Godsdiens / ReligionArgief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

"Maar, wie de hel dink die kerk is die kerk?" Deel 1

Hendrik Venter

was eers betrokke in die koerantwese, toe prokureur en tans 'n adviseur vir Livinsure wat hul beywer vir die regmatige verdeling van boedelbates onder veral minderbevoorregtes. Van sy bydraes oor godsdiens het verskyn in Die omstrede God.
  Hendrik Venter

Kan die kerk my uitsluit van die koninkryk van God?

Hierdie is die eerste in 'n reeks van ses oor die kerk, soos bedoel in die Christelike tradisie, na 'n stuk onbeantwoorde verdwaasdheid nadat iemand eendag gevra het: "Maar wie de hel dink die kerk is die kerk?"

Ja, wie is die kerk?

Mens hoor dat die kerk haarself sien as die bruid van Christus. Miskien kom dit van iets soos:

Hierdie kerk moet sy Verlosser, wat sy lewe aan die kruis vir die kerk gegee het - soos 'n bruidegom sy lewe vir sy bruid sal gee - standvastig liefh en Hom met volharding dien en van nou af tot in alle ewigheid verheerlik. (Dordtse Leerrels, Hoofstuk 2.9)

(Terloops, is dit nie 'n stuk arrogansie om te s dat Christus het sy lewe aan die kruis vir die kerk gegee nie? Het Christus dit nie gedoen vir die mens nie?)

Snaaks dat mens moeilik in die Bybel raak lees dat die kerk die bruid van Christus is, behalwe moontlik deur 'n spesifiek genterpreteerde manier van lees van 'n boek soos Openbaring. Die naaste is miskien iets soos 2 Kor 11:2:

Ek waak oor julle met 'n ywer wat van God kom, want julle is soos 'n jongmeisie wat ek aan een man toeges het as sy bruid en wat ek vlekkeloos na hom toe wil bring. Die man is Christus.1

Maar Paulus begin die gedeelte immers met: "Nou wil ek h julle moet 'n bietjie dwaasheid van my kant verdra!" En as ons by Paulus begin, moet ons seker alles gaan lees wat hy van die (getroude) vrou s, hy wat dan nou skynbaar self nie een in sy lewe gehad het nie.

Is die huweliksnag tussen Christus en die kerk dalk verby?

Is die kerk nie 'n verstommende plek nie? Tegelyk ongelooflik wonderlik en ook ongelooflik skrikwekkend. Laat die kerk mens nie soms sprakeloos nie?

Mens is verstom as jy sien hoe mense troos, vrede en geluk gevind het in die kerk. Mens is verstom as mense bereid is om miljoene vir die kerk te gee omdat hulle dankbaar is vir wat hulle gekry het. Dit verstom mens om te sien hoe iemand wat geen hoop meer het nie, want hulle het niks, weer hoop kry wanneer die kerk iets vir hulle gee. Die goed gebeur.

Mens is ook verstom as 'n vrou van vyf en twintig voor jou sit en jy vra of haar kind gedoop is en sy s: "Nee, dit is 'n buite-egtelike kind van toe ek negentien was en ek kan onthou toe ek belydenis van geloof afgel het, het ek gehoor as so iets met jou gebeur, word jy onder tug geplaas, en ek was te bang daarvoor en het toe maar by my ouma gaan bly en nooit weer kerk toe gegaan nie, tot nou. Ek wil haar baie graag doop, maar gaan julle my nie onder tug plaas nie?"

Mens verstom jou as jy hoor 'n kerk weier om 'n kind te begrawe omdat die predikant nie gelukkig is met die een se deelname, in lewe, aan die kerk se aktiwiteite nie en dan s: "As dit 'n meer opgewasse persoon was wat die kerk kom sien het, sou ons moontlik wel die begrafnis gehou het." En die siele van die familie wat agtergebly het?

Mens verstom jou as die kerk rels voorskryf oor die betrokkenheid en die gee van finansile bydraes vir lidmate, anders word hulle op een of ander manier gepenaliseer.

Mens is verstom as 'n kerk se manne- of vrouekamp leer dat as jou huweliksmaat met iemand anders seks gehad het, is dit 'n vrypas om te skei. Of dat 'n kerk leer dat jy nie mag skei nie ten spyte van liggaamlike of emosionele teistering, selfs tot die drumpel van die dood.

Mens is verstom as jy vir jare in die kerk gesit het en eendag besef: maar die kerk het jou nie geleer om die lewe 'n beter plek vir jouself en di rondom jou te maak nie.

