in ons hart (Artikel 9 NGB).
  • Het Jesus nie miskien n afgod geword deur ons doen nie? En is dit waarom ons boeke kan skryf soos What Would Jesus Do? Want as Jesus God is, is dit nie godslasterend nie? Probeer ons Jesus speel, en as ons dit nie regkry nie want ons is net mense, begin die hele verlammende sirkel van skuldgevoelens wat ons van God weghou, en is dit nie juis wat Jesus kom wegvat het nie? Aanvaar ons dat ons nie aan God hoef te presteer om God te ontmoet nie? Weet ons dat as God aan my deur klop, kan ek onvoorwaardelik die deur oopmaak? Of probeer ons Verlosser speel, vir onsself en of vir ander? Sien ons kans om in Christelike boekwinkels boeke te verkoop wat s What Would God Do?? Of is daar di wat dit doen? Hoekom praat ons nie meer oor wat sou die Heilige Gees doen nie, want volgens die Belydenisskrif is dit die deel van God wat God aan ons gegee het? Of kan ons nie vir God vrye teuels gee nie, want het die kerk nie al ervaar nie dat as die Gees vir my iets s in my omstandighede, ek wil h dit vir almal in alle omstandighede die waarheid moet wees? Doen die kerk dit nie?

    Moet die kerk nie in n stadium ophou om meer af te byt as wat die kerk kan hanteer nie? Want dit lyk of die geskiedenis ons geleer het dat deur so te doen, die kerk verwagtinge skep waaraan die kerk nie kan voldoen nie. En dan is dit nie vreemd dat Francois Richter en ene Dr X n boek kan skryf soos Kerkverraad nie. Die skrywers werk skynbaar met n histories-genetiese uitverkiesingsleer en glo skynbaar dat die (ware?) Afrikaner deel is van die uitverkorenes. Ironies genoeg steun so n leer ewe sterk op buite-Bybelse historiese bronne as iets soos die Jesus Seminar wat deur die skrywers veroordeel word.

    Mens wil huil elke keer wanneer mens die indruk kry dat ons besig is om n eie beeld van God te bou en om lewe en dood baklei om daardie beeld vir almal regop te hou.

    Gaan die kerk my nie help as die kerk die grense trek tussen die kerk en God nie? Want na alles is ons net mense en kan en gaan ons nie altyd so oulik wees as wat ons wil nie. Maar ons moet, lyk my, nogal bereid wees om verantwoordelikheid daarvoor te aanvaar.

    Ja. Is dit nie miskien nou tyd dat die kerk geestelik grootword en opstaan en vir ons s wie dink die kerk is die kerk nie? Of is dit iets wat die kerk nie kan bekostig nie?



    Naskrif
    Hoekom doen mens dit? Om jouself so bloot te stel. Om so lank te worstel met iets dat dit jouself in die droewigheid het, iets wat jou tot in jou siel ontstel. Om soveel tyd te spandeer aan iets wat nie jou terrein is nie en dan skaats jy op die dun ys wat nie veilig is nie, want jy weet nie waar is die ys dik nie. Op iets waarvan mens so min verstaan. En dit alles sonder enige verwagting, goed of sleg? Ek weet nie. Miskien is dit maar net die eie proses om die kerk dit te vergewe wat ek dink die kerk aan my gedoen het. Dit waarvan die kerk nie eers bewus is nie. Miskien is dit maar net n manier om verby die kerk by sin in die lewe uit te kom. Miskien is dit maar net om te s dat as iemand in die kerk dink hy of sy kan die hemel vir my toesluit, moet die kerk ander gesag kry. Miskien is dit maar net om ook te s ek dink dit was Origen wat dit ges het elke Bybelvers kan op vier maniere verklaar word, en by te voeg dat elkeen daarvan sal maak wat hy of sy moet. Miskien was dit maar net omdat ek dankbaar is vir die geleentheid om te kon ervaar: Beywer julle allereers vir die koninkryk van God .... Miskien was dit maar net n manier om te s ek weet niks of niemand kan my van God weghou nie. En as dit God se verhouding met my is, wil dit nie s dat enige iemand anders se verhouding ook so moet lyk nie.



    Notas:
    1 Die bronnelys verskyn in die eerste aflewering van die reeks.
    2 1 Kor 3:16. Dit bly n goedkoop onverantwoordbare opsie om die gelowige te wil probeer definieer aan die hand van die formele lidmate van die kerk.




    LitNet: 19 April 2005

    terug    /     boontoe


    © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.