GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.

Viva die gayhuwelik, viva!

Stephan van Wyk

Wat is ’n huwelik?

Twee (soms meer ...) mense wat onderneem om saam (’n voorsienbare gedeelte van) hul toekoms te deel op grond van die riglyne soos gestipuleer in ’n huwelikskontrak.

Die huwelikskontrak word as ’n reël gesluit tussen mense wat ’n sterk emosionele band (liefde, in een van sy vele vorme gewoonlik) met mekaar het, en op grond daarvan hul emosionele band seremonieel wil bevestig. Wetgewing oor huwelike bevat egter ook regulering vir wanneer hierdie band verslap, of tot niet gaan, en een of beide partye die kontrak wil beëindig - juis om hierdie partye dan teen mekaar te beskerm.

Om ’n geldige kontrak te sluit, moet onder andere aan die volgende vereistes voldoen word:

  • Die partye moet handelingsbevoeg wees (21 jaar oud, gewoonlik, nie geestesongesteld nie, ens).

  • Die partye moet vrywillig tot die kontrak toetree.

  • Die partye moet die bona fide-bedoeling hê om volgens die riglyne van die kontrak op te tree.

    Op grond van die feit dat twee mense hulself in so ’n kontrak begewe het, val sekere wetlike voordele en beskerming hulle toe, onder andere:

  • boedelbelastingvoordele;

  • aanspraak op mekaar se pensioene ná afsterwe van een party;

  • aanneem van kinders;

  • vrywaring om teen jou eggenoot in ’n hof te getuig in sekere gevalle;

  • voordele van mediese fonds.

    Hierdie en ander voordele bly ’n party tot ’n huwelik beskore vir solank hy/sy ’n party tot die huwelik bly, ongeag of hy/sy wel streng by die bepalinge van sodanige kontrak gehou het. Indien ’n huwelik dus liefdeloos, emosioneel destruktief, losbandig of gewelddadig raak mettertyd, maar die kontrak nie effektief in ’n skeihof beëindig word nie, bly beide partye geregtig op alle kontraktuele, sowel as konstitusionele, regte wat voortspruit uit die getroude status.

    Kritiek teen gayhuwelike, soos dat dit:

  • onbybels is;

  • onwerkbaar is;

  • kultureel onversoenbaar is;

  • onnatuurlik is,

    is myns insiens ongeldig vir solank daar nie riglyne bestaan waarvolgens heteroseksuele huwelike op ’n gereelde basis aan dieselfde toetse van geldigheid onderwerp word nie.

    In die tyd waarin ons leef, het trou ’n sekulêre, kontraktuele verbintenis tussen twee mense geword, veel meer as wat dit ’n bevestiging van Bybelse huweliksintensies is.

    Christene wat op grond van Bybelse besware gekant is teen gayhuwelike, behoort dus ook huwelike uit ander godsdienste en kulture oor dieselfde kam te skeer as hulle konsekwent wil wees.

    Dit maak vir my geen sin dat een van die min opskortende voorwaardes wat oorgebly het vir die voltrekking van ’n huwelik is dat die twee partye van verskillende geslagte moet wees nie.

    Viva die gayhuwelik, viva!

    boontoe / to the top


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.