Mens is verstom as jy sien iemand wat deur die lewe platgeslaan is, het opgestaan en weer lewe gekry want die kerk het hulle toegevou in liefde.

Mens is verstom as jy hoor 'n kerk leer haar lidmate dat hulle mense wat op sterwe l, kan gesond bid en as die een vir wie daar gebid word, nie gesond word nie, het die een net nie reg geglo nie.

Mens is verstom as jy hoor iemand van die kerk probeer verduidelik hoe God kon toegelaat het dat 'n pa wat pas gesekwestreer is, afkom op 'n ongeluk waarin albei sy kinders doodgery is en hy dan nog die een se bolyf en onderlyf aan weerskante van die pad moes optel.

Die goed gebeur. Laat ons dit gebeur?

Ja, die kerk het gesag en daardeur mag oor di se lidmate, want die kerk het "die sleutels van die koninkryk van die hemel". En hoe doen die kerk dit? Deur "die verkondiging van die heilige evangelie en die Christelike tug. Met albei hierdie handelinge word die koninkryk van die hemel vir die gelowiges oopgesluit en vir die ongelowiges toegesluit." En as die lidmaat dan nou nie reageer op die verkondiging nie, dan "word hulle nie langer tot die heilige sakramente toegelaat nie en uit die Christelike gemeente en deur God self uit die ryk van Christus uitgesluit."

En al sou hierdie aanhalings deel wees van die belydenis van die Gereformeerde kerkfamilie, sien mens iets daarvan, moontlik net anders geformuleer of anders gedemonstreer, in feitlik al wat 'n kerk is.

Dit is ongelooflike goed; dit is skrikwekkend ongelooflik; dit maak mens bang, want dit mors mense se lewens op. Ja, dit maak mens bang as die "Christelike gemeente" glo hul kan namens God ander uitsluit uit die ryk van Christus.

Wat ek hoor die kerk s, is iets van: 1) Ons sal vir jou s wat is die heilige evangelie, en 2) as jy nie met ons saamstem nie, dan gaan ons jou straf, soos wat ons s wat die heilige evangelie is. En dan maak dit mens dom as kerke nie kan saamstem wat die heilige evangelie is nie.

Wat bedoel was as 'n kort vraag na die kerk se gesag, het lank geword, langer as ses maande, waarvan twintig persent in die eerste dag vorm gekry het. Hoekom? Is dit omdat mens weet by God kry mens altyd liefde, maar is nie altyd so seker van die kerk nie?

Die Heidelbergse Kategismus (HK), een van die Gereformeerde kerke se belydenisskrifte, s:

Die kerklike tug: Sondag 31

83 Vraag: Wat is die sleutels van die koninkryk van die hemel?

Antwoord: Die verkondiging van die heilige evangelie en die Christelike tug. Met albei hierdie handelinge word die koninkryk van die hemel vir die gelowiges oopgesluit en vir die ongelowiges toegesluit.

84 Vraag: Hoe word die koninkryk van die hemel deur die verkondiging van die heilige evangelie oop- en toegesluit?

Antwoord: Volgens die bevel van Christus word aan die gelowiges gesamentlik en afsonderlik verkondig en openlik betuig dat al hulle sondes hulle waarlik deur God ter wille van die verdienste van Christus vergewe is so dikwels as wat hulle die belofte van die evangelie met 'n ware geloof aanneem. Daarenteen word aan al die ongelowiges en huigelaars verkondig dat die toorn van God en die ewige verdoemenis op hulle rus solank hulle hulle nie bekeer nie (a). Volgens hierdie getuienis van die evangelie sal God sowel in hierdie as in die toekomstige lewe oordeel. (a) Joh 20:21-23; Matt 16:19.

85 Vraag: Hoe word die koninkryk deur die Christelike tug toe- en oopgesluit?

Antwoord: Volgens die bevel van Christus word die wat die naam Christen dra en tog 'n onchristelike leer huldig of hulle onchristelik gedra eers herhaalde kere broederlik vermaan. As hulle egter nie van hulle dwalinge of skandelike lewe wil afsien nie, moet dit aan die gemeente of aan die wat deur die gemeente daarvoor aangewys is, ges word. As hulle hulle ook nie aan laasgenoemde se vermaninge steur nie, word hulle nie langer tot die heilige sakramente toegelaat nie en uit die Christelike gemeente en deur God self uit die ryk van Christus uitgesluit. Hulle word weer as lede van Christus en sy gemeente aangeneem wanneer hulle werklike verbetering beloof en bewys (a). (a) Matt 18:15-17; 1 Kor 5:4, 5, 11; 2 Kor 2:6-8.

