GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

 

Thijs Nel

THIJS NEL (60) is internasionaal en plaaslik bekend as visuele kunstenaar nadat hy in die sestigs aan die Universiteit van die Witwatersrand kuns gestudeer het en in die sewentigs hom in Frankryk op litografie toegespits het. Sedert 1990 werk hy ook met klei en keramiek. In daardie jaar het die Universiteit van Pretoria hom vereer vir sy bydrae tot kuns in Suid-Afrika, en by vanjaar se kunstefees op Oudtshoorn het hy die Kanna-toekenning vir die beste bydrae tot die visuele kunste ontvang. Sy kennis van Frans en sy skryftalent het hom in staat gestel om Franse televisiekarakters soos Marie Antoinette en Arsene Lupine flink Afrikaans vir die indertydse SAUK te laat praat. Hy het ’n Annerster soort (kortverhale) in 1997 gepubliseer, en ’n aantal van sy dramas is reeds opgevoer: Fleur de lys (1985), Fluit vir die vlieŽ (1987) en In memoriam patris (1988). Hy en Johan Gerber woon op Oudtshoorn.

Gedenk John McIntosh

Thijs Nel

Wanneer ek ’n muis of muisval sien, dink ek aan John McIntosh en Mahler se Kindertotenlieder.

Die heel laaste keer dat ek John “gesond” gesien het, was ongeveer een jaar voor sy dood toe hy ’n paar dae lank by ons in Johannesburg oorgebly het. Dit was in ’n penthouse wat hoog oor Joubertpark na die noordooste ’n verruklike uitsig had, in die dae toe dit nog veilig was om in daardie deel van die stad te woon.

John was nie ons enigste gas nie. Daar was ook ’n muis wat skynbaar met die waterpype in die gebou rondbeweeg het en oral geplak het. VanweŽ klagtes het die opsigster versoek dat ons ’n muisval stel. By aanskoue van die muisval was John hewig ontsteld.

Lief vir die stad was hy nie, en het net van Magaliesburg af stad toe gekom om saam met vriende tennis te speel, in die boekwinkels rond te dwaal en miskien bioskoop of teater toe te gaan. Lank voor ek hom leer ken het, toe hy nog by ’n Engelse dagblad gewerk het, het hy wel ’n klompie jare in Johannesburg gewoon, maar later het hy en Michael Magaliesburg toe getrek waar hulle albei by Boys’ Town skoolgehou het.

NŠ die verskyning van John se tweede boek, The Thorn Trees, het dit van die skoolseuns begeester om ook te skryf. Sy eerste boek, Blood Brothers, was in die ban gedoen — dit handel oor die boesemvriendskap tussen twee seuns, een wit, die ander swart. Daar het nog twee romans verskyn. Come to my House het ek in die sestigerjare geresenseer. Ek het daarop gewys dat dit ’n uitstekende rolprent kon word, maar eers twintig jaar later is dit vir die televisie verwerk. Sy laaste werk, The Stone Fish, het twee maande voor sy dood op ons rakke verskyn.

The Stone Fish het ek huilend gelees. Dit was asof John met diť roman sy eie siekbed en afsterwe nie alleen vooruitgesien het nie, maar wou besweer. Op verhalende vlak is dit ’n reis van die HoŽveld na Mosambiek en van daar na ’n denkbeeldige eiland op soek na die dodelike vis wat tussen die koraalriwwe hou.

’n Geestelike reis word met die fisieke verweef, word ’n kroniek van die hoofkarakter se sielestryd soos hy trag om die siekbed en dood van sy vrou wat aan kanker beswyk het, te verwerk.

John en Michael het een van die Boys’ Town-seuns wat op die ouderdom van negentien ’n kanker ontwikkel het, aan huis verpleeg tot die kind se heengaan.

Diť lyding het ’n onuitwisbare indruk op John gelaat. Daaruit het die problematiek van menswees, die sielestryd oor godsdiensbegrippe en die mens se weerloosheid voortgespruit waarmee hy tot ’n vergelyk wou kom in The Stone Fish.

Omdat hy in Engels geskryf het en die werk van ons Engelse skrywers selde in die sestigerjare in Afrikaanse tydskrifte of dagblaaie geresenseer is, was John McIntosh nie bekend onder Afrikaanssprekendes nie. Dit het ek destyds in my resensies betreur. Sy romans speel hoofsaaklik op die platteland af en is deel van die Afrikanervolksgees. Straks was dit een van die redes waarom sy Engelse kollegas sy werk aan die begin geÔgnoreer het.

