My donkerste geheimArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.


Ons naweek saam

Jy het laat weet jy's amper op pad en ek lê na die hotelkamer se dak en staar. Sal ek jou herken van die foto’s wat jy gestuur het? Sal ons ook so lekker as oor die internet kan gesels? Is jy klein of groot, fyn of grof gebou? Gedagtes maal deur my kop as die sel lui en jy met daardie skaam, vriendelike stemmetjie laat weet jy is voor die hotel. Ek gaan na Ontvangs en stap na jou kar. Jy klim uit en skielik kyk ek af in die allerpragtigste glimlaggie. Ek is totaal ontkant gevang en hou my besig om jou bagasie af te laai. Jy maak verskoning dat jy nog nie kon bad na werk nie en ons val oor mekaar se woorde. Of is dit ek wat oor my eie woorde val?

Dan is ons alleen in die kamer en ek praat aanmekaar om te probeer verhoed dat daar 'n stilte en ongemak ontstaan. Jy begin gesels met jou man wat oorsee werk terwyl ek 'n tydskrif probeer lees. My oë dwaal kort-kort na hierdie pragtige mensie wat asof uit die niet verskyn het en nou deur haar leesbrilletjie op die laptop konsentreer. Dan is julle klaar en jy kyk na my. Met 'n stout glimlaggie kondig jy aan dat jy vir jou 'n kamer gaan bespreek. Ek het vroeër by Ontvangs gestaan en rook en verseker jou dat die hotel vol is. Verbeel ek my of was daar 'n onuitgesproke ooreenkoms tussen ons dat ons 'n kamer gaan deel? Ons gesels nog 'n rukkie en dan haal jy jou nagklere uit. Jy trek in die badkamer uit en en dan staan jy daar met jou winterspajamas, kamerjas en pantoffels. Ek glimlag in my binneste. Hel, jy's omtrent voorbereid om my van jou weg te hou. Onder die duvet baklei jy om ontslae te raak van die kamerjas en pantoffels. Dan trek jy die beddegoed tot onder jou ken en met net daardie kostelike gesiggie wat sigbaar is, loer jy vir my. Jy is dierbaar. Ek slaap kaal en klim langs jou in die bed. Jy is baie lief vir jou man en as ek reg onthou, was dit van jou eerste woorde aan my op die net. Tydens een van ons gesprekke het ek agtergekom dat jy jouself  nooit sou vergewe as jy ontrou aan hom moet wees nie en ons het ooreengekom dat as ons mekaar ooit eendag sou ontmoet, ons nie intiem sou wees nie. Shit! Dis moeilik. Ek sit my arms om jou klein lyfie en raak aan die slaap. Wanneer ek wakker word, is jy weer aan die gesels op die laptop. Na ete bring ons die grootste deel van die dag in die stad deur. Jy het lank daar gewoon en ken die plek. Dan is ons weer saam in die kamer.

Ek kan nie my hande van jou afhou nie. By elke geleentheid druk ek jou vas of raak net aan jou. Jy laat my toe om jou kaal teen my vas te druk en jou te soen. Jou tieties is die kleinste wat ek nog gesien het - hulle is pragtig. My een hand omsluit feitlik al twee jou boudjies. Dit voel later of my voël gaan afbreek. Die uitdrukking in jou oë wanneer ek "te ver wil gaan" weerhou my en ek besef dat ons ooreenkoms nodig was. Ek mag nie in jou ingaan nie. Hoe my hele liggaam ook al daarna roep om een met jou te word.

Sondagmiddag vertrek ons in twee voertuie. Ons hou kontak oor die sel en jy gaan wys my jou geboortehuis, waar jy woon, jou dorp en waar jy werk. Ons hou stil om te groet naby jou werksplek en ek neem jou vir oulaas in my arms en soen jou. Dis so bitterlik swaar om afskeid te neem.   

Die Sondagaand bring ek by mense in jou omgewing deur en vertrek Maandagaand donker. Die rooi van die stopteken by die T-aansluiting doem in die kar se ligte op. Draai ek links, kan ek vannag in 'n gastehuis naby jou oorbly en my môre voordoen as 'n kliënt om jou vir oulaas weer te sien. Dalk kan ek aan jou raak deur jou met die hand te groet. Draai ek regs, sal ek jou nooit weer sien nie. Ek draai na nooit.

Elke streep wat onder die bande inglip, is een verder van jou af. My wange en bors begin saamtrek. Demmit man. 'n Man huil nie, probeer ek my emosies in toom hou. Dan verskyn die bome waar ons gistermiddag koffie gedrink het in die donker langs die pad en ek voel hoe die emosie deur my liggaam ruk. Nooit sou ek kon droom dat ons naweek saam my so totaal ontredderd sou laat nie.

My vrou het laat weet dat sy my verwag. My hart huil. Ek verlang na jou, Hoenertjie.

Anoniem

E-pos jou donkerste geheim na bieg@litnet.co.za.
E-mail your darkest secret to bieg@litnet.co.za.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.