GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die Revolusie

Paul Vermeulen

Donker nag. Die rooi nommertjies van die horlosieradio lees 02:25. Ek sit met die rekenaar op my skoot, en wag vir die woorde om te kom. My vingers lÍ ontspanne op die “asdf” en “jkl;” van die sleutelbord.

Langs my in die bed roer my lewensmaat. My nagtelike skrywery is gelukkig niks nuuts nie.

Dan begin die woorde stadig vorm in my brein. My vingers begin roer oor die toetsbord.

Dit is die storie van my selfaanvaarding diť. Ek hoop dat dit dalk van hulp kan wees vir iemand daar buite. As dit net ek is wat dit ooit lees, is dit egter net so goed. Dit is my oorwinningsbrief teen selfverwyt en die oorweldigende stiksienigheid daar buite. Ek staan nou regop en kyk die wÍreld in die oŽ.

Die storie begin reeds in my tienerjare. Die tyd waarin 'n mens die vorm begin aanneem wat jy die res van jou lewe gaan wees. Ek het altyd geweet ek is anders, maar het verkies om daardie gedagtes ver agtertoe te stoot en nooit daaraan te dink nie. Later het ek begin om 'n bietjie met mans uit te gaan, maar die skuldgevoelens het vierkantig tussen my en geluk bly staan. Die dag wat die revolusie in my begin het, was skaars twee maande gelede. Tog voel dit soos jare wat verbygegaan het.

Daardie dag het ek vroegoggend reeds geweet dit gaan 'n blou Maandag wees. Ek het skaars eksamentoelating gekry vir Sielkunde 2, en ek het geweet ek gaan in die sop wees daaroor by die huis.

Boonop het “die onderwerp” weer opgeduik in ons vriendekring tussen klasse. Die kollig was op Jason, een van die min openlike moffies wat ek ken. Hy het in die middel van die groep gesit en almal se gemoedelike geterg oor sy seksuele oriŽntasie afgelag. Ek het myself eenkant gehou net ingeval iemand my opinie vra. Almal het geweet ek is gay, maar my onvermoŽ om dit te aanvaar het my teruggetrokke en skaam gemaak daaroor.

Die geykte verdoemenis van Adam en (St)Eve se verhouding het reeds gou in die gesprek weer sy opwagting gemaak. Jason het net sy oŽ lugwaarts gerol, en die groep met skerp kommentaar stilgemaak.

Rudi, die macho beer van die groep, het weer probeer: “Kom nou, Jason. Hoe weet jy jy is gay? Het jy al saam met 'n vrou geslaap?”

Jason maak asof hy wil spoeg. “Hoekom sal ek dit wil doen? Ek gril my dood.”

Rudi lag. “As jy nog nie albei situasies beleef het nie, hoe weet jy watter een jy verkies?”

Renť, die bottelblond, frons. “Hoe weet jy dan jy is straight, Rudi? Het jy al saam met 'n man geslaap?”

Sonder om te blik of te bloos erken Rudi dat daar wel 'n insident of twee op skool was, maar dat hy meisies verkies.

Ek het belangstelling in die gesprek begin verloor. Skielik het daar 'n paar vraagtekens begin opkom in my gedagtes. Rudi se argument het begin sin maak. Hoe, inderdaad? Dalk gaan ek ook eers definitief weet as ek albei kante probeer het. Ek het al 'n paar kortstondige seksuele verhoudings met mans gehad, maar nog nooit met meisies nie.

Diť middag bespreek ek die situasie met my sielkundige. Ek en my ousus, Jeannť, het 'n weeklikse afspraak op Maandae by Burgundy's. Maandae, omdat sy nie baie pasiŽnte op daardie dae het nie. Sy luister aandagtig na my argument.

“Dit is belaglik!” antwoord sy uiteindelik. “Jy kan jou nie laat ontstel deur sulke belaglike en ongeskoolde kommentaar nie! Boetie, jy is gay. Almal aanvaar dit so, selfs ouma Katie. Hoekom is jy so hard op jouself? Aanvaar dit net, en gaan aan met jou lewe.”

Mmm, makliker gesÍ as gedoen, dink ek, en sit die res van die muffin in my mond.

