Gillespiestraat-slenters - rubriek deur Johan van WykArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Feeste /
Festivals
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Oktober 2000

Ek is uitasem en nie meer so driftig oor my onderwerp soos ’n paar weke gelede nie. Toe het ek reeds my reaksie op die rassisme-konferensie beplan (of dit wat ons daarvan deur die media gehoor het).

Ek het amper my tasse begin pak vir ’n ander land, toe ek hoor van ’n skuldbelasting — lets face it, soos ons nou belas is, kan ’n mens nie lekker by die einde van die maand uitkom nie, terwyl ’n mens oral hoor van Suid-Afrikaners wat so goed doen in Australië, of so gesog is in Kanada, of waar ook al.

Dit is uiteindelik die groot tragedie van ons land. Almal wat ’n werklike verskil kon gemaak het, is weg, is nie meer hier nie. Daar is nie meer jong wit gesigte in die strate van Durban nie.

En ek wil en kan ’n bydrae maak tot die ontwikkeling van hierdie land, sy kultuur, ens.

In plaas van ’n skuldbelasting aan blankes op te dwing, moet ’n mens miskien weer ’n vorm van Kommunisme ondersoek as ’n alternatief om die groot probleme van die land te hanteer!

Die gedagte kom by my op dat die stryd teen apartheid, wat ’n absolute nodige stryd was, miskien net soveel, indien nie meer, skade aangerig het as aparteid self (veral in die onderwys waar jare lange skoolboikotte tot grootskaalse ongeletterdheid gelei het). Dit is net ’n vinnige skelm gedagte.

Nog ’n skelm gedagte: die rasionalisering wat met demokrasie saamgekom het, het derduisende mense hul werk gekos en is verantwoordelik vir die uitsigloosheid wat veral onder die swart jeug aangetref word. Dit is nie apartheid wat dit veroorsaak het nie, maar die nuwe globale ekonomie. Die kapitalisme van die mark.

Rasionalisering van die magtige burokrasieë wat deur apartheid daargestel is — watter impak het dit op gewone mense gehad en gaan dit nog hê? Mens dink byvoorbeeld aan almal by universiteite wat hulle werk verloor het, die onderwysers, ens.

Wat bedoel ek met ’n vorm van kommunisme? Ek het in die kombuis gestaan, by ’n klomp vuil skottelgoed, toe hierdie idees my brein deurkruis het: Wat van ’n wet wat maatskappye dwing om hul winste te gebruik om werk te skep? ’n Teengedagte kom by my op: sal dit mense nie lui maak nie? Maar dit is nie ’n slegte idee nie.

Daar is so baie spookwinkels in die Puntgebied, seker op ander plekke ook. Waarom word die eienaars nie gedwing om dit te verhuur nie? As ’n winkel vir periodes van meer as twee maande leeg staan, moet die staat dit onteien. Dit sal verseker dat huurgeld minder word — dan het ’n mens weer die probleem van elektrisiteit wat so duur is.

Huur, elektrisiteit, telefoongelde, belasting: hierdie is die dinge wat goedkoop gemaak moet word as die land ekonomies wil vooruitgaan.

’n Ander baie eenvoudiger oplossing vir ons land se probleme is ’n spontane boikot van alle onnodige Amerikaanse produkte, of ’n rykmansbelasting wat op alle Amerikaanse films en popmusiek gehef word.

Amerikaanse kulturele imperialisme is besig om ons te laat verval tot ’n gemeenskap van boemelaars wat toekyk hoe hulle hier oorneem.

’n Week lank het die SAUK net local musiek probeer speel, en dit was absoluut wonderlik, waarom dit nie ’n beleid maak nie?

Die ding wat my oorspronklik tot hierdie onderwerp gedryf het, was ’n nuusberiggie oor die rassismekonferensie wat my baie ontstel het. Dit was ’n minister of iemand se reaksie op Afrikaanse intellektuele of die sogenaamde Groep van 63 of 64.

Dit het my laat dink aan die verre verlede, in die sestigerjare toe ek nog ’n kind was. Ek onthou. Dit was in die mynersdorp Welkom. Ons het buite gespeel toe die nuusleser van die seweuur-nuus — die radio was op die yskas, ek moes seker net by die kombuis ingekom het — ’n lys name van Kommuniste begin lees het.