Noudat ek ouer is, besef ek dat die intrinsieke waarde van sy werk eerder geanker lÍ in die universele: die weerloosheid van die sensitiewe individu in sy soeke na aanvaarding, liefde en vrede in ’n vyandige wÍreld vol skynheiligheid, diskriminasie en vervolging omdat hy nie kan konformeer met ras, taal, godsdiens of sogenaamd normale seksuele oriŽntasie nie.

As student het ek soms saam met John en Michael uitgery na Magaliesburg op ’n Vrydagmiddag. Daar was ’n magiese oomblik wanneer ons naby Swartkops teen ’n heuwel opry en ’n enorme toneelskerm voor ons lig en die oopheid van die landskap na Magaliesburg toe ’n mens met ekstase vervul. John het dit raak gesÍ: “Eers wanneer ons hier kom, voel ek ek is weer veilig uit die stad. Nou kan ek asemhaal.”

By die huis aangekom, is stoele op die grasperk uitgedra en het ons met behulp van ’n profusie jenewer land en sand veredel of verdrink. Vir my was dit ’n veilige hawe waarin John se waardering vir letterkunde en kuns, al wat die lewe houdbaar maak, my eie verstokenheid help verwerk het, al was ek nie destyds daarvan bewus nie.

Daar was probleme met die warmwaterstelsel toe John daardie laaste keer by ons oorgebly het, en die water moes afgesny word sodat herstelwerk aan die stoomketel gedoen kon word. Johan was hospitaal toe, ek by die universiteit. Met my tuiskoms later die middag vind ek ’n nota op die tikmasjien: “Die water het teruggekom ... wat de duiwel is verkeerd met diť tikmasjien? ... die water het teruggekom met so ’n donderende lawaai dat dit voel asof die gebou gaan inmekaarsak. Ek vlug liewer terug Magaliesburg toe.”

Hy was sak en pak weg.

Die muisval ook.

Jare later het Johan my vertel hoe hy as jong mediese dokter ’n pos by een van die mynmaatskappye aanvaar het omdat hulle ’n paar sikspense meer betaal het as die hongerloon van die staatshospitale. Hy het in die middel van ’n tropiese somer by ’n mynhospitaal in die destydse Noord-RhodesiŽ beland. John het ’n week later gevolg, doodeenvoudig sy werk by die koerant in Johannesburg opgeskop. “Hy het in die versengende hitte daar aangekom met ’n tas vol jersies, niks anders nie. Gelukkig het die mynbaas se dogter beenaf geraak op hom en is ’n pos vir hom geskep by die plaaslike koerant.”

Daar het John aan twee muise gekom. Een het beswyk toe ’n kasdeur dit per ongeluk teen die muur vasdruk, en die ander een het hy in sy hempsak werk toe gedra waar dit op die lessenaar rondgehol het. Op ’n dag het dit van die lessenaar afgeval en sy rug gebreek en was sy onderlyf verlam. Om ’n einde aan die lyding te bring, het hy die muis met ’n dessertlepel doodgeslaan. “Jy kan jou nie indink watse drama dit veroorsaak het nie!”

Dit het John se ontsteltenis oor die muisval in die kombuis vir my in perspektief geplaas. Die muis het nie alleen herinner aan die voorval in Noord-RhodesiŽ nie, dit was ook sinnebeeldig van gevaar vir alle bedreigde spesies.

Dit was die Amerikaners wat eerste John se werk gepubliseer het, en daarna die Britte. Toe eers het sy plaaslike kollegas van sy talent begin kennis neem. Met die verskyning van The Thorn Trees het hy asof oornag internasionale sukses behaal. In 1968 het ’n rolprentmaatskappy die filmregte bekom en is hy na Hollywood om drie weke lank saam met die produksieleier, Max Whitehouse, aan die draaiboek te werk. Verfilming het egter uitgebly.

Hoewel hy die reis na Amerika, en veral die werk in Hollywood, geweldig boeiend gevind het, was die heen en weer tog per vliegtuig ’n nagmerrie. “Ek het regoor ’n deur gesit en daar was hierdie woord PULL langs my. Hoe langer die vlug geraak het, hoe meer wou ek die opdrag uitvoer en ons almal die ruimte inblaas.”

’n Jaar voor sy dood, toe dit duidelik word dat iets ernstigs verkeerd is met sy gesondheid, het hy op aandrang van Johan ’n internis geraadpleeg. Die spesialis se bevinding was ’n misdiagnose. Nie dat dit enige verskil sou gemaak het nie, want dit was kanker van die pankreas. John was woedend. Hy het sy opgehoopte toorn jeens die beperkinge van die mediese wetenskap op Johan geprojekteer en tot die einde geweier om hom weer te sien, selfs nie eers om tot siens te sÍ nie.