Soos altyd het Ousus weer 'n oplossing vir alles: “Kom Vrydagaand oor vir ete. Slaap sommer oor. Ek en Arno hou 'n klein geselligheidjie vir 'n paar vriende en kollegas. Jy sal dit geniet. Buitendien wil ek jou voorstel aan Conrad. Hy is 'n dish! Hy het so pas klaar geswot en sy eie praktyk begin.”

Maar ek is reeds voorheen gevang met hierdie slap riem. “Jeannť, etes by julle huis beteken ek moet 'n tux huur en die hele aand small talk maak met ou omies en belustige meisies. Dankie, maar ek dink nie so nie.”

Maar die nuuskierigheid het die oorhand gekry deur die loop van die week, en Vrydagmiddag nŠ klas het ek myself mooi aangetrek en Ousus gaan help met die voorbereidings vir die ete.

Soos verwag, was “'n klein geselligheidjie vir 'n paar vriende en kollegas” 'n formele aand met bykans 50 mense, 'n gehuurde blaasorkes en ses kelners.

Jeannť het nie oordryf nie. Conrad is 'n vleispaleis. Sy stel hom aan my voor, en ons wissel 'n paar woorde oor my kursus, wat hy natuurlik so pas voltooi het. Ek kan skaars praat. Ek kan nie ophou daaraan dink dat ek hom daar tussen al die silwer en porselein op die groot eetkamertafel sal wil plat trek nie. My verbeelding was nog altyd ooraktief. Ousus beduie oor sy skouer vir my om terug te gesels. Maar ek knik net ja en nee op die regte tye. Jeannť rol haar oŽ dakwaarts en verdwyn by die kombuis in.

NŠ 'n paar minute verdwyn Conrad tussen die mense in, seker om meer volwasse geselskap te gaan opsoek.

My hart was gebreek. Ek wou hom alles vertel. Ek wou verder vasgeklem wees in sy donker staring. Maar hy het reeds aanbeweeg, en my seker iewers na agter in sy gedagtes geskuif.

Kort voor lank staan ek op my ou plek tussen die ou omies en die wulpse meisies. My glimlag is van plastiek, en my reaksie oor my studies, waarvan almal natuurlik wil hoor, is emosieloos.

'n Paar minute later is ek alleen. Ek gaan sit by die tafel met my blik vasgevang deur Conrad se breŽ skouers.

“Hy is mooi, nie waar nie?” Ek skrik my boeglam en gooi amper die glas sjerrie op my gehuurde pak klere uit. Die blonde meisie agter my lag saggies, en sit haar hand op my skouer. “Jammer. Ek wou jou nie laat skrik nie. Is jy oukei?”

“Ek's oukei, dankie.”

Ek staan op en draai my na haar toe. Sy steek 'n klein handjie na my uit. “Lindi Bennet.”

Ek vat haar hand. “Cornť Dreyer.”

Sy knik. “Ek weet. Jy is Jeannť se broer.”

“Ja.”

Sy is anders as die ander. Sy is mooi. Perfek gegrimeer. Lig, en nie aangeplak nie. Haar stem is volwasse en haar blik reguit en eerlik, en nie fladderend en honger soos die res van die meisies s'n nie.

“Jy is nie die enigste een wat agter sy lyf aan is nie.”

“Huh?”

“Conrad Ehlers. Jy sal moet oŽ uitkrap en tone trap as jy hom vanaand wil hÍ.”

Ek doen nie eers die moeite om dit te ontken nie. “Dit sal nie nodig wees nie. Hy stel in elk geval nie belang nie.”

Sy haak by my in en begin met my oor die vloer stap. “Ag, toemaar. Hy's dit nie werd nie. Kom ons gaan staan buite.”

Ek kom uit op Ousus se patio met Lindi aan die arm. “So, sal ek op jou tone ook moet trap vanaand?”

Sy lag klokhelder. “Nee wat, ek stel nie in mans belang nie.”

“Is jy gay?”

“Nee. Ek werk nou eers aan my loopbaan. Ek het nie nou tyd vir 'n gekompliseerde verhouding nie.”

