GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die ongewone posklip

Etienne Marais

Op sy sterfbed het hy my hand in syne geneem. Hy kon skaars praat en dit het byna al sy energie gekos. Hy het 'n klein sleuteltjie in my hand gedruk. 'n Silwer sleuteltjie. Dit was stewig vasgemaak aan 'n dun silwer kettinkie. Ek het die sleutel al voorheen gesien en ek het geweet waarvoor dit was. Dit was vir 'n "kluis". Die kluis was 'n vrug van 'n tipe plant of boom waarvan ek nie die naam ken nie. Dit lyk soos 'n groot, bruin boontjie wat uitgehol is aan die binnekant en so hard soos yster is. Met groot kundigheid is 'n grendel daarop aangebring. Die sleutel was vir hierdie grendeltjie.

Wat binne-in die boontjie was, of nog is, weet ek nie. Ek het nooit gevra nie, want ek het vertrou dat hy my sou vertel het indien dit nodig was. Ek het aangeneem dat dit iets met sentimentele waarde was en wat nie noodwendig enige materiŽle waarde gehad het nie, anders sou hy dit seker op 'n veilige plek gestoor het. Ek het baie maal aan die boontjie, of neut, gevat en daaroor gestreel. Ek kon voel dat dit baie oud was. Die proses: oor miljoene jare is dit sorgvuldig gevorm; die produk van evolusie, selfs natuurlike seleksie, die regte gebeurtenisse wat in 'n spesifieke, dog onwillekeurige volgorde plaasgevind het. En tyd. Vreeslik baie tyd. Evolusie het iets binne hierdie peul geplaas. Miskien 'n boodskap. Miskien 'n brief. Dalk 'n spesiale ring, of 'n foto, of 'n geheime geskrif. 'n Kaart van 'n skat op 'n vergete eiland.

Hy het die sleuteltjie in my hand toegevou en al kon hy nie praat nie, kon ek dit in sy oŽ sien. 'n Boodskap vir my. 'n Baie ou boodskap.

Hy is daardie selfde nag nog weg. Stilletjies in sy slaap. Sodat dit ons nie sou steur nie, het hy in die groot, donker nag in verdwyn. Maar ek het vroeŽr in sy oŽ gesien dat daar vrede in sy hart was. Vrede omdat hy kon sien. Vrede omdat hy, sover moontlik, die regte besluite geneem het. En probeer het om sy eie kruis te dra en ander te help om hulle s'n ligter te maak. Ons het nie gegroet nie, want ons het geweet dat ons dit weer sou doen.

Ek is laat daardie nag terug huis toe, want ek het eers 'n draai langs die see gaan ry. Waar jou ster was, het daar nou net 'n swart gat in die lug gehang. Pyn. Verlies. Al daardie emosies het deur my bloed gepols, maar ek het nie gehuil nie. Ons het so baie saam gehuil! En saam gelag. Om die een of ander rede is dit die trane, en nie die lag nie, wat ons nader aan mekaar gebring het.

Is dit dan nie wat ons vooraf besluit het nie?

Die sleuteltjie.

By die huis het ek lank op die vloer gesit met die vrug in my hande. Daar is 'n patroon op die neut uitgekerf Ė ek neem aan bloot vir estetiese redes. Of dalk volgens 'n oeroue ritueel. Ek kon dink dat daar in 'n stadium lang hare aan die neut vas was. Ek het my verbeel dat dit jou brein, jou gedagtes is wat ek op my vingerpunte dra. Ek het probeer dink wat daarbinne kon wees. In my gedagtes het ek jou gesien skryf. Miskien 'n brief. Miskien 'n gedig. Miskien was daar ou liefdesbriewe in, valentyns-briewe van toe jy jonger was. Allerhande skoolaandenkings. Ek onthou een van myne en wens dat ek dit gehou het.

ďJy bring die wenner in my na voreĒ Ė met 'n tydskriffoto van die een of ander internasionale perderuiter.

Dalk was dit 'n brief om dankie te sÍ. Te groet. Of jammer te sÍ (waaroor weet ek nie).

Ek het die sleuteltjie styf in my hand vasgedruk en op daardie oomblik het jy so vreeslik lewend gevoel.

Ek wil ook jammer sÍ. Jammer dat jy baie maal alleen was, al was jy saam met my. Jammer dat ek partymaal die dorings gesien het en nie die rose nie.

