GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

thinners-valentyn

Sefanja

Paul sit op Dirk se bed en vat 'n diep trek van die groot zol. Hy hou die rook in sy longe terwyl hy praat: "Jy is anders, Dirk. Een van daai mense wat kan sŪťn. Jy sien dinge wat ander nie kan sien nie."

Sy woorde bly in die lug hang terwyl hy die dagga uit sy borskas blaas. Rook vul die klein kamertjie agter die voorstedelike garage. Die gedrukte doek vol kopbene teen die muur, die EinstŁrzende Neubauten-plakkaat van 'n perd wat urineer en die res van die gothic-grunge paraphernalia word wasiger en wasiger.

Dirk neem die zol by Paul. Dit is Valentynsdag, 1993.

"Ja, Paul. Ek sien te veel. Dis die ou probleem. Mense het al vir my gesÍ ek dink te veel; dink myself hartseer. Ek weet nie."

Dirk vat 'n trek en hou sy asem op om die dagga so lank moontlik in sy longe te hou. Sy regtervoet tik op die maat van die alternatiewe rock wat pomp uit die portable op die lessenaar. Lola was veronderstel om ook vandag hier te wees, dink hy. Nou is dit net ek en Paul. En ek ken hom nie eens so goed nie. Dit voel weird.

"Nine Inch Nails is bietjie hectic; wil jy nie iets meer mellow speel nie?" kla-vra Paul.

"Wat van The Orb?" probeer Dirk en trek die lessenaar se laai oop.

"Ja, cool. Speel The Orb," sÍ Paul. Hy strek na sy toiingrige rugsak en haal twee geskeurde stukkies lap uit, plus 'n etiketlose drankbottel, halfpad gevul met 'n kleurlose vloeistof. Paul skroef die bottel oop en frommel 'n stukkie lap in 'n vuisgrootte bal. Hy hou die lap styf teen die bottelopening en keer die vloeistof vinnig een keer daarop om, waarna hy die bottel neersit en die opgefrommelde stuk lap in sy vuis klem.

"Kyk wat het ek gebring," kondig hy onnodig aan en glimlag ondeund. ''Wil jy bietjie hÍ?"

"Nie te veel nie," sÍ Dirk fronsend. Hy probeer bereken hoe lank dit is voor sy ouers van Jeffreysbaai terugkeer. Verfverdunner is nie 'n grap nie. En Paul is berug daarvoor. Hy raak blykbaar baie freaky op die goed. BŠie freaky - glo hy het bonatuurlike magte; doen sjamanistiese rituele; tree telepaties in verbinding met towenaars en hekse ...

Paul plaas 'n tweede stukkie opgefrommelde lap oor die bottelopening en keer die thinners daarop om sodat dit deeglik nat word. Hy gee die lappie vir Dirk met 'n houding van hartlike en deurwinterde kameraadskap. Soos 'n bejaarde oorlogsveteraan wat by 'n oudstrydersreŁnie sy glasie whisky teen diť van 'n makker van 'n halfeeu gelede klink.

Nadat elk 'n lappie thinners in sy vuis het, maak hulle klein spasies oop tussen hul duime en wysvingers en druk diť openinge teen hul monde om die potente dampe in te asem.

Die twee jong mans praat nie meer nie. Die suiggeluide teen hul vuiste laat dit klink asof hulle deur suurstofmaskers asemhaal. Die suigklanke vervloei spoedig met die psigedeliese klankverdraaiings van The Orb se rekenaarmusiek.

"Hier gaan ons," sÍ Paul en rol sy oŽ agteroor terwyl hy hulle toemaak. Met sy ander hand knoop hy sy swart hemp oop. Teen sy haarlose bors hang 'n ruwe kristal en 'n Egiptiese ankh-simbool wat met 'n leerriem om sy nek gebind is. Terwyl die thinners-vuis teenaan sy suigende mond bly, omsluit Paul se ander vuis die kristal en ankh. Dirk se oŽ val op vier getatoeŽerde letters wat versprei is oor vier kneukels: L O V E.

Paul kruis sy bene onder hom sodat hy in die lotusposisie sit.

"Kom ons gaan op 'n reis,'' sÍ hy met geslote oŽ en beur sy kop agteroor sodat sy gesig gerig is na die plafon. Paul se adamsappel en nekslagaar bult in en uit, in en uit vanweŽ diť posisie en die gepaardgaande gesuig aan sy thinners-lappie. As hy nog verder agteroor leun, gly sy hemp oop en ontbloot sy gedefinieerde, marmeragtige torso. Een klein, vleesbruin tepelpunt is sigbaar - verstyf van koue of opwinding of albei.

Dirk kyk al suigende na Paul voor hom. Daar is 'n veraf, skril suisgeluid in sy ore. Dit klink soos 'n subliminale, hoŽfrekwensie-kriek wat iewers in 'n ander bestaansdimensie op een, nimmereindigende noot vasgehaak het. Alles in Dirk se gesigsveld vibreer effens. Sy gedagtes word 'n maalkolk. Hy staar 'n oomblik lank na die boekrak teen die oorkantste muur. Ek hoop nie dinge raak te bisar nie, fluister hy vir homself agter sy thinners-vuis. En dan kyk hy weg van die boekrak - met 'n kopdraai wat eindig as sy oŽ onwillekeurig vasslaan teen Paul se gladde torso. Sy vel, dink Dirk, sy vel is so ontsettend mooi.