Ek voel soos 'n idioot.

“Toemaar, ek het baie gay vriende. Ek kuier eerder saam met hulle as met die breeders.”

Ek lag, en begin ontdooi teenoor haar. Spoedig vertel ek haar van die gesprek op kampus vroeŽr die week.

“Het hulle dalk 'n punt beet?” wil ek weet. “Hoe gaan ek werklik weet of ek gay is as ek nog nooit saam met 'n vrou was nie?”

Sy frons. “Dalk is dit 'n geldige argument. Miskien moet jy dit probeer. Dit kan seker nie skade doen nie?”

Weer waag ek dit om haar 'n persoonlike vraag te stel. “Het jy al ... Was jy al saam met 'n meisie?”

Sy glimlag. “Ja. Lank gelede. Ek was nog op hoŽrskool. Sy was die dominee se dogter. Ek het gevlei gevoel dat sy my wou hÍ. Dit het nie lank gehou nie. Ek wou eerder saam met die hoofseun wees as met haar.”

NŠ bykans twee ure se gesels vra Lindi my of ek nie saam met haar wil huis toe gaan nie.

“Vat my huis toe asseblief, Cornť. Ek kan nie met hierdie hoŽ hakke bestuur nie. My voete skreeu blou moord.”

Ons sluip by die agterdeur uit voordat Ousus ons kan sien. Lindi trek haar skoene net daar in die tuin uit en gooi dit tussen die rankrose in. Ons raak histeries aan die lag en gaan soek haar motor. Sy haal die sleutels uit haar handsak en gooi dit vir my.

In die motor speel sy met my hare terwyl ek bestuur. “Jy is anders as ander mans.”

“Duh.”

Ek kyk vir haar en lag. Sy lÍ half in die sitplek, en skielik is sy onweerstaanbaar mooi.

“Ek weet jy is anders,” sÍ sy. “Maar ek bedoel dit nie so nie. Jy is sensitief en vriendelik en in voeling met jou emosies. En jy is nie net nice met my omdat jy in my bed wil wees nie.”

Ek antwoord nie. Ek het juis met daardie gedagte begin speel toe sy dit noem. Sal ek dit kan regkry?

In haar dupleks val Lindi op die bank in die sitkamer neer. “Ek haat sulke formele funksies!”

Ek gaan sit langs haar, en sy kom lÍ met haar kop teen my skouer.

“Ek het vergeet hoe lekker dit is om so by 'n man te sit,” sÍ sy, en streel met haar sagte handjie oor my arm. Ek is stomgeslaan. Wat is hier aan die gebeur?

NŠ 'n paar minute van stilte kom Lindi orent en kyk in my oŽ. “Wat is fout? Jy wil mos die ander kant van die lyn uitprobeer. Hier is jou geleentheid. Ek het dit vanaand nodig, en jy is nuuskierig daaroor. Dit is 'n wen-wen-situasie.”

My keel trek toe. Wat moet ek doen? Opstaan en weghardloop? Saamspeel? Sy neem my hande en druk dit stadig teen haar borste vas. Dit is warm en ferm onder my vingers, en ek bly vashou daaraan toe sy haar hande wegvat. Voor ek weet wat aangaan, is ons sonder klere. Ek verstom my aan die pragtige liggaam voor my. Dit is so anders as waaraan ek gewoond is. Sag en mooi. Vroulik.

Ek is onseker oor wat om te doen, en ek laat haar die leiding neem. Sy weet egter presies wat moet gebeur, en stuur my subtiel in die regte rigting. Die hele proses is soos 'n sagte, liefdevolle dans, en nie soos 'n rowwe stoeispel, soos dit soms met twee mans is nie.

My hande trek oor die onbekende terrein soos 'n reŽnbui nŠ 'n lang droogte. Sonder moeite of vrees dat my liggaam haar aandag gaan verwerp en belangstelling gaan verloor. Die stukkie van haar liggaam wat haar vrou maak, is vir my van besondere belang. Ek streel daaroor met 'n intense fassinasie. Dit is warm en nuut vir my aanraking, en nie hard en oorbekend nie. Ek wil dit alles hÍ. Nou.