Johan het nietemin vir hom ’n groot ruiker proteas gestuur. John het vrede gemaak en Michael gevra om te skakel en dankie te sÍ.

“Ons het gedink dis ’n fout, dat dit vir Mimi Coertse in die kamer langsaan bedoel was.”

Ek glo dat John nie wou toelaat dat Johan hom sien nie, om hom die pyn van die aftakeling te spaar.

Die begrafnis by Boys’ Town was ’n beproewing.

Johan het nie daarvoor kans gesien nie en ek is alleen saam met Nic Kraucamp na Magaliesburg. Dit was die eerste week in September, die negende dag om presies te wees. Lente, maar getrou aan die perverse weerstoestande van ons land, was dit gelyk aan hoogsomer. Daar was ’n hittegolf in die vallei.

Op pad, toe ons by Swartkops teen die heuwel op bo kom, was die eertydse betowering weg. Voor my het die swart gebrande oopte soos ’n grenslose lanferlap uitgestrek tot by Magaliesburg en verder ... Ter vertroosting het ek gehoop dat hy nou veilig was uit die stad, vry van pyn en paniek.

’n Magtelose, matelose bitterheid het van my besit geneem.

“Watter liefdelose god is dit wat soveel pyn, so ’n afgryslike lyding aan ’n weerlose mens kan duld?”

Want John, veral, was weerloos. Dit was asof hy hom gedurig bewus was van die lewenstryd, pyn, lyding, die onregverdigheid teenoor alle lewe en teen die natuur self weens droogte, vloed en peste. Sy oŽ was groen poele pyn wanneer ’n mens hom ongesiens betrap. Sou hy egter glimlag, het sy groot mond die hele skepping onvoorwaardelik gekus.

By geleentheid van Botswana se onafhanklikheidsviering het hy as kelner gaan bystaan met die oog op materiaal vir ’n nuwe boek. Hy moes twee dae voor die tyd aanmeld om geskool te word in etiket en protokol. Op die groot dag bied hy drankies aan.

“Whisky, sir?”

“Ag nee, man, ek drink net scotch.”

John gooi ’n draai en kom dadelik terug.

“Your scotch, sir.”

Die begrafnis was ’n Concelebrated Requiem Mass vanuit die kapel by Boys’ Town. Die godverlatenheid wat hy so enigmaties in sy romans geteken het, het oor die vallei gehang. Sonbesies en krieke het ten hemele geskrei.

Vir die eerste keer het ek besef wat doodse stilte in der waarheid uitspel. Nie ’n stilte wat geluide uit die natuur verdoof nie, maar die stilte van onttrekking in daardie kapel. Niemand wat huil nie. Net verslaentheid en seuns wat hul kake verbete klem.

Een van hulle het die kerse om die kis aangesteek. Telkens, pas wanneer hy die laaste een met ’n bewende hand aan die gang gekry het, het ’n skielike rukwindjie deur die vensters almal subiet uitgedoof, al asof John hom ’n poets wou bak, en moes hy opnuut begin.

Ek moes deurgaans veg om kalm te bly. Dit was ondraaglik dat almal so ongevoelig, so beheers is. Niemand wat tekens van emosie toon nie.

Toe vader Orsmond met ’n uittreksel uit Hšndel se Israel in Egypt aankondig dat die diens begin, voel dit asof die knop in my keel my uitmekaar gaan skeur. Die musiek neem ’n aanvang. Die plaat is deurgespeel en vol skrape, “for John loved it well.”

Van die mis onthou ek niks. Die seuns wou almal die kis help dra. Party het soos kleuters voorgekom. Hulle moes haas elke vyf treŽ tot stilstand kom om by mekaar oor te neem. Die prosessie na die begraafplaas teen die kop bokant die skool was jammerlik stadig.

Halfpad span ’n ruwe brug oor die rivier. Asof John dit self daar aangebring het, was daar op ’n stuk plaat ’n kennisgewing krom en skeef geskryf, en baie skeef teen ’n soetdoringboom se stam vasgespyker:

You cross this bridge
strictly at your own risk

By die graf, toe die seuns die De Profundis sing, het die moeder van die seun wat John en Michael so liefdevol verpleeg het, histeries geraak toe sy sien dat John langs haar seun begrawe word.

Michael het gepleit dat ons saam met die familie huis toe gaan.