Ja, die kerk het gesag, want die kerk glo dat deur die kerk se menslike tug soos deur die organe van die kerk toegepas, die kerk sal bepaal of die mens deel sal h aan die koninkryk van God of nie. Eis die kerk die reg op die toegang na die koninkryk van God op omdat die kerk glo die kerk is die lidmaat se apologeet voor God? Maar as dit so sou wees, was dit nie wat Jesus gedoen het nie?

En dit gaan nie net oor formele tug nie, maar oor enige vorm van uitsluiting van di wat anders doen deur di wat die kerk as hul eiendomlike toe-eien, ook uitsluiting om namens iemand anders te besluit of hy of sy 'n Christen is of nie, of hy of sy "gered" is of nie.

En dit gaan nie net oor 'n spesifieke geloofs- of bedieningstradisie of spesifieke kerk of ook nie die formele kerk nie, maar oor elkeen wat daarop aanspraak maak om 'n Christen te wees en kerk toe gaan. Gaan dit nie maar oor elke Christen se manier van doen nie?

En as ek nou, om welke rede ook al, myself die reg toe-eien om namens die kerk te kan praat, dan kan ek die hemel vir jou toesluit en die hel oop. Is daar nie mense in die kerk wat dit doen nie? Het dit so geword of is dit noodwendig deel van ons menswees? Die goed gebeur.

Tragies dat mens iets daarvan deesdae nogal sien by wat veronderstel is om een van die wonderlikste vorme van kerkwees te vergestalt, dit wat ons noem "omgeegroepe" of "selgroepe", 'n kerk in die kleine, wanneer ek as die een met die beste sosiale vermo of grootste ego oorneem, die pous in die kleine.

En as mens sou dink hierdie menswees, om deur die beskerming van die kerk namens God te praat, sou dalk besig wees om af te sterf, word mens weer verras as een teoloog 'n ander een, van dieselfde denominasie, in 'n koerant in die hare vlieg, met Jesus as tema, bloot omdat eersgenoemde die kerk wil beskerm. Is ek dan nie maar besig om my reg te beskerm om deur die kerk namens God te praat nie? En dan besef mens: om te vra na wie is die kerk, is nie noodwendig 'n oppervlakkige veralgemening nie.

Ja, dit is seker nie 'n oppervlakkige veralgemening nie, want daar behoort 'n eerlike gentegreerde konsekwentheid te wees in die kerk se uitleef van haar belydenisskrifte, of die kerk moet haar belydenisskrifte herformuleer.

Die res van die reeks, onder die onderstaande opskrifte, gaan oor enkele gedagtes oor die kerk met spesifieke verwysing na die Bybelgedeeltes wat die HK in Sondag 31 as gesag vir tug gebruik.

  • Gee Johannes die kerk die reg om namens God te vergewe of nie te vergewe nie (Joh 20:21-23)?

    Wanneer dit by die boek Johannes kom, is dit goed om te onthou dat dit anders is as die ander evangelies. En seker was die skrywers van die HK ook bewus daarvan dat Johannes anders is. Mens kry ook die indruk dat die leser van Johannes op een van twee maniere reageer: f dit gee my meer regte f dit vat van my regte weg. Maak Johannes my nederig of stel dit my bo ander aan? Pas ek dit wat ek in Johannes lees, toe op myself of op ander? En miskien is die vraag: hoe het die HK-skrywers Johannes gelees?

    Dat die Johannes-evangelie gelaai is met bagasie en aktueel kontroversieel is, blyk duidelik uit die werk van die hoprofiel-teologie van die Jesus Seminar.

    Is die Jesus Seminar se wegwysing van Johannes nie 'n noodwendige aardse reaksie op die tradisionaliste se aardse toepassing daarvan nie? Is dit hier in Suid-Afrika iets soos 'n binnegeveg tussen die nuwe uitverkorenes en die nuwe hervormers?

    Is dit moontlik dat die Jesus van die Bybel so prakties is vir geestelike gesondheid of harmonie of balans of positiewe energie of wat mens dit ook al wil noem? Of mag mens nie so prakties met die Bybel omgaan nie?