Ek glip maklik by haar in, en oombliklik dink ek ek gaan bars. Dit is 'n nuwe wÍreld, en ek wil elke oomblik daarvan verken.

Vir die eerste keer vandat ek seksueel aktief geraak het, het dit gevoel asof albei partye 'n normale funksie het om te vervul. Soos 'n sleutel en 'n slot. Soos Jin en Jang. Sy het die pas aangegee, en dit was ritmies en vol emosie.

Ons het daardie nag liefde gemaak, en nie net seks gehad nie.

Ek het die volgende oggend wakker geword met Lindi in my arms. Die vorige nag se gebeure het soos 'n brander oor my gespoel. Sy het geroer in my arms en haar oŽ oopgemaak. Ons het vir mekaar geglimlag, en nŠ 'n rukkie het sy opgestaan en vir ons koffie en beskuit gebring.

Nadat ek gestort het, het Lindi vir my haar motorsleutels gegee en gesÍ dat sy moet swot. Ek is terug na Ousus se huis. Sy het my oopmond aangestaar terwyl ek haar van die vorige aand se verrigtinge vertel.

“Wel, dit is een persoon wat ek nie weer na 'n geleentheid sal nooi nie!” het sy kil gesÍ en haar naels verder gepoleer. Ek het dit nie verstaan nie. Ek het verwag dat sy sal bly wees dat haar boetie vir 'n slag iets “normaals” doen. Sy was beslis nie.

Laatmiddag is ek terug na Lindi se huis. Sy het my om die nek geval en my oopmond gesoen sonder om 'n woord te sÍ. Ons is strompelend op met die trappe en die voorheen ondenkbare het weer gebeur. En 'n halfuur later weer. Ek het nŠ die tyd uitgeput langs haar neergeval en ons het net so aan die slaap geraak.

Iewers in die nag het ek wakker geword met 'n hoofpyn. Ek wou opstaan om 'n pil te gaan soek, maar Lindi het klein en warm en naak in my arms gelÍ. Die maanlig het deur die oopgetrekte gordyn op haar satynsagte, wit liggaam geskyn, en dit het my mal gemaak. Ek het saggies met my vry hand oor haar liggaam gestreel. Sy het gekreun, omgedraai en verder geslaap.

Ek was deurmekaar. Waarom het ek nou hierdie obsessie? Probeer ek iets aan myself bewys?

Die volgende oggend het sy my kampus toe gevat, en ek het haar in die gang voor my kamerdeur vurig gesoen. Sy moes weer gaan swot, en wou nie inkom nie. Ek is die res van die dag alleen met my eie deurmekaar gedagtes gelaat.

Die volgende week het ek elke aand na Lindi se huis gery, al was dit ver van die kampus af, en al is my petrolbegroting heeltemal oorskry. Ek kon nie genoeg kry van haar liggaam nie. Elke aand het dit beter en beter geraak, en ek weet tot vandag toe nie of sy dit altyd geniet het, en of sy dit net toegelaat het omdat ek so 'n groot agterstand gehad het nie.

Die volgende Saterdag het ek haar saamgevat na my ma en ouma se kleinhoewe buite die stad. Ek het vermoed dat hulle bly en verlig sal wees dat hulle seun en kleinseun eindelik “begin regkom”. Daar was fronse op albei gesigte aan tafel, en 'n vreemde stilte het oor die vertrek gehang.

NŠ ete, toe ons in die sitkamer aansit vir tee, het ek Lindi se hand in myne vasgehou. Ouma Katie het in trane uitgebars, en is kamer toe. Ek was verward. Ek is agterna en het aan haar deur geklop.

“Ouma?”

Ek stoot die deur oop en gaan in. Sy lÍ op die bed met haar rug na my toe.

Ek gaan sit langs haar gaan, slaan my arm om haar.

“Wat is fout?”

Sy draai haar na my toe en praat te hard.

“Wil jy vir my sÍ jy was toe al die tyd nie skeef nie? Was al die pyn en trane om jou te aanvaar, verniet?”

Haar oŽ begin opnuut traan.

“Ouma, ek verstaan dit self nie. Ek het gedink julle gaan bly wees!”