*

'n Rukkie later het Paul voorgestel dat hulle saam astrale projeksie beoefen en vir Dirk gevra om langs hom op die bed te kom sit sodat hy hom kon begelei op die reis. Paul het Dirk se hand in syne geneem met die statigheid van 'n ghoeroe. Dirk het sy oŽ gesluit en met ekstra ywer aan sy thinners-lappie begin suig, maar hy kon sy gees net nie uit sy liggaam gedryf kry nie.

Die uiteindelike bestemming was tog 'n verrassing vir Dirk - die laaste ding wat hy verwag het om daardie Valentynsdag te doen: hy het - met KLF se Chill Out op die agtergrond - die beautiful besoeker geholnaai. Op uitnodiging. Sonder dat hy ooit vermoed het dat die onverwyfde Paul soveel moffie in hom het. En die hele tyd het Dirk bly dink: dit is my eerste naai in meer as drie jaar. Ek is binne 'n fokken aantreklike, spaced-out kruising tussen Johnny Depp en River Phoenix. Een wat glo sy bonatuurlike magte skop in as hy thinners suig.

*

In die daaropvolgende maande het Dirk vir Paul beter leer ken en weldra besef sy gay-libido werk ook net op thinners. Dit was 'n baie ongesonde verhouding. Die twee het vele nagte soos boemelaars deurgebring in die rommelbestrooide bosse buite die stad, waar hulle ure aaneen thinners gesuig en rituele gedoen het wat Paul bestempel het as "white magic". Die geÔmproviseerde toordery was 'n bysaak vir Dirk. Al waarop hy altyd gewag het, was die oomblik wat die fisieke toenadering sou plaasvind. Soms het dit gebeur, maar meestal nie.

Later, toe Dirk desperaat begin word het om meer gereeld Paul se vel teen syne te voel, het hy begin thinners koop en vir die alewig platsak Paul dit as geskenk gegee, hopende dat een ding tot 'n ander sou lei. En af en toe het dit.

Paul was by tye haweloos en 'n keer selfs in die tronk vir 'n paar weke nadat hy - hoog op thinners - ou stukke metaal van 'n skrootwerf gesteel het om 'n beeldhouwerk mee te maak. Hy was ook in 'n stadium kortstondig 'n wedergebore Christen. Dit was in daardie tyd wat hy 'n klein Bybel vir Dirk as geskenk gegee het. Dirk was diep geroer deur hierdie gebaar en ook deur die paar keer wat Paul hulle saam laat bid het. Diť ervarings het Dirk se ateÔstiese wÍreldbeskouing onderstebo gekeer. Maar nŠ twee of drie weke was Paul weer op thinners, vas oortuig hy is 'n warlock.

Teen die einde van daardie jaar het Paul se ma vir hom 'n vliegkaartjie gekoop om by haar te kom woon in Engeland - nadat sy gehoor het hy is verslaaf aan verfverdunner.

Vir die oorsese reis het Dirk 'n ou, grys familiekoffer vir Paul gegee en hulle het saam 'n rits geometriese towersimbole daarop aangebring met dik viltpenne terwyl Cirlot se Dictionary of Symbols oop gelÍ het op die vloer langs hulle.

Soos Paul se tyd in Suid-Afrika minder geword het, het hy hom toenemend onttrek aan Dirk. Teen sy laaste week in die land was hulle nie eintlik meer op speaking terms nie. Dirk is nie gevra om saam te gaan lughawe toe nie.

*

Op Dirk se linkerarm was daar jare later steeds 'n netjiese rytjie van drie dun, langwerpige littekens, die merke van messnye wat hy homself eendag in die winter van 1993 toegedoen het. Nadat Paul (later dieselfde dag nŠ 'n paar lappies thinners) die wonde vir die eerste keer opgemerk het, het hy dit gesoen en bloed daaruit begin suig in wat spoedig 'n ritueel van vampiriese erotiek geword het. Dit was vir sulke oomblikke dat Dirk destyds geleef het. Verkieslik met klankbane deur Dead Can Dance of My Bloody Valentine.

Aan die einde van daardie jaar het Dirk sy honneursgraad in letterkunde cum laude behaal, met dekonstruksie en feminisme as spesialiseringsvelde. Twee jaar later was hy 'n wedergebore happy-clappy by His People Christian Church. Maar al was His People se musikale praise and worship 'n amazing ervaring, kon Dirk dit nooit regkry om in tale te praat of om elke maand 'n tiende van sy salaris te oorhandig aan die kerk met sy glamorous infomercial-benadering tot spiritualiteit nie. Die koms van die Internet en maklik aflaaibare pornografie het weldra korte mette gemaak van die gees/vlees-dualisme waarmee Dirk 'n ruk lank geworstel het.

Meer as tien jaar nŠ 1993 het Paul eendag uit die bloute vir Dirk 'n e-pos gestuur uit Brittanje nadat hy Dirk se adres toevallig op die Internet raakgesurf het. En na dese e-pos hulle mekaar elke nou en dan. Sonder dat daar ooit veel is om te sÍ.



LitNet: 21 April 2005

NOTA: Ek ontvang graag reaksie op hierdie teks. Stuur dit na dbbotha@mweb.co.za.
DANIE BOTHA

Klik hier vir Moedersdaggeskenke!

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.