En dankie. Vir jou glimlag. Vir jou trane. Omdat jy my laat veilig voel het. En vir die sleuteltjie, omdat dit jou aan die lewe hou terwyl jy weg is.

Miskien het jy geweet dat ek dit nooit sou oopmaak nie, net soos jy geweet het dat ek ure lank na die sleuteltjie gesoek het toe jy nog gelewe het. Jy was die een wat gesÍ het dat almal altyd 'n geheim moet hÍ. Dat ons nie alles van mekaar moet weet nie. Dit het my in die begin half uitgesluit en jaloers laat voel, maar nou verstaan ek.

My nuuskierigheid het jou laat lag! En nou laat dit my toe om saam met jou te wees ...

Ek het die boontjie op my bedkas gesit en my gesig in die badkamer gaan afspoel met koue water, sonder om in die spieŽl te kyk. Ek het die sleuteltjie om my nek gehang sodat ek jou nooit sou vergeet nie (nie dat ek ooit sou kon nie).

Saans sou ek lÍ, langs die boontjie, en my probeer voorstel waar jy nou is, en hoe jy vir my lag omdat jy weet hoe graag ek dit wil oopmaak. Ek het honderde teorieŽ opgemaak oor wat binne die boontjie kon wees. 'n Fabel van seerowers en interkontinentale reise. Dikwels begin dit op 'n verafgeleŽ eiland. In die middel van die Stille Oseaan. Miskien is daar inboorlinge wat tussen eilande reis op soek na kos. Hulle word oorval deur seerowers en die boontjie vind sy pad oor oseane tot in Suid-Amerika. Die Spanjaarde neem dit van die Indiane na 'n kasteel in Europa en vandaar neem 'n Hollander dit tot by die mees suidelike punt van Afrika. Daar waar die eerste mens gestap het. Waar die eerste mens vuur gebruik het en gereedskap van klip gemaak het. Miskien om dinge mee uit te hol en om iets daarin te bÍre. Of om iets te stuur na 'n ander plek, 'n tipe boodskap. Soos 'n posklip. 'n Boodskap vir my.

Toe het hulle by my huis ingebreek. Hulle het by die klein venstertjie van die badkamer aan die agterkant van die huis ingekom. Dit was baie klein en hulle het waarskynlik 'n kind deur die venster laat sak om die deur oop te maak. Ek sÍ "hulle", want ek weet wie dit was. Twee weke lank het hulle om en in my huis rondgeloop. Om die mure te verf. Hulle kon sien wanneer ek nie by die huis sou wees nie en waar hulle die maklikste sou kon inkom. Hulle het seker ook 'n voorraadopname gemaak van wat hulle wou neem. Die grootte en die maak van my skoene neergeskryf. Die kleur van my tandeborsel.

Hulle het ook die boontjie op die kassie by my bed geneem.

Ek het jou aan die lewe gehou met die sleutel om my nek. Jy lewe nog steeds in my gedagtes, maar dit voel asof my siel verkrag is. Tog, as ek nou aan die boontjie dink, sien ek dit nie oop op 'n ashoop lÍ, met die inhoud daarvan deur roet en reŽn verweer nie. Miskien swerf dit. Dit dobber rond tussen eilande op verafgeleŽ plekke. Miskien het 'n groot vis dit ingesluk en afgedra na die diepste dieptes onder in die see. Miskien sal iemand dit oor 'n miljoen jaar vind tydens 'n argeologiese opgrawing. Miskien is die boodskap nie vir my nie, maar vir hulle.

Dan sal ek saam met jou sit en kyk na die verhaal. Miskien sal jy vir my lag en ek weet jy sal my nie in 'n ewigheid vertel wat daarin is nie. En ek sal vir jou kwaad word. Maar dit sal nie saak maak nie, want dan sal daar nie tyd wees nie.

Ons is tydloos.

Miskien is jy ook nie toevertrou met die kennis van die inhoud nie, maar het bloot die posklip gedra, soos ek.

Ons is posduiwe, ek en jy. Seerowers. Ontdekkingsreisigers. ArgeoloŽ. Alchemiste. Elke eiland sal vir ons nuwe geheime bring. Elke skip nog beloftes. Gedagtes van mŰre en gister skep.

En vir alle tye sal daar net een sleuteltjie wees. My sleuteltjie.

Ook deur Etienne Marais: Die Foto


LitNet: 20 September 2005

NOTA: Ek ontvang graag reaksie op hierdie teks. Stuur dit na dbbotha@mweb.co.za.
DANIE BOTHA

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.