“Ons is nie! Dit is nou die tweede keer dat jy my hart breek. Hoekom doen jy dit?”

Ons het in stilte huis toe gery. Vir die eerste keer vandat ons mekaar ken, het ons dadelik geslaap toe ons in die bed klim. Die volgende oggend het Lindi langs my kom sit terwyl ek skeer.

“Ons moet hieroor praat.”

Ek het geknik. “Ons moet.”

“Is ons nou 'n couple, of slaap ons net saam vir die lekkerte?”

Daar is 'n frons op haar pragtige gesig. Ek kan nie antwoord nie. Ek probeer tyd wen deur die skeermes stadig oor my wang te trek asof ek ingedagte is.

“Antwoord my,” sÍ sy sag. Klein en kwesbaar daar langs my.

Wat moes ek doen? Ek het self nie geweet wat aan die gebeur was nie. Ek het geniet wat ons gedoen het, en waarlik gehoop dat ek besig was om “normaal” te word.

Ek stuur 'n skietgebed die hemele in en gaan sit by haar op die matjie.

“Ek dink ons is 'n couple.”

Sy het my bespring soos 'n pyl uit 'n boog. My gesig was nat en vol skeerskuim, maar sy het my gesoen en gedruk totdat ons albei besmeer was. Ons het saam gestort en ek het haar klein liggaampie styf in my arms toegevou.

Skaars twee weke later het ek presies verstaan waarom my ma altyd by haar kombuistafel sit met 'n koppie tee, sug, en sÍ dat die duiwel listig is. My selfoon het gelui net toe ek uit die sielkundeklas stap.

Dit is Conrad Ehlers.

My hart klop wild in my keel. Ek voel duiselig en gaan sit op die gras. Hy verduidelik dat hy my nommer by Jeannť gekry het, en dat hy my wil uitnooi vir koffie. Hy wil met my praat oor iets wat my met my studies sal help.

Ek was so deurmekaar. Dit het die laaste paar weke se vordering heeltemal deurmekaar kom krap.

Lindi het my aangespoor om hom te gaan sien. “Gaan hoor wat hy te sÍ het!” Dit het nie gelyk asof sy hoegenaamd omgee dat ek Conrad gaan ontmoet nie.

Ek het die volgende middag sy praktyk besoek. Sy kantoor het geruik na sy naskeermiddel. My bene was lam. Hy was ontspanne en vriendelik en sjarmant, en het verduidelik dat hy 'n sielkunde-simposium in Nelspruit moes bywoon, en hy het gewonder of ek nie saam met hom wou gaan nie. Ek het sy aanbod aanvaar sonder om te dink aan die gevolge daarvan en risiko's daaraan verbonde.

By die huis het ek die nuus terloops tussen my en Lindi laat val. Sy was besig om kos te maak, en het net geknik sonder om 'n woord te sÍ. Die res van die aand was daar 'n stywe atmosfeer tussen ons, en die stilswye het 'n wig tussen ons gedryf. Ek het in die bad gaan lÍ met 'n glas wyn, en kon nie ophou dink aan die man en die opkomende reis saam met hom nie. Maar ek het ook geweet dat dit verkeerd was. Die reis Nelspruit toe sou nie sonder versoekings wees nie. Versoekings wat ek nie noodwendig wou weerstaan nie. Maar ek het myself aan Lindi verbind. Fisiek en emosioneel.

Wat het ek gedoen? Hoe gaan ek dit ongedaan maak? Kan ek? Is dit die duiwel se werk om my te kom verlei nou terwyl ek op die regte pad is?

Of is dit 'n toets van ons Grote Vader? Om te sien of ek versoekings kan weerstaan?

Ek blaai later diť aand hartseer en deurmekaar deur my ou poŽsiebloemlesing. My hande raak stil by ID du Plessis se werk, en trane begin oor my wange rol.

As ek my vreemde liefde bloot moes lÍ,
Wat sou die vrome skenders van die skoonheid sÍ?
Sou hul, met heilige verontwaardiging,
Besoedelende vingers God-waarts steek,
En na diť self-regverdigende reiniging
Hul eer aan my kom wreek?
Of sou 'n sprank van hierdie vuur wat in my gloei
Ook hulle aanraak, sodat hul verstaan
Die liefde neem 'n duisend vorme aan?