Dit was die terreur deur middel van die radio. Hoe het die mense in die dertigerjare in Nazi-Duitsland nie gevoel elke keer as ’n nuwe volksvyand oor die radio geïdentifiseer is nie, of in Stalinistiese Rusland.

Is ek een van die Groep van 63? Ek weet self nie. Ek is wel op Dan Roodt se e-pos-adreslys. Is die mense op die adreslys die Groep van 63? Dit laat my maag draai.

Ek haat die vereenvoudigings van die politiek.

Rassisme is enige veralgemenende stelling oor ’n groep, hetsy positief of negatief. Die veralgemenende en demoniserende stelling oor “Afrikaner-intellektuele” lyk na ’n goeie voorbeeld.

Die feit is: ek raak geweldig ontsteld wanneer ek op TV sien hoe swak Amerikaanse gemors oorneem. Ek gee nie om oor Engels nie, solank dit local is. TV-stasie twee, bv., is veronderstel om vir Afrikaans en Sotho te cater, maar sewentig persent is Amerikaans. Dit is hoekom ek deel is van ’n Groep van 63.

Ek is teen die Amerikaanse produkte, nie omdat ek rassistiese gevoelens teen Amerikaners koester nie, maar omdat Amerikaanse produkte Suid-Afrikaners onnodig verarm.

Terug by apartheid. Ons almal weet van die gruweldade en misdade van apartheid, die probleem, en dit is die deel van die waarheid waarmee Suid-Afrikaners sal moet vrede maak as hulle wil vorentoe, is egter dat die monster ’n geweldige produktiewe kant gehad het. Het dit nie tyd geword om die produktiewe kant te evalueer nie?

Bv.: vanmôre klim ek by my kar by die universiteit uit, en ek kyk na die netjiese parkeerterrein, en dan na die luukse geboue, en ek dink hoe die gemeenskap verarm het. Is dit moontlik om vandag so ’n kampus op te rig? Nee, vandag is dit nie net onmoontlik nie, daar word selfs gedink aan die toemaak van talle kampusse.

Dan die dissiplines wat moes vedwyn — dui dit nie op verarming nie? Ons finansier nie meer ’n oorlog nie, en tog is ons ekonomies gesproke soveel armer as ’n gemeenskap.

Moet my nie verkeerd verstaan nie. Ek lewer nie ’n pleidooi vir apartheid nie. Ek het dit intens gehaat. Dit het by geleenthede amper my lewe gekos. Ons is vandag baie vryer, maar armer. Ek verkies armoede bo ’n onvrye rykdom.

Maar die waarheid is die waarheid. Ons moet versigtig wees dat ’n selfregverdigende skynheilige diskoers nie besit van ons neem wanneer ons die verlede evalueer nie. Ons is nie God nie, en die geskiedenis kan vreemde draaie gooi.

Apartheid het basies verskillend op twee kategorieë swart mense ingewerk: die eerste kategorie was die werkloses, die huishulpe, die plaaswerkers en die onderbetaalde werkers. Hul lewens was hel.

Die ander groep was die geskoolde kleinmiddelklas. In baie opsigte het die monster juis hierdie mense in sy burokrasieë bevestig. Om te beweer die stelsel het net blankes bevoordeel, het dus kwalifikasie nodig. Die vraag is in watter mate die situasie vandag tot die voordeel is van die mense wat in die vorige stelsel gely het.

Ek is nie seker oor ’n antwoord nie. Hoeveel huishulpe, plaaswerkers en ander werkers het nie hul werk in die huidige stelsel verloor nie, hoeveel jeugdiges het geen toekoms nie?

Dan is daar ook baie blankes wat onder die vorige stelsel gely het (wat kinders in die oorlog verloor het, hul werk verloor het weens die ekonomiese boikot, en wat vandag nog werkloos is, of ontken ons die bestaan van hierdie mense — en dit is hulle wat geneig tot rassisme is.) ’n Mens het filosowe nodig om die situasie te ontrafel.

Maar die punt wat ek wil maak, is dat ’n mens versigtig moet wees om op loop te gaan met die slagspreuke van ’n nuwe elite, en nie uiteindelik net groter armoede en probleme skep nie. Die bloudrukke van politici en sosioloë het die geneigdheid om te boemerang.

Ek dink die meeste Suid-Afrikaners wil ’n positiewe bydrae maak — dit is die regering se taak om ’n ruimte vir hulle te skep.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.