  • Waar kom die idee van die kerk vandaan? (Matt 16:19)

    Mens kry die indruk dat die kerk hierdie woorde van Jesus op 'n baie sterk teologiese/testiese manier gebruik. En van 'n testiese wreldbeeld s Van Wyk: "Dit kan lei tot 'n fragmentariese, byna skisofreniese tipe verstaansraamwerk van die werklikheid wat moeilik tot 'n integrasie van hemel en aarde kan kom." En ons weet skisofrenie is iets van 'n verstaanstoornis van iemand wat in twee wrelde leef.

    Gaan ek my uit my geloof uit skrik as hier mre vreemde wesens in die straat rondloop? En as jy vir my s maar ek is mal, dit sal nooit gebeur nie, dan antwoord jy my verhouding met God (geloof) met jou wreldbeeld (vreemde wesens).

    En miskien as dit oor God gaan, gaan dit nie oor God se aard nie, maar oor hoe ontmoet ek God? En dit is miskien die kerk se uitdaging. Hoe oud of hoe nuut my wreldbeeld ook al mag wees, is dit nie God wat aan my deur klop nie? Is dit waar dat hoe ouer my wreldbeeld is - soos in oud van God is nie tot God is nog besig om die Satan te oorwin tot God is hier - hoe groter gaan my skrik wees as ek die dag die deur oopmaak en God staan daar?

    En in die verskil raak ons direk aan die grondliggende manier van omgang met die Bybel as die Woord van God: konkreet p die individuele mens aan die een kant of abstrak r die mensdom aan die anderkant. Lees ek die Bybel namens myself of lees ek die Bybel namens ander?

    Maar hoe bring dit ons uit by "church"? Ek weet nie. Skynbaar is dit iets wat hier in die Donker eeue gebeur het.

    Miskien het hierdie verskynsel in Grieks wat Latyn probeer verwoord het, vorm gekry en toe dit vorm kry, gee die mens dit struktuur. En toe kry die struktuur 'n naam en deur Germaans ('n voorloper van Duits) en Saksies ('n voorloper van Engels) - maar nou is ons in die etimologie - terug na Grieks en Latyn tot by die moderne tale en meteens is die verskynsel en die struktuur dieselfde ding.

    In die KJV van die Bybel verskyn die woord kerk iets soos 114 keer. En in die NIV iets soos 112 keer. En in die NAV iets soos 23 keer, maar nie in die OAV nie. En dan wonder mens of dit 'n Angel-Saksiese ding is om eerder van "kerk" te praat as "gemeente".

    Kom verskynsels van God en is dit mense wat strukture daarvoor bou? En dan kan ek nie help om te dink aan wat die kleine Anna ges het nie: "Sums were an invention of the Devil, they turned you away from the real God stuff of numbers and tied you up in a world of idiots."

    En dan raak Luz se kwalifikasie hier bo oor wat die rots is waarvan Jesus gepraat het, bloot akademies interessant, maar maak dit die deur oop vir een groep met meer regte om bo 'n ander aangestel te word. Miskien gaan dit nie oor wie dit is nie maar waar kom dit vandaan. En meteens is ons op dun ys, ongelooflik dun ys. Want het jy by dieselfde God as ek geleer? Het ek nie geleer (by mense?) God werk anders nie? Of het jy van mense geleer? Het God my nie anders geleer nie? Het jy van die God van die kerk geleer? Of het jy van die God van die wreld geleer?

    The Message se weergawe is 'n ongelooflike verantwoordelikheid sonder enige mag en Die Boodskap se weergawe is 'n ongelooflike reg met alle mag. Ja, lyk my so verskil een Bybel van 'n ander, maar dit is 'n ander onderwerp en dit bly 'n ope vraag: word Bybelvertalers genspireer wanneer hulle doen wat hulle doen?

  • Kan ek by die kerk leer om te vergewe? (Matt 18:15-17)

    Ja, dit lyk my dis maar half makliker om van meet af aan te vergewe en klaar te kry, byges as ek kan. En lyk my mens kan nogal. Anders is hier 'n eienaardige oor-en-weer-geskuif van die sondelas, net omdat ek nie aanvanklik kon vergewe nie.

    Verwag ek nie van ander om hulself aan my te bewys nie? En is 'n verwagting nie die projeksie van die eie onvermo nie? As ek dit van ander verwag, gaan ek verwag dat hulle dit ook van my gaan verwag en dan is ek te bang om te luister want ek verwag dat ek my berou moet bewys? Is dit wat ek by die kerk leer?