Oudergewoonte het ons op die gras vergader. ’n Lang bankie is uitgedra, die groot blommekrans wat die kis bedek het, is daarop gesit, en almal het in ’n kring daarom plaasgeneem, so asof dit ’n voortsetting van die begrafnis was. Dit was makaber, ’n egte John McIntosh-touch!

In die kombuis, terwyl ons glase en drank op ’n skinkbord pak, het Michael, wat die hele tyd so kalm en bedaard voorgekom het, skielik inmekaar gestort. “God, hy is weg! Hoe moet ek dit oorleef?”

Binne oomblikke het hy, bomenslik, weer tot verhaal gekom en uitgestap “to attend to John’s guests”, onder wie John se moeder wat, toe iemand sÍ hoe tragies dit is dat so ’n groot talent daarmee heen is, gelate antwoord: “Ag, my skoondogter verwag. Een van die dae is daar ’n ander lewe.”

Die terugrit na Johannesburg was stroef.

Tuis is Johan deur Adťle White onderskraag. Hulle het albei reeds te veel onderskraging gehad. Ek het kos gemaak, almal gevoed, Johan in die bed gehelp en die gaste sonder seremonie by die deur uitgedruk.

Met die skottelgoed gewas het ek voor die venster oor die eindelose stad getuur. ’n Ongevraagde skuldlas het my neergevel met ’n gevoel dat ons John teen die berghang in die dorre veld versaak het.

’n Paar weke later het ek Parys toe vertrek. Ek was tuis in die Latynse buurt. Soggens is ek deur die Jardin de Luxembourg na die Alliance FranÁaise vir die heel vroegste klas.

Een oggend was ek vroeŽr as gewoonlik en stap al singende deur die park. Waarom weet ek nie, maar daardie oggend was dit Mahler se Kindertotenlieder en onverhoeds tref John se heengaan my soos ’n koeŽl met:

Oft denk ich, sie sind nur ausgegangen!
Bald werden sie wieder nach Hause gelangen!

Maar dit werk nie so nie. Hulle kom nůůit weer terug nie, net in pyngedagtes.


Liewe John

Jou begrafnis was ’n groot sukses. Byna asof jy dit so bestel het. Alles was verwese vanweŽ die hittegolf: die verdorde doringbome en brawe seuns; ons ander, diť wat wel gehuil het en aanhou treur.

Onthou jy nog hoe jy eens op Tara se stoep jou frustrasie uitgebrul het? “Wag maar, julle sal almal sien. Ek sal nog eendag ’n GROOT skrywer word!”

En jy het.

Die CNA-prys vir letterkunde is nŠ jou dood aan jou toegeken. Daar word geskarrel vir gedenkwaardighede om stof te vergaar in universiteitsargiewe.

Ek het onlangs jou ongepubliseerde “Sweet Birds Sang” wat jy op een-en-twintig geskryf het, gelees. Dit het by my opgekom dat jy toe reeds van ons afskeid geneem het:

Now Psyche, sleep these years,
and do not mourn over your dead child.
I have buried you, alone and unaided
I have buried you.
I have buried my friend alone:
and I shall wait for him,
yes, that I shall do!
Friends, I have buried my Psyche
and I have said to him:
Goodbye sweet dear Psyche;
my friend, goodbye!
Sort of goodbye, fine friends.

Taalkundige aantekeninge

Thijs Nel het oorspronklik die woord vervilt soos volg gebruik:

... die weerloosheid van die sensitiewe individu in sy soeke na aanvaarding in ’n vyandige wÍreld vervilt van skynheiligheid, diskriminasie en vervolging ...

Sy vervilt dui op iets negatiefs soos “vervuil” in plaas van die positiewer “uitgevoer, versier met viltstof”. Eersgenoemde betekenis kry ek nie in ons
woordeboeke nie.

Op versoek verduidelik Thijs: “‘Vervilt’ is ’n segswyse wat my ouma altyd gebruik het. Dit kom waarskynlik van Nederlands en beteken vervuil. Alles wat vir haar tť opgeneuk was, vals of verkeerd in die oortreffende trap, was vervilt. Ons kan dit dalk maar ter wille van deursigtigheid verander na ‘vervuil’, hoewel ‘vervilt’ vir my ’n besonder emosionele trefkrag het.”

Diť betekenis kom ook nie in my bejaarde Van Dale voor nie. Dit hou dalk verband met die blykbaar morsige gebruik van velt in papiervervaardiging. Ek het besluit om die neutraler “vol” te gebruik in die hoofteks en om ouma Nel se woord tog hier bekend te stel. Ek hoor graag van mense wat die woord ook sů gebruik.

Danie

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.