Twee dae later het ek die oggend vroeg in Conrad se nuwe Duitse motor geklim, en ons het die lang pad aangepak. Net ons twee. Hy was die personifikasie van manwees, en ek het langs hom gebewe van opwinding. Net om saam met hom te wees was vir my 'n bevryding.

Ek het gedink aan Lindi se stille afkeuring van my reisplanne. Ek het sleg gevoel, maar besluit om die tydjie saam met Conrad 'n kans te gee. Dalk was my morbiede gedagtes van versoekings en duiwelse vurksteke heeltemal verkeerd. Dalk was dit 'n teken dat ek juis op 'n verkeerde pad was, en dat Conrad gestuur is om my oŽ oop te maak.

Twee ure later het ek 'n SMS van Lindi gekry. “Dit gaan nie werk nie. Jy kan nie veg teen wie jy is nie. Dankie dat jy probeer het. Ek is nie kwaad vir jou nie. Ek hoop dat ons vriende kan bly. Sterkte vir jou en Conrad. Liefde, LB.”

Ek het begin ontspan, en Conrad se motor het stil en vinnig die snelweg verslind. Ons het oor enige denkbare onderwerp gesels. Ek het gemaklik begin voel saam met hom. Toe ons ure later in Nelspruit stilhou, het my hand rustig op Conrad se been gelÍ.

Diť aand in die hotelkamer het ek hom alles vertel. Van die gesprek tussen Jason en Rudi weke gelede, die partytjie by Ousus se huis, hoe graag ek hom daardie aand wou hÍ, en hoe deurmekaar ek was. En van Lindi. Hy het rustig na my gekyk terwyl die woorde oor my lippe gesukkel het. Trane het oor my wange gerol en ek kon hom nie in die oŽ kyk nie.

Hy het gewag dat ek klaar praat, en toe het hy oorgeleun, en sy heerlike lippe sag en warm teen myne neergelÍ. Dit was die finale oortuiging. Die begin van die einde van die revolusie in my. Ek het die mure rondom my twyfels begin afbreek, en ek het myself oorgegee. Ek was by die huis. By hom.

Met elke kledingstuk wat tussen ons geval het, het ek myself meer en meer aanvaar. My hande het 'n gretige verkenningstog begin tussen ons. Eindelik, toe ek elke sentimeter van sy liggaam met bewende hande verken het, het ek opgekyk in Conrad se oŽ. Hy het geglimlag, en ek het geweet ek het vrede gevind.

Ek kyk na Conrad langs my in die bed. Hy roer in sy slaap, maak sy oŽ oop, en kyk na my. Ek leun oor na hom, soen hom saggies teen sy voorkop, en trek die kombers hoŽr tot in sy nek. Hy glimlag terug, en maak sy oŽ weer toe. Ek kyk weer na die letters op die skerm, en skryf dan die laaste paragraaf.

Jy kan nie veg teen wie jy is nie. Jy kan nie 'n leuen probeer lewe net omdat jy jouself nie kan aanvaar nie. In die proses sleep jy onskuldige mense saam met jou die afgrond in. Veg teen jou vrese, aanvaar jouself, en jy sal innerlike vrede vind.



Oor die skrywer:

Paul Vermeulen

Paul Vermeulen

Ek is 26 jaar oud en is afkomstig van ’n myndorpie in die Noordkaap, genaamd Kathu. Ek woon sedert 1997 in Pretoria en is in die boekhoubedryf. Ek is die jongste van drie kinders, en die enigste seun. Ek het my eerste verhaal begin op 16-jarige ouderdom. Dit het gehandel oor ’n jong man se vrese (myne!) om uit die kas te kom by sy familie. My eie uitkomverhaal was gelukkig baie minder dramaties, en my ouers is nou my grootste vertrouelinge.




LitNet: 15 September 2004

NOTA: Ek ontvang graag reaksie op hierdie teks. Stuur dit na dbbotha@mweb.co.za.
DANIE BOTHA

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.