    Wanneer die kerk se Belydenisskrif s ek is eers weer aanvaarbaar wanneer ek werklike verbetering beloof en bewys het, predik die kerk dat ek dit voor God ook moet doen? Dat ek my voor God moet gaan bewys? Kan die mens dit doen? Moet ons dit doen? Is dit wat God van ons vra? As dit waar sou wees, wat 'n godverlate pad. Het die kerk van Jesus se doen vergeet? Is dit waar ons manier vandaan kom dat ek moet, ek moet, ja ek moet? En dan dink ek aan die girls op skool wat altyd, wanneer hulle oefen, gerym het: "I must, I must develop my bust", maar ek weet nie of dit daarvoor werk nie.

    Om niematerieel te "moet" sien ons in die ESS-spiraal as om gedrewe (driven) te wees. Dit is wanneer die spiraal uitkel na bo, waar in 'n meer emosionele bestaan die bron van interne energie is, 'n stootkrag weg van die onderpunt van die spiraal. En om so te doen is ongelooflik menslik. Is dit waarom 'n boek met 'n titel van iets soos Purpose-driven life so in aanvraag is? Maar dit is seker net so ongelooflik menslik dat, voor ons ons o uitvee, die gedrewenheid, die doel sal verbygaan, want dit is "I must, I must" wat die spanwydte van gedrag vergroot. En die dag as die "must" mooi ontwikkel het en dit "bust", dan is dit die dag dat ek my risiko van gedrag vir die wreld wys. Dit is dan wanneer my onderrok uithang, sonder dat ek wou.

    Mens kry die indruk dat dit wat op die individu van toepassing is, ook kollektief in 'n groep werk. Iemand het ges die geskiedenis herhaal ditself. Miskien is dit 'n groep se onvermo om van die negatiewe wat ontvang is, ontslae te raak wat die kiem is van die groep se eie negatiewe manier van doen.

    Was Verwoerd as "genaturaliseerde" eerstegeslag-Afrikaner dalk onbekend aan die Afrikaner se onverwerkte negatiewe emosies? En was sy regterhand, die sekretaris van die destydse Departement van "Naturellesake", dr WMM Eiselen, nie moontlik in dieselfde bootjie nie?

  • S Paulus vir die kerk hoe om te doen of hoe om nie te doen nie? (1 Kor 5:4, 5, 11; 2 Kor 2:6-8)

    Of leef ons die houding dat Paulus voorrang geniet omdat dit wat Paulus ges het, geskryf is voor dit wat Jesus ges het? Of s ons dat omdat Paulus van Jesus self (God) geleer het, ons nie ook van God (die Heilige Gees) kan leer nie? Of wat het Paulus van Jesus gelees wat ons nie vir onsself as toeganklik ag nie?

  • Is dit nie miskien tyd dat die kerk s wie dink die kerk is die kerk nie?

    Wat gaan met die kerk gebeur as die kerk erken dat dit nie vir almal in alles 'n antwoord het nie? Dat die kerk nie alles verstaan nie? Het die kerk al vir haarself dit gevra? Of hoef die kerk nie, of is dit te veel gevra?

    Maar gebeur dit nie al dat die kerk lerig word nie? En wie se skuld is dit, kan ons vra? Dan kan ons Satan weer uit die kas gaan haal en s dit is die bose.

    Anders kan 'n preek die manier h om so vaag te raak soos die sterrevoorspelling (en dat die sterrevoorspelling vaag is, maak seker sin), veral gedagtig aan die moontlike oorbeklemtoning deur die Gereformeerde tradisie dat God deur die Woord geopenbaar word, synde die Bybel en die prediking daarvan wat noodwendig genterpreteer is.

    Waar kom ons vandaan? Ons vertel vir mekaar hoe ons kinders verskil en ons maak hulle so groot, maar as ons Sondag in die kerk instap moet hulle almal dieselfde wees? Is dit hoe ons die "skisofreniese" testiese wreldbeeld oordra van geslag tot geslag?

    Miskien is daar 'n stuk heilige eerlikheid daarin as die Christelike kerk, wanneer sy in gesprek gaan, haarself voorstel as: hier is ons en julle moet ons maar verskoon; (een van) ons eerste leraar(s), Petrus, was maar ietwat van 'n loose cannon maar ons weet hy was lief vir Jesus - terloops oor die liefde en oor Jesus verskil ons bietjie - en hoe Paulus van die Bybel - oor die Bybel het ons ook 'n standpunt of twee - vir ons vertel het om ons sake te rel - het ons 'n leerstelling of drie, maar dis maar ons manier, want di Petrus en di Paulus was skaar in mekaar se geselskap toe verskil hulle openlik, want ja, ons is maar mense - maar ons glo in God - oor God, oor God weet ons so min en verskil ons ook, maar ons probeer.

    En die eenwording van die NG Kerk-familie? Gaan dit 'n struktuur wees of gaan dit 'n verskynsel wees? Gaan dit 'n kerk wees of gaan dit 'n ekklesia wees?

    Dit bly 'n inherente teenstrydigheid in die kerk se manier van doen. Die kerk s die Bybel is die Woord van God van God self, deur die Heilige Gees, en het ewigheidswaarde. En dit is die grondslag van die kerk se glo. En die kerk neem deel aan die opdatering of herformulering van die Bybel. Maar waar kom die kerk se belydenisskrifte dan vandaan as die kerk dit nie ook opdateer of herformuleer nie?

  • Notas
    1 Alle Bybelgedeeltes in die reeks is uit die nuwe Afrikaanse vertaling (NAV) van 1983 tensy anders vermeld.

    Bronnelys
    Die bronnelys, vir maklike verwysing, vir die hele reeks is:

  • Aanhalings uit die Bybel Logos Bible Software 2.0c (Oak Harbor, WA: Logos Research Systems, Inc.) 1995.

  • Aanhalings uit die Dordtse Leerrels, Heidelbergse Kategismus en die Nederlandse Geloofsbelydenis van die webruimte van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika 2001-2002 http://www.gksa.co.za/

  • Barnes, Albert. 1949. Notes on the New Testament. 1974-uitgawe deur Robert Frew, Baker Book House, Michigan.

  • Bengel, John Albert. 1971. New Testament word studies. Volume 1, 1978-uitgawe. Kregel Publications, Michigan.

  • Bevere, John. 1997. The bait of Satan. Charisma House, Florida.

  • Blomberg, Craig L. 2001. The Historical Reliability of John's Gospel. Intervarsity Press, Illinois.

  • Boice, JM. 1979. The Gospel of John. Volume 5, 1980-uitgawe. Zondervan Publishing House, Michigan.

  • Broadman Bible Commentary, Volume 8, 1969. Broadman Press, Tennessee.

  • Calvyn, J. 1553 Het Evangelie van Johannes verklaard door J Calvyn. Vertaal uit Latyn deur GL Goris Kampen: PH Zalsman, 1908-uitgawe.

  • Carter, Warren. 2000. Matthew and the Margins. Oribis Books, Maryknoll NY.

  • Funk, Robert W en Hoover, Roy W. 1993. The Five Gospels. Polebridge Press Book, New York.

  • Fynn. 1974. Mister God, this is Anna. Harper Collins Publishers, Londen.

  • Giliomee, Hermann. 2003. The Afrikaner. Tafeberg, Kaapstad.

  • Joubert, Stephan. 1994. Matteus vandag. Orion Uitgewers, Half Way House.

  • Krog, Antjie. 1998. Country of my skull. Random House, Johannesburg 2003-uitgawe.

  • Le Roux, Annemarie. 1993. Bestaan jy of leef jy? Lux Verbi Wellington. Derde druk.

  • M'Niele, Alan Hugh. 1915. The Gospel according to St Matthew - The Greek text with introduction, notes and indices. MacMillian and Co. Londen.

  • Minear, Paul S. 1982. Matthew the teacher's Gospel. The Pilgrim Press, New York.

  • Nel, Annes. 2003. Op soek na God  buite die kerk? Lux Verbi, Wellington.

  • Nicol, W. 2000. Godsdiens wat werk. Lux Verbi, Wellington.

  • Sabourin, Leopold. 1983. The Gospel According to St Matthew. Volume 2. St Paul Society, Bandra Bombay.

  • Scholtz, GD. 1964. 'n Swart Suid-Afrika. Nasionale Boekhandel, Kaapstad.

  • Smith, Robert H. 1989. Augsbury Commentary on the New Testament - Matthew. Augsburg Publishing House, Minnesota.

  • Spangenberg, S. Die Drie-Eenheid in 'n ander baadjie. Nuwe Hervorming Forum. http://www.nuwe-hervorming.org.za/Arg/art-2.html#ss3.

  • Van Wyk, Chris. 2003. Bid of baklei? Lux Verbi BM, Wellington.

  • Water, Mark. 2003. Keyword Commentary. AMG Publishers, Chattanooga, Tennessee.

    terug    /     boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.